Río Paraná

Die Río Paraná (Guaraní: Ysyry Parana, Portugees: Rio Paraná), is 'n groot suid-vloeiende rivier in Suid-Amerika.

Die rivier, met 'n lengte van 4 880 km, is die tweede langste rivier in Suid-Amerika ná die Amesonerivier. Die naam van die rivier is afgelei van die Tupí-frase para rehe onáva, wat beteken "soos die meer" (dit is, "so groot soos die meer").

Río Paraná – Rio Paraná
Die Río Paraná in Rosario, Argentinië.
Die Río Paraná in Rosario, Argentinië.
Die Río Paraná in Rosario, Argentinië.
Río Paraná

Die stroomgebied van die Río Paraná.

Oorsprong Río Grande en Río Paranaíba, Mato Grosso do Sul en São Paulo (Brasilië)
Monding Rio de la Plata naby Buenos Aires, Argentinië
Stroomgebied Brasilië, Paraguay en Argentinië
Lengte 4 880 km (3 032 myl)
Oorspronghoogte 1 148 m (3 766 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 17 290 m³/s (610 600 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 2 582 672 km² (997 175 myl²)
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.
Río Paraná
Satellietbeeld van die Río Paraná, die Río Paraguay en die Río Uruguay

Die Río Paraná ontstaan deur die saamvloei van die Rio Paranaíba en die Rio Grande aan die plek, waar die Brasiliaanse deelstate Minas Gerais, São Paulo en Mato Grosso do Sul 'n drielandepunt vorm. Aansluitend vloei die rivier 619 km in suidwestelike rigting, waar dit baie damme deurvloei. Later bereik die Río Paraná Saltos del Guaira in Paraguay. Vir die volgende 200 km vorm die rivier die grens tussen Paraguay en Brasilië, voordat die Rio Iguaçu in die Río Paraná uitmond. Vanaf hier vorm die Río Paraná die grens tussen Paraguay en Argentinië. Die rivier vloei verdere 468 km in suidelike rigting, voordat dit vir 820 km in westelike rigting vloei. Aansluitend mond die Río Paraguay, die rivier se grootste sytak, in die Río Paraná uit. Vanaf hier vloei die rivier vir 820 km in suidelike rigting deur Argentinië, met 'n klein terugdraai in oostelike rigting naby Rosario. Aansluitend vloei die Río Paraná 500 km in suidoostelike rigting, voordat die rivier saam met die Río Uruguay in die Rio de la Plata saamvloei, wat naby Buenos Aires in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AmesonerivierGuaraníPortugeesRivierSuidSuid-AmerikaTupí

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Heks van HexrivierBreinkaartGeboorteSportAgtervoegselAtoomRoesRenosterKopieregAngina pectorisIdioomKompasSirkelPesachJaarMynbouIntensiewe vormMensAkuutVarkAssonansieErfenisSimboolGeskiedenis van AfrikaansVlinderNoord-Sotho (taal)Vraag en aanbodDrinkwatervoorsieningWapen van Suid-AfrikaOos-KaapVigsPoesRooipandaMateriaalAngolese BurgeroorlogMobutu Sese SekoSias ReineckeToekoms van die AardeHamburgerNedersettingNadia ValvekensSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieStudievaardighedeSeisoenStaatstoelaeKappie (skryfteken)Omtrek, oppervlakte en volumeXhosaLys van Suid-Afrikaanse skrywersEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSwartrenosterNierversakingBorsteRymKoos du PlessisKongo-krisisDierBesnydenisJagluiperdKlem-in-die-kaakBeesvleisSonnestelselVoorvoegselHeelgetalSuid-AfrikaJakobAmhariesKorrupsieCarles PuigdemontLys van politieke partye in Suid-AfrikaEweknienetwerkHindoeïsme🡆 More