Narmer-Palet

Die Narmer-palet, ook bekend as die Groot Hierakonpolis-palet, is ’n belangrike argeologiese vonds uit Antieke Egipte en dateer uit omstreeks die 31ste eeu v.C..

Dit bevat van die vroegste hiëroglief-inskripsies wat nog gevind is. Sommige geleerdes glo dit beeld die vereniging van Bo- en Benede-Egipte onder koning Narmer uit.

Narmer-Palet
Die twee kante van die Narmer-palet.

Beskrywing

Aan die een kant word die koning gewys met die wit kroon van Bo-Egipte (in die suide) en aan die ander kant met die rooi kroon van Benede-Egipte (in die noorde). Dit is een van die vroegste uitbeeldings van ’n Egiptiese koning. Die palet toon baie van die klassieke elemente van Antieke Egiptiese kuns, wat reeds gevestig moes gewees het in die tyd dat die palet geskep is. Die Egiptoloog Bob Brier het na die Narmer-palet verwys as die "eerste historiese dokument ter wêreld".

Die palet, wat vyf millenniums lank feitlik ongeskonde bewaar gebly het, is in 1897-1898 deur die Britse argeoloë James E. Quibell en Frederick W. Green ontdek in die Tempel van Horus by Nechen. Nechen, of Hierakonpolis, was die antieke hoofstad van Bo-Egipte in die voordinastiese Naqada III-fase van die Egiptiese geskiedenis.

Die Narmer-palet is deel van die permanente versameling van die Egiptiese Museum in Kaïro.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Narmer-Palet BeskrywingNarmer-Palet VerwysingsNarmer-Palet BronneNarmer-Palet Eksterne skakelsNarmer-Palet31ste eeu v.C.Antieke EgipteBenede-EgipteBo-EgipteEgiptiese hiëroglieweNarmer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraKoorsblaarKrugerwildtuinFacebookWitbloedselKurt-Lee ArendseVoortrekkermonumentLys van Afrikaanse skrywersAntoniemMaanLionel MessiC. Louis LeipoldtWebwerfHartversakingNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAdolf HitlerEksponentGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogMieliestronkTekstielXenofobie in Suid-AfrikaFibonacci-reeksLien se lankstaanskoeneIdioomBosbokBrittany Ashton HolmesWapen van Suid-AfrikaViëtnamoorlogPlae van EgipteStaalVingerseksNag van die lang messeBosluisbytkoorsPenisHomofoonTropiese sikloonKunsmatige intelligensieReg tot ‘n gesonde omgewingOutismeJaco JacobsGautengBreyten BreytenbachYsbeerBorsteHemelvaartHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSeksismeKerngeneeskundeChristendomHartseerMynbouKookpuntMilitêre diensplig in Suid-AfrikaKinderregteGeldVigsDermpoliepKameelperdSpreeuBTWBeroerteGroot DepressieResensieOlimpiese SomerspeleDroomLabia (geslagsdele)RoofvoëlWitbankWoordeboek van die Afrikaanse TaalMobutu Sese SekoJakobArabies🡆 More