Die Río Pilcomayo of Río Araguay (Guaraní: Ysyry Araguay ; Quechua: Pillkumayu of Pillku Mayu, pillku rooi en mayu rivier, letterlik rooi rivier) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Suid-Amerika.
Die rivier, met 'n lengte van 2 500 km, is die grootste westelike sytak van die Río Paraguay. Die Río Pilcomayo is die tweede langste en grootste rivier van Paraguay, die belangrikste hawestad is Asunción, waar die rivier in die Río Paraguay uitmond.
Río Pilcomayo – Río Araguay | |
---|---|
Die Río Pilcomayo se boloop in Bolivië. | |
Die stroomgebied van die Río Pilcomayo. | |
Oorsprong | suidoos van die Poopómeer, Andes (Bolivië) |
Monding | Río Paraná naby Asunción, Paraguay |
Stroomgebied | Bolivië, Paraguay en Argentinië |
Lengte | 2 500 km (1 550 myl) |
Oorspronghoogte | 3 950 m |
Mondinghoogte | 43 m (141 voet) |
Gemiddelde afloop | 175 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 272 000 km² |
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika. |
Die Río Pilcomayo ontspring suidoos van die Poopómeer en wes van die Boliviaanse stad Potosí. Aansluitend vloei die rivier vir 'n kort tyd in oostelike rigting net suid van die Boliviaanse hoofstad Sucre en later in suidoostelike rigting tot by die grens van Argentinië. Hier vorm die rivier vir sowat 40 km die grens tussen die twee lande, voordat die rivier die grens van Paraguay bereik. Vanaf hier vorm die rivier sedert 1876 vir 180 km die grens tussen die twee lande. In Paraguay se hoofstad Asunción mond die Río Pilcomayo in die Río Paraguay uit.
In die rivier se stroomgebied woon sowat 1,5 miljoen mense: 1 miljoen in Bolivië op 'n oppervlakte van 98 km², 300 000 in Argentinië op 'n oppervlakte van 79 000 km² en 200 000 in Paraguay op 'n oppervlakte van 95 000 km².
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Río Pilcomayo, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.