Oranje Stekel-Eenhoringvis

Die oranje stekel-eenhoringvis (Naso elegans) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal.

Die vis is ook al opgemerk by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Orange-spine unicorn.

Oranje stekel-eenhoringvis
Oranje Stekel-Eenhoringvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Acanthuroidei
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
N. elegans
Binomiale naam
Naso elegans
(Rüppell, 1829)

Identifikasie

Die vis word tot 45 cm lank. Anders as die meeste eenhoringvisse het dit geen horing of knop op die voorkop nie. 'n Kenmerk van die vis is die kop se hoekige voorkoms. Die vis se lyf is donkerbruin met swart en oranje merke op die gesig, amper soos grimering. Die dorsale vin is geel met 'n blou rant en daar is twee, prominente helder oranjegeel kielplate op die stertvin se basis. Die mannetjies ontwikkel lang filamente op die stertvin.

Hulle leef in aflandige koraal- en soms rotsriwwe in water wat 1 tot 70 m diep is. Hulle skuil in die rommel, koraal en rotsareas. Die vis is gewoonlik enkellopend maar kan ook in klein groepe saamwoon. Hulle vreet hoofsaaklik alge.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Tags:

Oranje Stekel-Eenhoringvis IdentifikasieOranje Stekel-Eenhoringvis Sien ookOranje Stekel-Eenhoringvis Eksterne skakelOranje Stekel-Eenhoringvis BronOranje Stekel-Eenhoringvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloemfonteinBurgerregteOlifantHeidelberg, GautengKersfeesBywoordMotSwawelMurunwa MakwarelaOorstromingSaartjie BaartmanBronsMiddelmisbruikGeografie van Suid-AfrikaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSikloonHartversakingKookpuntYsterAlliterasieElon MuskSelfstandige naamwoordPlantJan van TonderDemokratiese Republiek die KongoGreen PornoMateriaalBeëdigde verklaringJewgeni PrigozjinKurt-Lee ArendseKangaroeLionel MessiHandré PollardSkarlakenkoorsVlinderNadia ValvekensMenslike seksuele gedragCalviniaAtriale fibrillasieKoue OorlogImpakte van toerismeDroogteRenosterJan van RiebeeckSuid-Afrikaanse ReserwebankDepressie (gemoedstoestand)BalletAkademiaBedryfstelsel (inligtingstegnologie)SkaapRoesTuberkuloseGalileo GalileiKlopjagFabelVoorvoegselGrondwetPampoentjiesVenda (taal)VoëlVulvaResensieLys van Afrikaanse skrywersBloeddrukDurbanLys van Afrikaanse televisiereekseFiela se kindVrouVergelykings (taalkunde)MuishondAssonansieLongAngolaSirkelVloeistofBewussyn🡆 More