Philip Wodehouse

Sir Philip Edmond Wodehouse (26 Februarie 1811 – 25 Oktober 1887) was 'n Britse goewerneur van die Kaapkolonie.

Sir Philip Edmond Wodehouse
Philip Wodehouse
Gebore26 Februarie 1811
Sterf25 Oktober 1887
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
Beroepstaatsdiens
Bekend virGoewerneur van Bombay

Loopbaan

Hy begin op 16-jarige leeftyd as klerk in die staatsdiens van Ceylon, die teenswoordige Sri Lanka. Hy word later adjunkregter in Candy, maar na twintig jaar in die Ceylonse staatsdiens kry hy 'n hoë betrekking in Honduras. In 1854 word hy goewerneur van Brits-Guiana en agt jaar later goewerneur van die Kaapkolonie en Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika. Hy besoek in 1864 die Oranje-Vrystaat en stel die grens tussen die Republiek en die Basoeto's vas. Hy laat die Kaapse Wetgewende Vergadering in dieselfde jaar teen groot onkoste op Grahamstad vergader om die drang tot afskeiding in die Oostelike Provinsie te bedwing. Dit was die eerste en laaste keer dat die Wetgewende Vergadering buite Kaapstad byeen gekom het. In 1866 stel die Britse minister van kolonies voor dat die Basoeto's tot Britse onderdane en Basoetoland (tans Lesotho) tot Britse gebied verklaar word. Die Britse regering herhaal die versoek die volgende jaar en die sekretaris van kolonies gee sy toestemming. In 1868 verloor die Basoeto's hul onafhanklikheid toe dit 'n Britse gebied en die inwoners Britse onderdane word. In 1869, nadat hy reeds geruime tyd in botsing met die Kaapse Wetgewende Vergadering was, ontbind hy dit en probeer die grondwet so wysig dat die Kaapkolonie weer deur 'n outokratiese goewerneur geregeer kan word. Van sy voornemens het egter niks tereg gekom nie, want in 1870 word hy opgevolg deur sir Henry Barkly.

Privaatlewe

Wodehouse was die eerste diamantspekulant in Suid-Afrika. Hy het die meeste van die diamante wat tussen 1867 en 1868 gevind was, opgekoop en plaaslik of oorsee verkoop. Hy was die eerste eienaar van die Eureka-diamant.

Nalatenskap

Na hom is net die piepklein dorpie Wodehouse, wat in 1871 geproklameer is, naby Cofimvaba genoem. Die distrik waarvan Dordrecht die hoofdorp is, staan ook as Wodehouse bekend.

Wodehousekop is 'n bergpiek binne die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park in die Oos-Vrystaat. Die bergpiek is na sir Philip genoem, en maak deel uit van die Rooiberge in die voetheuwels van die Drakensberge.

Sien ook

Bronne

  • Albertyn, C.F. dr. (hoofred.). 1972. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad: Nasou.
  • Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
  • Die ontdekking van Rykdom Diko van Zyl. 2013 ISBN 978 1 86806 343 7

Verwysings

Tags:

Philip Wodehouse LoopbaanPhilip Wodehouse PrivaatlewePhilip Wodehouse NalatenskapPhilip Wodehouse Sien ookPhilip Wodehouse BronnePhilip Wodehouse VerwysingsPhilip Wodehouse1811188725 Oktober26 FebruarieKaapkolonie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkildklierTegnologieRina HugoLatynHazopIndonesiëWelkomSlotmasjienEnsiemKwaZulu-NatalRobbeneilandPaasfeesKonjunktivitisTolla van der MerweMondDemi Lee MooreRussiese Rewolusie (1917)EpilepsieTeologiePanama-dokumenteBoomLys van lande volgens oppervlakIsaac AlbenizSonnestelselKoöperasiestoriesKompasPriaposGod18de eeuViëtnamEmiraat DirijaBosluisNamur (provinsie)2024 Japannese Grand Prixzee7qBeeldspraakVaginale kankerMenslike seksuele gedragHeidelberg, GautengSkaapGroot TrekSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024ArbitrasieLiewe HeksiePolisieMangelontstekingKunsmatige intelligensieLys van Suid-Afrikaanse skrywersPikkewynGeskiedenis van AfrikaansPenisverlengingOnse VaderLys van hoërskole in die Wes-KaapVerenigde KoninkrykMetafoorApartheidAalwynRJ-telefoonpropTurkyeProstaatklierCas Janse van VuurenJosef SukPoesGetalKappie (skryfteken)WeeluisRomeSelfbeeldTierboskatDaggaErektiele disfunksieDoziKaartKunsmisEmmy Clarke🡆 More