Nogai is ’n Turkiese taal wat in Suidwes-Rusland gepraat word.
Daar is drie dialekte: Qara-Nogai (Swart of Noord-Nogai) wat in Dagestan gepraat word; Ware Nogai in Stawropol en Aqnogai (Wit of Wes-Nogai) aan die Koebanrivier. Qara-Nogai en Ware Nogai is baie nou verwant aan mekaar terwyl Aqnogai redelik van hulle verskil.
Nogai ногай тили nogay tili | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Kaukasus | |
Totale sprekers: | 87 410 | |
Taalfamilie: | Turkies Kipchak Kipchak-Nogai Nogai | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nog | |
ISO 639-3: | nog | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Nogais, wat afstammelinge van die Goue Horde is, se naam kom van die kleinseun van Djengis Khan, Nogai Khan, wat aan die einde van die 13de eeu oor die nomadiese volk wes van die Donau regeer het. Hulle het hulle later gevestig aan die Swartsee-kus van die hedendaagse Oekraïne.
Die taal is aanvanklik in die Arabiese alfabet geskryf en later in die Latynse alfabet. In 1938 is die Cyrilliese alfabet in gebruik geneem.
Die verbanning van die Nogais uit die Oekraïne in die 19de eeu het die Nogai-sprekers in verskeie geografies geïsoleerde groepe laat versplinter. Sommige is na Turkye, ander na Roemenië en ander het in Rusland gebly, in Noord-Dagestan en naburige streke soos Tsjetsjnië.
Voor 1928 is die Arabiese alfabet vir Nogai gebruik. Dit het al die letters van dié alfabet ingesluit, plus die bykomende letters vir klanke eie aan Nogai:
ڮ, ۇ, ۋ, پ, ںُ, چ, ژ , گ
Die alfabet is nie wyd gebruik nie.
In 1928 is die Latynse alfabet in gebruik geneem:
A a | B в | Ç ç | D d | E e | Ә ә | G g | Ƣ ƣ |
I i | K k | L l | M m | N n | Ꞑ ꞑ | O o | Ө ө |
P p | Q q | R r | S s | Ş ş | T t | U u | Y y |
J j | Ь ь | Z z | V v |
Die letters C c, I̡ ı̡, F f, H h, X x, Ƶ ƶ is in 1931 bygevoeg en die letter S̷ s̷ in 1933. In 1936 is die letters Ç ç, Ә ә, H h, I̡ ı̡ uitgelaat.
Die Cyrilliese Nogai-alfabet is in 1938 geskep. Die laaste hervorming het in 1950 plaasgevind, waarna die alfabet so daar uitsien.
А а | Аь аь | Б б | В в | Г г | Д д | Е е | Ё ё |
Ж ж | З з | И и | Й й | К к | Л л | М м | Н н |
Нъ нъ | О о | Оь оь | П п | Р р | С с | Т т | У у |
Уь уь | Ф ф | Х х | Ц ц | Ч ч | Ш ш | Щ щ | Ъ ъ |
Ы ы | Ь ь | Э э | Ю ю | Я я |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nogai, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.