Gereformeerde Kerk Christiana

Die Gereformeerde kerk Christiana is die derde oudste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes.

Met 35 belydende en 12 dooplidmate in 2015 was dit toe ook die derde kleinste. Buiten die hoofdorp Christiana, sluit die gemeentegrense ook Hertzogville in.

Gereformeerde kerk
Christiana
Gereformeerde Kerk Christiana
Sluit in  Christiana
Hertzogville
Klassis  Vryburg
Huidige predikant(e)  Philip Hattingh
In kombinasie met  Bloemhof
Belydende lidmate  30
Dooplidmate  4
Adres H.v. Eeufees- en
Robynstraat
Christiana
Geskiedenis
Stigtingsdatum  19 April 1913
Afgestig van  Schweizer-Reneke
Eerste predikant  B.J. de Klerk 1940–1947
Gereformeerde Kerk Christiana
Die Gereformeerde kerk op Christiana, einde 2017.
Gereformeerde Kerk Christiana
Ds. H.T. de Villiers, die leraar (in kombinasie) van 1975 tot 1981.

Eerste stigting

Christiana is op 5 Junie 1903 gestig met Schweizer-Reneke as wyk van die nuwe gemeente. Omdat die lidmate meestal uit rondtrekkende delwers bestaan het en Schweizer-Reneke ’n stabieler lidmaattal en ook ’n eie kerkgebou gehad het, het die gemeente Christiana in 1907 ontbind en ’n wyk van die Gereformeerde kerk Schweizer-Reneke geword, wat in daardie jaar gestig is.

Tweede stigting

Op 19 April 1913 is die gemeente Christiana egter opnuut gestig, dié keer met Bloemhof as ’n wyk daarvan en waar die Gereformeerde kerk Bloemhof ook twee maal gestig is: eers in die 1920's, maar nadat die delwers in 1928 weggetrek het, het dit ontbind en is dit eers weer in 1950 gestig. Op ’n gemeentevergadering op 19 April 1914 is berig £150 was beskikbaar vir kerkbou. Dié kerkie, wat later as die sinkkerk sou bekendstaan, is vroeg in 1915 voltooi op grond was destyds as Kroongrond bekendgestaan het en wat die staat aan kerke geskenk het. Daar was plek vir sowat 100 kerkgangers in dié kerkie.

Twee kerk gebou

In 1961 was die ou geboutjie so vervalle dat die kerkraad besluit het om ’n nuwe te bou, aangesien dit te veel sou kos om die oue te herstel. In Die Kerkblad (die GKSA se orgaan) van September 1961 is vermeld dat die gemeente al ’n mooi bedraggie ingesamel het vir kerkbou, maar is ’n beroep gedoen op vorige lidmate om geld te skenk omdat Christiana se lidmate meestal armes of ouer mense was. Ook was hulle getalle maar min: In 1960 was hier 79 belydende en 48 dooplidmate. Christiana het ook versoeke om geldelike hulp aan talle kerkrade gerig. Die reaksie was goed en so kon die gebou sonder skuld opgerig word.

Destyds het die dorpsraad besluit die Kroongrond kon vir ander grond op die dorp geruil word. Die Gereformeerdes het ook hul erf geruil en so kon die kerkbouery begin op die nuwe standplaas, op die hoek van Eeufees- en Robynstraat. Die gebou is opgerig onder leiding van ’n lidmaat, ene Stronkhorst. Hy was ’n bouer en het ook ’n steenmakery besit. Hierdie kerk is in 1962 voltooi.

In 2003 is ’n gedenkteken voor die kerk opgerig wat die honderdjarige bestaan van die Gereformeerde kerk Christiana gedenk. Sedert 2009 word Christiana in kombinasie met Bloemhof deur dr. Hennie van Wyk bedien. Hy woon op Bloemhof, maar neem Sondagoggende halfnege die erediens op Bloemhof waar en halfelf op Christiana.

Predikante

  1. Opperman, Paul Jacobus, 1967 – 1974 (in kombinasie met Vaalharts)
  2. De Villiers, Hendrik Tjaart, 1975 – 1981 (in kombinasie met Vaalharts)
  3. Van der Berg, Willem Nicolaas, 1982 – 1987 (in kombinasie met Vaalharts)
  4. Van Vuuren, Christoffel Johannes, 1987 – 1992 (in kombinasie met Vaalharts)
  5. Berg, Adderus Fenmo, 1992 – 1997
  6. Van Vuuren, Thomas Johannes, 1997 – 1999
  7. Tredoux, Alwyn Petrus, 1999 – 2001
  8. Prinsloo, Daniël Petrus, 2002 – 2003 (in kombinasie met Bloemhof)
  9. Van der Walt, Abraham Barend, 2004 – 2009 (in kombinasie met Bloemhof)
  10. Van Wyk, dr. Hendrik Francois, 2009 – 2020 (in kombinasie met Bloemhof)
  11. Hattingh, Philip, 29 Mei 2021 – hede (in kombinasie met Bloemhof)

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Christiana Eerste stigtingGereformeerde Kerk Christiana Tweede stigtingGereformeerde Kerk Christiana Twee kerk gebouGereformeerde Kerk Christiana PredikanteGereformeerde Kerk Christiana BronneGereformeerde Kerk Christiana Sien ookGereformeerde Kerk ChristianaChristianaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHertzogville

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Plae van EgipteEkotoerismeAfrikanerweerstandsbewegingReg tot ‘n gesonde omgewingLys van elemente volgens simboolVrystaatVloeistofBlourokkeRobbeneilandMenslike seksuele gedragMotorvoertuigNeerslagStikstofSeevlakstygingSelfoonGeldAfrikaVersamelnaamGeboorteHeuningbyOorkruipersOogproblemeJohannes MeintjesArabies-Israeliese konflikSikloonSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LidwoordGemeenskapsorganisasieHigiëneWaarheid-en-versoeningskommissieVoegwoordKarakteriseringFotosinteseFinansiële staatPornografiese subgenresDemografie van Suid-AfrikaMaroela MediaToerismeLys van Afrikaanse skrywersFilosofieMIVNierPeach van Pletzen1913MiltLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGeloftedagLys van politieke partye in Suid-AfrikaAbsolute monargieSleutel (musiek)VerkleinwoordBybelMenslike skeletDurbanVarkWieg van die MensdomTydChemiese elementKalenderPankreasLiefdeKnieThe CranberriesDomkragGriepErosieHeupTamatiePerdKoolhidraatVoëlDemi Lee MooreRob HersovJode🡆 More