Acanthuridae: Visfamilie wat hoort tot die orde Acanthuriformes

Die Doktervisse, tange en eenhoringvisse (Acanthuridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes.

Daar is drie subfamilies in die familie maar slegs die volgende twee kom in Suider-Afrikaanse water voor: Acanthurinae en Nasinae.

Acanthuridae
Acanthuridae: Familiekenmerke, Subfamilie: Acanthurinae, Subfamilie: Nasinae
Acanthurus sohal
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Acanthuroidei
Familie:
Acanthuridae

Bonaparte, 1832
Genera

Acanthurus
Ctenochaetus
Naso
Paracanthurus
Prionurus
Zebrasoma

Familiekenmerke

Die familie is eerder rondvormig as plat met 'n enkele, lang dorsale vin en die anale vin is ook lank. Die pensgedeelte is wit.

Subfamilie: Acanthurinae

Daar is vier genera met een en vyftig spesies wat hoort tot dié subfamilie en negentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die subfamilie staan ook bekend as die doktervisse en hul lywe is rondvormig. Daar is 'n skerp stekel in die stertvin. Die subfamilie word tussen 18 – 63 cm groot. Die subfamilie verkies om in vlak water te leef in tropiese en subtropiese seë maar 'n paar kan voorkom tot op dieptes van 100 m. Hulle vreet oor die algemeen alge, detritus en soöplankton.

Die detritus-eters (Ctenochatus) neem baie sand saam met hulle kos in en het harde mae met dik lae om die kos te verteer en net soos die meeste herbivore, lang spysverteringskanale. Die doktervisse skiet kuit saam in groepe en die eiers en larwes is pelagies.

Genera

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Acanthurus
  • Ctenochaetus
  • Paracanthurus
  • Zebrasoma

Subfamilie: Nasinae

Kenmerke

Die enkele grootste kenmerk van die subfamilie is die groot beenagtige horing wat ontwikkel tussen die oë van party spesies. Die doel van die horing is onbekend. Die subfamlie word tot 35 – 100 cm lank, lengte van die horing uitgesluit.

Genus

Daar is slegs een genus met agttien spesies wat hoort tot dié sub-familie en twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

  • Naso

Sien ook

Verwysings

Bron

Tags:

Acanthuridae FamiliekenmerkeAcanthuridae Subfamilie: AcanthurinaeAcanthuridae Subfamilie: NasinaeAcanthuridae Sien ookAcanthuridae VerwysingsAcanthuridae BronAcanthuridae

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AB de VilliersEiffeltoringOnderhandelinge om apartheid te beëindigKerrieAnneli van RooyenBoelierySoortnaamKewerKoolstofDelft, KaapstadSeisoenKinderregteRassismeGeskiedenis van Suid-AfrikaConsolidated B-24 LiberatorJewgeni PrigozjinNarsismeSpinnekopLugbesoedelingSowjetunieGoogleDikdermNic de JagerDonderstormWikimedia-stigtingKrokodilSean CombsGasEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHoenderDawidRugbyHondKindersiektesStadToerismeAfrikaanse WikipediaYslandKlimaatsverandering in AfrikaFacebookViëtnamMaroela MediaCleopatra VIIWitbankTarentaleBruin menseChroniese siekteTikTokWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaEkonomieKolonoskopieMenseregteGeskiedenis van Afrikaans22 NovemberEweknienetwerkAardbewingNamibwoestynErektiele disfunksieBurgerregteAsemhalingInsekMotSuid-Afrikaanse GrensoorlogSelfmoordSuid-Afrikaanse ReserwebankDroomVreesLys van Afrikaanse skrywersWillie JoubertKlankLys van kinderspeletjiesSuurstofByvoeglike naamwoordSuid-Afrikaanse InkomstediensBreinvliesontstekingMeervoudOlifant🡆 More