Die Nieusaksiese Skryfwyse (Nedersaksies: Nysassiske Skryvwyse (NSS)) is 'n Nedersaksiese spellingsriglyn vir die hele Nedersaksiese taalgebied, vir sowel die Nederlandse kant as die Duitse kant van die grens.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Terwyl die meeste Nedersaksiese spellingssisteme sterk gerig is op die juiste weergawe van die plaaslike uitspraak, het die NSS juis as doel die wedersydse leesbaarheid en duidelikheid te vergroot.
Voordele van hierdie spelling is onder andere:
Die NSS kan gesien word as 'n uitgebreide weergawe van die Algemeyne Schryvwys’ (Algemene Skryfwyse) van Reinhard Franz Hahn, wat nou ook aangepas is aan die ander, nie-Noord-Nedersaksiese dialekte. Die NSS het ook onderdele opgeneem van ander op uitspraak gebaseerde spellingsvoorskrifte en die Middelsaksiese spelling uit die Hansetyd.
Hierdie spelling is opgestel deur die "warkgruppe AS 2.0" (werkgroep AS 2.0), 'n groep taalliefhebbers van die Veluwe en Twente in Nederland en uit Oos-Wesfale en Sleeswyk-Holstein in Duitsland.
Die doel van die Nieusaksiese Skryfwyse is vereenvoudiging en om grensoorskrydende kommunikasie te bevorder. Dit word behaal deur 'n middeweg te soek en deur in woorde die plaaslike uitspraakkenmerke te verwyder.
Terwyl die meeste van die mense aan al twee kante van die grens dikwels die kredo "skryf soos jy dit uitspreek" aanhou (wat die meeste van die tyd beteken: "skryf asof dit Nederlands of Duits is."), help die NSS die taal skrywe sodat dit verstaanbaar is vir almal wat nie met die Nederlandse of Duitse spellingsriglyne bekend is nie. Die lesers mag hul eie uitspraak toepas.
Die huidige Nedersaksiese spellingsreëls volg meestal of die Hoogduitse of die Standaardnederlandse spellingsvoorskrifte, met klein aanpassings om die plaaslike Nedersaksiese uitspraak tegemoet te kom. Bitter min mense volg die spellingsstandaarde tot op die letter of weet hoegenaamd nie van die bestaan van hierdie spellingsvoorskrifte af nie.
Duitsers gebruik meestentyds 'n spelling wat gebaseer is op Hoogduits, terwyl Nederlanders Nedersaksies vanuit Standaardnederlands benader. Dit belemmer wedersydse leesbegrip onnodig. Altwee spellingssisteme is nie ontwerp vir die Nedersaksiese taal nie, waardeur daar gate ontstaan wat skrywers na hul eie insigte en kreatiwiteit opvul. Aan die Nederlandse kant lei dit dikwels tot 'n stormvloed aan leestekens en dubbele of selfs driedubbele klinkerreekse.
Die volgende voorbeeld uit Twents-Nedersaksies wys die verskil van die NSS in vergelyking met ander, min of meer algemeen aanvaarde skryftradisies, soos die Sass'sche Schriefwies (Sass, bestem vir Noord-Nedersaksiese dialekte in Duitsland) en die Standaard Schriefwieze (bestem vir Twentse dialekte in Nederland).
Die Nieusaksiese Skryfwyse kan sowel breed as nou toegepas word. Aan die een kant is daar die oorregionale maksimale weergawe, waarin al die gesproke verskille van al die dialekte opgeneem is. Aan die ander kant is daar 'n reeks minimale weergawes, waarin bepaalde grafeme saamgevoeg kan word as die uitspraak van bepaalde klanke in 'n respektiewelike dialek samengesmelt is.
De Nieusaksiese Skryfwyse het drie hoofprinsipes:
en sekere ander eienskappe, wat hieronder genoem word.
