Ng Gemeente Bloemhof

Die NG gemeente Bloemhof is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Ng Gemeente Bloemhof
Bloemhof se kerkgebou is ontwerp deur die vermaarde argitek van die Voortrekkermonument, Gerard Moerdijk.
Ng Gemeente Bloemhof
Ds. Paul Daniël Lückhoff, leraar van 1942 tot 1947.
Ng Gemeente Bloemhof
Die kerkgebou, moontlik afgeneem met die inwyding op 10 April 1926 of kort daarna.
Ng Gemeente Bloemhof
Die kerkgebou en -perseel, einde 2017.
Ng Gemeente Bloemhof
Ds. W.K. Troskie, leraar van 1950 tot 1954.
Ng Gemeente Bloemhof
Ds. R.M. Britz, leraar van 1954 tot 1957.

Die kerkgebou is geleë by Hoopstraat, Bloemhof. In 2016 was dr. P. van der Merwe die leraar. Hier was in 2013 jaar 147 doop- en 623 belydende lidmate. Dié getalle is nie op datum gebring in die NG Kerk Jaarboeke van 2015 of 2016 nie. In die Jaarboek van 2021 was dit 111 en 501.

Stigting

Ons gemeentelike feesalbum het in 1952 sy artikel oor dié gemeente as volg begin: “Wanneer 'n mens die mooi naam Bloemhof hoor, verrys daar as vanselfsprekend voor die geestesoog 'n beeld van skoonheid en vrugbaarheid. Kon hierdie verwagting maar op die dorre vlakte van Wes-Transvaal bewaarheid word! Baie ouer mense sal die dorp natuurlik onthou as een van die woeligste delwerye, en juis hierdie ontdekking van ryk diamantdraende gruis het sy eie probleme ook in die gemeente meegebring. Behalwe vir die gevestigde plaasbewoners, het die lidmate van hierdie gemeente dan ook meestal uit avonturiers, geluksoekers en swerwers bestaan. Dit was 'n tyd van kom en gaan wat die gemeente Bloemhof gekenmerk het, feitlik tot op hede.”

Die gemeente is die oudste in die verre Wes-Transvaal en is reeds in 1870 gestig. As gevolg van 'n yl bevolking en 'n heersende tekort aan evangeliedienaars, is daar in begin van die gemeente se geskiedenis meermale met lang vakatures geworstel. So het daar vir die eerste keer in 1888 'n verteenwoordigende predikant van hierdie gemeente op 'n Sinode verskyn, reeds 18 jaar ná die stigting, by name ds. J.J. Malherbe, wat in 1886 hier georden is. Dis interessant om te weet dat die tweede leraar wat op Bloemhof bevestig is, ds. K.T. van den Heever (1897), asook sy opvolger, ds. J.F. le Clus (1904–'36), albei in 1952 nog gelewe het, aldus Ons gemeentelike feesalbum.

Kerklike geboue

Soos op baie ander plekke, het daar ook hier moeilikheid ontstaan met lidmate van die Hervormde Kerk oor eiendomsregte omdat daar deur die vroeëre geslagte nie so noukeurig gelet is op die transportering van die kerkeiendomme op naam van die Ned. Geref. (later NH of G) Kerk nie. Eers ná heelwat stryd en met hoë koste is die dinge in die reine gebring. Tydens die eerste jare van die bestaan van die gemeente is die eredienste in 'n klein en baie ondoeltreffende saal gehou, totdat in 1926 na 'n ruim, sierlike en doelmatige kerkgebou (ingewy 10 April 1926) verhuis is.

In 1952 was die posisie van die NH of G gemeente Bloemhof seker uniek in dié sin dat hy een van elf selfstandige gemeentes op 'n klein plattelandse dorpie is, darem die grootste van almal. “Deur die hand van die Vader gelei, was daar in die gemeente nog steeds geleidelike groei en ontwikkeling. Met die afname in delwerye het daar meer bestendigheid gekom, wat in plaas van insinking opheffing vir die gemeenskap bring, en ook 'n diepere geestelike bewussyn en lewe tot stand laat kom het,” aldus Ons gemeentelike feesalbum.

Enkele leraars

  • G.J. Malherbe, 1886-1890
  • W.H. Knobel, 1892-1896
  • KT. van der Heever, 1897-1898
  • J.F. le Clus, 1904-1937
  • J.D. Cilliers, 1937-1942
  • Paul Daniël Lückhoff, 1942 - 1947
  • Johannes Hermanus Kritzinger, 1947 - 1950
  • Wilhelm Karel Troskie, 1950 – 1954
  • Rudolph Marthinus Britz, 1954 – 1957
  • Attie Botha, 1957 – 1963
  • J.A.H. Pieters, 1960-1964
  • P.B.van der Watt, 1964-1965
  • J.J. Kritzinger, 1965-1969
  • C.F. Henning, 1969- ?
  • L.D. Delport, 1977-1989
  • E. du Preez, 1989-1995
  • H.E.S. Pretorius, 1995-2006
  • Dr. Poena van der Merwe, 2007 – hede

Bronne

  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Sien ook

Tags:

Ng Gemeente Bloemhof StigtingNg Gemeente Bloemhof Kerklike geboueNg Gemeente Bloemhof Enkele leraarsNg Gemeente Bloemhof BronneNg Gemeente Bloemhof Sien ookNg Gemeente BloemhofNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreinMikro-ekonomieDuitslandCovid-19-pandemieOu Apostoliese KerkSirkelHoenderSpeelkaartGeografie van Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)Suid-Afrikaanse konsentrasiekampeVaste stofBeurtkragOorstromingSikloonKultuurWoordeboek van die Afrikaanse TaalVoortrekkersHartTuisbladSelfieLuiperdKoorsNarsismeInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandLys van Suid-Afrikaanse skrywersNazi-DuitslandMeervoudDarwinismeHeupOranjerivierOorkruipersKaapse VlakteTienie HollowayPretoriaKalsiumMiddeloorontstekingSelfoonVulkanismeDelft, KaapstadGrondSwartbewussynsbewegingKoorsblaarBerilliumSiya KolisiAfrikaTussenwerpselGordelroosSuid-Afrikaanse InkomstediensLys van Afrikaanse skrywersLikkewaanAppelPad na jou hartMonumentBoelieryIronieTransatlantiese slawehandelVrugbaarheidEkonomie van Suid-AfrikaYsterDansSpelerposisies in rugbyHomoniemAborsie in Suid-AfrikaLika BerningLys van nedersettings in Suid-AfrikaGloeilamp19de eeuC.J. LangenhovenDolfynKrieketVoedselkettingWaterkringloopOnse VaderStruktuur van die AardeDonkie🡆 More