Adeodatus was die 77ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Hierdie pous word ook Adeodatus II genoem. Die verwarring het ontstaan omdat Pous Deusdedit ook Pous Adeodatus genoem is en hy dan Pous Adeodatus I sou wees. Die name 'Deusdedit' en 'Adeodatus' beteken dieselfde in Latyn, nl. 'deur God gegewe'. Dit het waarskynlik die verwarring veroorsaak.
Pous Adeodatus | |
---|---|
Pontifikaat begin | 11 April 672 |
Pontifikaat eindig | 17 Junie 676 |
Voorganger | Vitalianus |
Opvolger | Donus |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 17 Junie 676 Rome, Italië |
Pous Adeodatus is 'n Benediktynse monnik van die Sint Erasmusklooster in Celio by Rome. Hy is in Rome gebore, die seun van Jovinian. Op 11 April 672 volg hy Pous Vitalianus op en regeer tot sy dood op 17 Junie 676. Hy word opgevolg deur Pous Donus. Hy was bekend vir sy vrygewigheid vir die armes en die pelgrims.
Pous Adeodatus was voorstander van die kloosterlewe. Hy het die dissipline onder die monnike verbeter, verder gegaan met die onderdrukking van die Monotelitisme en het Venesië die reg gegee om self hulle doge te kies. Die pous het die keiser Konstantyn IV gesteun teen die troonrower Melezio. Daarvoor het hy die dankbaarheid en die agting van die keiser gekry.
Die pous het toestemming gegee vir die bou van die Sint Pietersklooster in Canterbury en hy het die Sint Erasmusklooster, waarvan hy voorheen ab was, laat vergroot.
Pous Adeodatus was die eerste pous wat sy amptelike handelinge gedateer het met die jaar van sy pontifikaat. Die gebruik is tans nog van krag.
Die pous was reeds 'n ou man toe hy tot pous verkies is en hoewel hy vir vier jaar regeer het, het hy nie daarin geslaag om die verskille tussen Rome, Konstantinopel en Ravenna te besleg nie.
Pous Adeodatus word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is op 17 Junie.
Wiki Commons bevat media in verband met Adeodatus II. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Vitalianus | Pous (Pontifex Maximus) 672 – 676 | Opgevolg deur Donus |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pous Adeodatus, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.