In die maksimale weergawe bepaal die etimologie hoe 'n woord gespel word. In die regionale minimale weergawes kan daar van die etimologiese spelling afgewyk word, byvoorbeeld in 'n dialek waar histories verskillende foneme tot een foneem versmelt is.
Die e, wat vanweë e-apokopee in die noordelike dialekte en in party Nederlands-Nedersaksiese dialekte weggeval het, word in skrif behou. Dit verminder die optiese verskille tussen die noordelike en suidelik dialekte. Buitendien bied dit 'n eenvoudige en sistematiese oplossing vir die weergawe van eindklankverskerping van klinkers in die noordelike dialekte: wyse = [vi::z], breyve = [brɛ:ɪ̯v].
Die prinsipe van gelykvormigheid beteken dat 'n woord waar moontlik dialekintern en interdialektaal konstant op dieselfde manier geskryf word.
Aan die einde van 'n lettergreep word obstruente gereeld stemloos. Dit hoef in skrif weergegee te word nie. 'n Mens skryf: tyd - tyden (en nie Tiet - Tieden nie, soos dit in die SASS gebeur) en skryven - skrivt (en nie soos in Nederlands schrijven - schrijft nie).
Gereelde assimilasies word nie in skrif weergegee nie. 'n Mens skryf: bild - bilder, hand - handen/hände, ölven, seggen ens.
Grondwoorde wat op s, sj of 'n ander sibilant eindig vorm 'n uitsondering hierop. Hier verval die s van die agtervoegsel -st: nervöös → up't nervööst, duusjen → du duusjt.
'n Lang monoftong word in 'n oop lettergreep met 'n enkel teken geskryf, in 'n geslote lettergreep dubbel. 'n Mens skryf: maken - maakt, good - gode.
Die letters e, y en å vorm 'n uitsondering hierop:
In die NSS is daar geen medeklinkerverdubbeling aan die einde van 'n woord nie, soos dit in Hoogduits gebeur. 'n Mens skryf: kan, nat en wil en nie kann, natt en will nie, soos in SASS.
Leenwoorde, wat tans nie meer as vreemd herken word nie, word in oorstemming met die uitspraak geskryf. By vreemde woorde bly die spelling na aan die spelling van die herkomstaal, indien dit in die Latynse alfabet geskryf word. Vreemde woorde word in die volgende gevalle in Nedersaksies ook aangepas:
Hoofletters word alleenlik gebruik aan die begin van 'n sin en by name van persone en lande. Ander selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde kry geen hoofletter nie - ook afleidings van lande kry geen hoofletters nie.
By die medeklinkers is daar geen noemenswaardige verskille op foneemvlak tussen die dialekte nie. Hier kan die oorregionale spelling sonder groot probleme op al die dialekte toegepas word.
By die klinkers sorg dialektspesifieke uitsonderings daarvoor dat die grafeme interdialektaal nie sommer regstreeks overgeneem kan word nie. Hier is 'n aantal klein aanpassings vir sekere dialekte of dialekgroepe noodsaaklik.
