Nick Nolte: Amerikaanse akteur

Nicholas King Nick Nolte (gebore op 8 Februarie 1941) is ’n Amerikaanse akteur en voormalige model.

Nick Nolte
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Nolte in 2000 by die Cannes-rolprentfees.

Geboortenaam Nicholas King Nolte
Geboorte 08 Februarie 1941 (1941-02-08) (83 jaar oud)
Aktiewe jare 1969-tans

Loopbaan

Nick Nolte: Loopbaan, Persoonlike lewe, Filmografie 
Nolte as Tom Jordache in Rich Man, Poor Man.

Nolte het eers in die TV-reeks Rich Man, Poor Man gespeel wat op Irwin Shaw se trefferroman van 1970 geskoei was. Later was hy in nog meer as 40 rolprente te sien, waarin hy uiteenlopende karakters vertolk het. Dit, tesame met sy atletiese bou en rasperstem, was die kenmerke van sy loopbaan.

In 1973 het hy as gaskunstenaar opgetree in die TV-reeks Griff se episode "Who Framed Billy the Kid?", as Billy Randolph, ’n voetbalspeler wat van moord beskuldig word. Hy het die Golden Globe vir beste akteur in ’n drama gewen en is benoem vir die Oscar vir beste akteur vir die 1991-fliek The Prince of Tides. Hy het ook Oscar-benoemings gekry vir Affliction (1998) en Warrior (2011).

Van Nolte se ander prente sluit in The Deep (1977), 48 Hrs. (1982), Down and Out in Beverly Hills (1986), Another 48 Hrs. (1990), Everybody Wins (1990), Cape Fear (1991), Lorenzo's Oil (1992), The Thin Red Line (1998), Hulk (2003), The Good Thief (2003), Hotel Rwanda (2004) en A Walk in the Woods (2015).

Persoonlike lewe

Nolte was sy lewe lank gereeld in die moeilikheid. In 1965 is hy in hegtenis geneem vir die verkoop van vervalste dokumente. Hy het ’n vonnis van 45 dae tronkstraf en ’n boete van $75 000 gekry, maar die vonnis is "tydelik" opgeskort.

Op 11 September 2002 is hy weer in hegtenis geneem, dié keer weens beweerde dronkbestuur. Drie dae later het hy in die Silver Hill-hospitaal in Connecticut inbespreek vir berading. Toetse het later gewys hy was onder die invloed van 4-hidroksiebutaansuur, ’n dwelmmiddel wat met afspraakverkragting (date rape) verbind word. Nolte se reaksie was dat hy die middel "al vier jaar lank gebruik en nog nooit verkrag is nie". In 2002 is hy weer aangekla van dronkbestuur. Hy het ’n opgeskorte vonnis van drie jaar gekry, met die opdrag om alkohol- en dwelmberading te kry en dat hy lukraak getoets moet word.

Filmografie

Films

Jaar Titel Rol Notas
1972 Dirty Little Billy Bendeleier Ongekrediteurde verskyning
1973 Electra Glide in Blue Hippiekind
1975 Return to Macon County Bo Hollinger
1976 Northville Cemetery Massacre Chris Stem
1977 The Deep David Sanders
1978 Who'll Stop the Rain Ray Hicks
1979 North Dallas Forty Phillip Elliott
1980 Heart Beat Neal Cassady
1982 Cannery Row 'Doc' Eddie Daniels
48 Hrs. Inspekteur Jack Cates
1983 Under Fire Russell Price
1984 Grace Quigley Seymour Flint
Teachers Alex Jurel
1986 Down and Out in Beverly Hills Jerry Baskin
1987 Extreme Prejudice Texas Ranger Jack Benteen
Weeds Lee Umstetter
1989 Three Fugitives Daniel James Lucas
Farewell to the King Learoyd
New York Stories Lionel Dobie Segment: "Life Lessons"
1990 Everybody Wins Tom O'Toole
Q&A Captain Michael Brennan
Another 48 Hrs. Inspekteur Jack Cates
1991 Cape Fear Sam Bowden
The Prince of Tides Tom Wingo
1992 Lorenzo's Oil Augusto Odone
The Player Homself Kameeverskyning
1994 I'll Do Anything Matt Hobbs
Blue Chips Coach Pete Bell
I Love Trouble Peter Brackett
1995 Jefferson in Paris Thomas Jefferson
1996 Mulholland Falls Luitenant Max Hoover
Mother Night Howard Campbell
1997 Nightwatch Inspekteur Thomas Cray
Afterglow 'Lucky' Mann
U Turn Jake McKenna
Affliction Wade Whitehouse Ook uitvoerende vervaardiger
1998 The Thin Red Line Luitenant-Kolonel Gordon Tall
1999 Breakfast of Champions Harry Le Sabre
Simpatico Vincent Webb
2000 The Golden Bowl Adam Verver
Trixie Senator Drumond Avery
2001 Investigating Sex Faldo Ook vervaardiger
2002 The Good Thief Bob Montagnet
2003 Northfork Vader Harlan
Hulk Dr. David Banner / The Father
2004 The Beautiful Country Steve
Clean Albrecht Hauser
Hotel Rwanda Kolonel Oliver
2005 Neverwas T.L. Pierson
2006 Over the Hedge Vincent Stem
Paris, je t'aime Vincent Segment: "Parc Monceau"
Peaceful Warrior Socrates
Quelques jours en septembre Elliott
Off the Black Ray Cook
Buy the Ticket, Take the Ride: Hunter S. Thompson on Film Verteller Dokumentêre prent
2007 Chicago 10 Thomas Horan Stem; dokumentêre prent
2008 The Mysteries of Pittsburgh Joe Bechstein
The Spiderwick Chronicles Mulgarath
Nick Nolte: No Exit Homself Dokumentêre prent
Tropic Thunder Sergeant John 'Four Leaf' Tayback
2010 My Own Love Song Caldwell
Huxley on Huxley Homself Dokumentêre prent
Arcadia Lost Benerji
Cats & Dogs: The Revenge of Kitty Galore Butch Stem
2011 Arthur Burt Johnson
Zookeeper Bernie die Gorilla Stem
Warrior Paddy Conlon
2012 Cold Call (A puerta fría) Battleworth
The Company You Keep Donal
2013 Gangster Squad Bill Parker
Parker Hurley
Hateship, Loveship Mr. McCauley
The Trials of Cate McCall Bridges
2014 Noah Samyaza Stem
Asthma Weerwolf
2015 A Walk in the Woods Stephen Katz
Run All Night Eddie Conlon Ongekrediteurde verskyning
Return to Sender Mitchell Wells
The Ridiculous 6 Frank Stockburn
2018 The Padre Nemes
Head Full of Honey Amadeus
2019 Angel Has Fallen Clay Banning
2020 Last Words Shakespeare
2022 Blackout DEA Agent Ethan McCoy
Rittenhouse Square Barry
Moet nog aangekondig word Eugene the Marine Gene

