Pschent

Die Pschent (Antieke Grieks: ψχεντ) was die naam van die dubbele kroon van Antieke Egipte.

S5
 
S6
Pschent
in hiërogliewe

Die Egiptenare het dit gewoonlik die sechemti (sḫm.tỉ), die "Twee Magtiges", genoem. Dit was ’n kombinasie van die rooi Desjret-kroon van Benede-Egipte en die wit Hedjet-kroon van Bo-Egipte.

Pschent
’n Farao met ’n Pschent.

Die Pschent was verteenwoordigend van die farao se mag oor die hele verenigde Egipte. Dit het twee dieresimbole bevat: die kobra, bekend as die oeraeoes, wat die Benede-Egiptiese godin Wadjet verteenwoordig het, en ’n aasvoël as verteenwoordiger van die Bo-Egiptiese godin Nechbet. Hulle is aan die voorkant van die Pschent vasgemaak en is die "Twee Dames" genoem.

Argeologie en mitologie

Nes die Desjret- en die Hedjet-kroon, het geen Pschent bewaar gebly nie. Dit is net bekend uit afbeeldings, inskripsies en antieke verhale.

Van die gode wat soms met die dubbele kroon uitgebeeld word, is Horus en Atoem, wat albei die farao verteenwoordig het of ’n spesiale verhouding met hom gehad het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antieke EgipteGrieks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekVerantwoordelikheidBlaarNeologismeWindAfleiding (taalkunde)WikipediaDiepaartromboseOvulasiePornhubSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSharpeville-slagtingKompasKragopwekkingNeerslagLiefdeGeslagsregister vanaf Adam tot JesusErektiele disfunksieKlawers (speelkaarte)MaagdelikheidNasionale VrouedagProteïenSeekoeiRina HugoVulkaanFilosofieHernubare energieIranOseaanCarike KeuzenkampKhoikhoiHelga UysTandbederfShakaOlifantWaterbesoedelingNederduitse Gereformeerde KerkVratWaarheid-en-versoeningskommissieLeeuGodIngenieursweseTrevor ManuelTweede VryheidsoorlogVrymesselaryDoelwitKameelPeriodieke tabelDroogteBestaansboerderyNederlandsSias ReineckeBloemfonteinSinoniemJansenvilleTrekarbeidTelwoordBreinTrappe van vergelykingKookpuntPornografieKakiebosKolitisNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHoutKongo-krisisVlinderRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPêrelMangelontstekingWaterbesparing in Suid-Afrika🡆 More