Grafeem | Gaan terug op Oudsaksies | Voorbeelde: | Oudsaksies | Oorregionale Nieusaksiese Skryfwyse | SASS (DE-Noord-Nedersaksies) | Gronings (NL-Noord-Nedersaksies) | Münsterlands (DE-Westfaals) | Standaard Schriefwieze (Twents, NL-Westfaals) | Nederl. verwante | Duitse verwante |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
p | p | panna opan ūp, upp | panne oapen up | Pann apen up, op | paan, pane open op | Pan uopen up | panne oopn op | pan open op | Pfanne offen auf | |
b | b | beki berg | beake, bekke berg, barg | Beek Barg | baarg | Biëk Biärg | bekke bearg | beek berg | Bach Berg | |
t | t | tīd lātan fat | tyd låten vat | Tiet laten Fatt | tied loaten vat | Tied laoten Fat | tied loatn vat | tyd laten vat | Zeit lassen Fass | |
d | d + th | thiustri mōdar rād | düüster moder råd | düüster Moder Raat | duuster mouder road | düüster Moder Raod | duuster moder road | duister moeder raad | düster Mutter Rat | |
k | k | kind brekan ik | kind breaken, brekken Westföälsk ouk: braeken ik | Kind breken ik | kind breken ik | Kind briäken ik | keend brekn ik | kind breken ik | Kind brechen ich | |
g | g | grōni seggian slag | gröön seggen slag | gröön seggen Slag | greun, gruin zeggen slag | gröön säggen Slag | greun zegn slag | groen zeggen slag | grün sagen Schlag |
Grafeem | Gaan terug op Oudsaksies | Voorbeelde: | Oudsaksies | Oorregionale Nieusaksiese Skryfwyse | SASS (DE-Noord-Nedersaksies) | Gronings (NL-Noord-Nedersaksies) | Münsterlands (DE-Westfaals) | Standaard Schriefwieze (Twents, NL-Westfaals) | Nederl. verwante | Duitse verwante |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
w | w + hw | hwanēr wind werold | woneyr, woneer wind werld, wearld | wonehr Wind Welt | wanneer wind wereld | wän Wind Wiält | wonneer weend weerld | wanneer wind wereld | wann Wind Welt | |
wr | wr | wrāka wrīvan | wråke wryven | Wraak wrieven | vroak vrieven | wroake wrievn | wraak wryven | Rache reiben | ||
v | f + v | findan fugal biovan liof | vinden voagel, vuggel westföälsk ouk: vuagel boaven leyv, leev | finnen Vagel baven leef | vinden vogel boven laif | finnen Vuëgel buowen laiw | veendn voggel, vogel boavn leef | vinden vogel boven lief | finden Vogel oben lieb | |
s | s + hs | sand storm wīsian mūs fohs | sand storm wysen muus vos | Sand Storm wiesen Muus Voss | zaand störm wiezen moes vos | Sand Stuorm wisen Muus Fos | zaand stoarm wiezn moes vos | zand storm wyzen muis vos | Sand Sturm weisen Maus Fuchs | |
sk | sk | skip wiskian flēsk | skip wisken vleysk, vleesk | Schipp wischen Fleesch | schip wissen vlees | Schip wisken Fleesk | schip wisken vleis | schip wissen vlees | Schiff wischen Fleisch | |
sj | (/ʃ~s/ in leyn- un vrömdwöörde) | sjokolade duusj(e) | Schokolaad Duusch | sukkeloaden does | Schokelaor | sokkelaa does | chocolade douche | Schokolade Dusche | ||
j | j | jukkian jār | jöäken, jokken, jökken jår | jöken Johr | jeuken joar | jocken Jaor | jökn joar | jeuken jaar | jucken Jahr | |
h | h | hebbian hūd | hebben huud, hüüd | hebben Huut | hebben hoed, huud | häbben Huut | hebn hoed | hebben huid | haben Haut |
Grafeem | Gaan terug op Oudsaksies | Voorbeelde: | Oudsaksies | Oorregionale Nieusaksiese Skryfwyse | SASS (DE-Noord-Nedersaksies) | Gronings (NL-Noord-Nedersaksies) | Münsterlands (DE-Westfaals) | Standaard Schriefwieze (Twents, NL-Westfaals) | Nederl. verwante | Duitse verwante |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
m | m | miluk kuman arm | melk koamen, kummen westföälsk ouk: kuamen arm | Melk kamen Arm | melk komen, kommen aarm | Miälk, Melk kuëmen Arm | melk komn aarm | melk komen arm | Milch kommen Arm | |
