Prudentius van Duyse of Prudens van Duyse (17 September 1804, Dendermonde - 13 November 1859, Gent) was 'n Vlaamse skrywer.
Hy begin sy loopbaan as klerk van 'n notaris, maar studeer daarna regte aan die Universiteit van Gent waar hy in 1832 gradueer. In 1836 word hy argivaris van die stad Gent. Hy was die medestigter van die organisasie De tael is gansch het volk en was een van die pioniers van die Vlaamse beweging. Aan die begin van sy literêre loopbaan skryf hy sogenaamde "nasionale" poësie, maar sy eintlike debuut was met die gedig Lofdicht op de Nederlandsche taal wat hy in 1829 skryf. Hy publiseer sy beste gedigte in Het klaverblad (1848) en in Nazomer (1859).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Prudens van Duyse, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.