Televisie

Jaar Titel Rol Notas
1969 Walt Disney's Wonderful World of Color Episode: "The Feather Farm"
1973 Griff Billy Randolph Episode: "The Framing of Billy the Kid"
Cannon Ron Johnson Episode: "Arena of Fear"
1973–1974 Medical Center Tank / Lou 2 episodes
1974 The Streets of San Francisco Captain Alan Melder Episode: "Crossfire"
Emergency! Dr. Fred Episode: "The Hard Hours"
Death Sentence John Healy Rolprent
The Rookies Tommy Episode: "The Teacher"
Toma Wally Episode: "Friends of Danny Beecher"
Chopper One Bob Episode: "The Hijacking"
Gunsmoke Barney Austin Episode: "The Tarnished Badge"
Winter Kill Dave Michaels Televisierolprent
The California Kid Buzz Stafford Rolprent
1974–1975 Barnaby Jones Mark Rainey, Paul Barringer 2 episodes
1975 Adams of Eagle Lake Polisieman Jerry Troy 2 episodes
1976 Rich Man, Poor Man Tom Jordache Minireeks
2011 Ultimate Rush Verteller Stem
2011–2012 Luck Walter James Smith 10 episodes
2014 Gracepoint Jack Reinhold Minireeks
2016–2017 Graves President Richard Graves 20 episodes
2019 The Mandalorian Kuiil Stem; 3 episodes
2020 Paradise Lost Regter Forsythe 10 episodes
2023 Poker Face Arthur Liptin Episode: "The Orpheus Syndrome"

Verwysings

Tags:

Nick Nolte LoopbaanNick Nolte Persoonlike leweNick Nolte FilmografieNick Nolte VerwysingsNick Nolte19418 FebruarieAkteurAmerikaModel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HokkieMielieWes-KaapToestand van materieOntbossingDramaGesondheidIronieKomplementêre kleurePornografieLabia (geslagsdele)Stedelike gebiedOnderhandelinge om apartheid te beëindigHindoeïsmePaasfeesBesoedelingNederduitse Gereformeerde KerkInligtingSuider-AfrikaAardeJohan VorsterAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHage GeingobStadVergelykings (taalkunde)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiereJohannes MeintjesGroot-VisrivierSteenkoolLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaOranjerivierHartversakingAntieke EgipteSowjetunieFranse RewolusieLeestekenE-posBeaufortskaalKolonoskopieTydInsekPuberteitEskomJo BlackSweedsElektrisiteitMierVoorvoegselGedigAngolaLuiperdEkologieMag (sosiale wetenskappe)AkademiaJeuksiekteWoordeboek van die Afrikaanse TaalAtleetvoetAardedagKopieregSeksueel oordraagbare infeksieDesmond TutuBetonKrieketSuid-Afrikaanse randSias ReineckeLenteVioolAnilingusOnderwerp (taalkunde)SterGasVoëlPoësieHeuningbyPornografiese akteurMartin Luther King jr.🡆 More