n | n + hn | hnut naht winnan hlōpan | nut, noat, nöät(e) westföälsk ouk: nuat nacht winnen loupen | Nutt, Nööt Nacht winnen lopen | neut nacht winnen lopen | Nuët Nacht winnen laupen | not, noot nacht winn loopn | noot nacht winnen lopen | Nuss Nacht gewinnen laufen | |
l | l + hl | hlōpan līthan fallan kald wal | loupen lyden vallen kold wal | lopen lieden fallen koolt Wall | lopen lieden valen kòld waal, wale | laupen liden fallen kolt Wol | loopn liedn valn koald wal | lopen lyden vallen koud wal | laufen leiden fallen kalt Wall | |
r | r + hr | hrōpan rīki lērian ovar | ropen ryk leyren, leren, lyren öäver, oaver | ropen riek lehren, lihren över | roupen riek leren over | ropen riek läern üöwer | roopn riek leern, learn oaver | roepen ryk leren over | rufen reich lehren über |
Grafeem | Gaan terug op Oudsaksies | Proto-Germaans | Oudsaksies | Oorregionale Nieusaksiese Skryfwyse | SASS (DE-Noord-Nedersaksies) | Gronings (NL-Noord-Nedersaksies) | Münsterlands (DE-Westfaals) | Standaard Schriefwieze (Twents, NL-Westfaals) | Nederl. verwante | Duitse verwante |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
å | ā | ēƀanđaz đēđiz | āvand dād | åvend dåd | Avend Daat | oavend doad | Aomd | oavnd doad | avond daad | Abend Tat |
ey, e / ee | ē1 | skērjan~skērō lēʒaz | skāra kāsi | skeyre, skere keyse, kese leyg, leeg | Scheer Kees leeg | scheer, schere kees, keze leeg | (Schäer) kaise laig | scheer kees leeg | schaar kaas laag | Schere Käse |
ey, e / ee | ē2a | saip(j)ōn raipan~raipaz | seype, sepe reyp, reep | Seep Reep | zaip(e) | Sepe Reep | zeep, zepe reep | zeep reep | Seife Reif | |
ey, e / ee, y | ē2b | stainaz ƀainan | stēn bēn | steyn, steen beyn, been | Steen Been | stain bain | Stene Been | steen been | steen been | Stein Bein |
ay, ey | ē3 | laiđjanan ʒailaz | lēdian gēl | bayde, beyde layden, leyden gayl, geyl | beide leiden geil | baaide laaiden gaail | baide laien gail | beide leidn geil | beide leiden geil | beide leiten geil |
ey, e / ee, y | ē4 | leuƀaz fleuganan ʒeutanan | liof fliogan giotan | leyv, leev vleygen, vlegen geyten, geten | leef flegen geten | laif vlaigen gaiten | laiw flaigen gaiten | leef vleegn geetn | lief vliegen gieten | lieb fliegen gießen |
y | ī | ʒlīđanan swīnan | glīdan swīn | glyden swyn | glieden Swien | glieden zwien | gliden Swien | gliedn zwien | glyden zwyn | gleiten Schwein |
o / oo | ō1 | fōtz, fōtuz xrōpanan | fōt hrōpan | voot ropen | Foot ropen | vout roupen | Foot ropen | voot roopn | voet roepen | Fuß rufen |
ö / öö | ümluud vun ō1 | sōkjanan fōljanan | sōkian fōlian | söken völen | söken föhlen | zuiken, zuken vuilen, vulen | söken fölen | zeukn veuln | zoeken voelen | suchen fühlen |
ou | ō2 | ʒrautaz kaupjanan | grōt kōpian | grout koupen, köypen | groot kopen, köpen | groot kopen | graut kaupen | groot koopn | groot kopen | groß kaufen |
öy | ümluud vun ō2 | nauđiʒaz | nöydig löyper | nödig Löper | neudeg | naidig Laiper | neudig leuper | nodig loper | nötig Läufer | |
u / uu | ū | mūsz skūƀōjanan | mūs skūvan | muus skuven(, sküven) | Muus schuven | moes schoeven(, schuven) | Muus schuwen | moes schoevn | muis schuiven | Maus schieben |
ü / üü | ümluud vun ū + iu | xlūđjanan | hlūdian thiustri | lüden düüster | lüden düüster | luden duuster | lüden düüster | luden düüster | luiden duister | läuten düster |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nieusaksiese Skryfwyse, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.