Messier 74

Messier 74 of M74 (ook bekend as NGC 628) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 32 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Visse.

Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 74
Messier 74
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Visse
Tipe SA(s)c
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 36m 41,8s
Deklinasie +15º 47' 01"
Skynmagnitude 10
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 32 miljoen
Skynbare grootte  10,5 x 9,5 boogminute
Ander name M74, NGC 628, UGC 1149, PGC 5974
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien. M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre.

Supernovas

Twee supernovas is al in M74 waargeneem: SN 2002ap en SN 2003gd. SN 2002ap het besondere belangstelling gewek omdat dit een van die min tipe Ic-supernovas (of hipernovas) is wat in onlangse jare binne 10 miljoen parsek van die Aarde af gesien is.

SN 2003gd is a Tipe II-P-supernova. Tipe II-supernovas het bekende helderhede en hul afstande kan dus akkuraat gemeet word. Deur SN 2003gd te gebruik, kan die afstand na M74 bepaal word as 9,6 ± 2,8 megaparsek, of 31,9 miljoen ligjare.

Sterrestelselgroep

M74 is die helderste stelsel in die M74-groep, ’n groep van 5-7 sterrestelsels, insluitende die eienaardige spiraalstelsel NGC 660 en ’n paar onreëlmatige stelsels.

Moontlike swartkolk

Op 22 Maart 2005 is aangekondig dat die X-straal-ruimtesterrewag Chandra ’n ultrahelder X-straalbron in M74 waargeneem het wat meer X-straalkrag uitstraal as ’n neutronster – met intervalle van sowat twee uur. Dit het ’n geraamde massa van sowat 10 000 sonmassas. Dit dui op ’n swartkolk van mediumgrootte. Dit is ’n ongewone soort swartkolk, iewers tussen die grootte van gewone stellêre swartkolke en massiewe swartkolke wat teoreties voorkom in die middel van die meeste sterrestelsels. Die X-straalbron is geïdentifiseer as CXOU J013651.1+154547.

Verwysings

Eksterne skakels

01h 36m 41.8s, +15° 47′ 01″

Tags:

Messier 74 SupernovasMessier 74 SterrestelselgroepMessier 74 Moontlike swartkolkMessier 74 VerwysingsMessier 74 Eksterne skakelsMessier 74AardeCharles MessierKomeetLigjareMessier-voorwerpPierre MéchainSpiraalsterrestelselSterrebeeldVisse (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

John Brown (aktivis)ReddingskakeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeCalviniaNederduitsch Hervormde KerkMieliestronkRooiBateLys van Afrika-landeMuishondBorsteMilaanWet op NaturellengrondMenslike seksuele gedragNarsismeLenteKunsmatige algemene intelligensieLandbou-ingenieursweseFransDiplopodaKoorsLys van landeDistillasieKwaZulu-NatalGianna MichaelsFossielbrandstofAfkortingBalletLetterkundeAngolaMoedersdagChristeneSatellietLys van Afrikaanse televisiereekseTweede VryheidsoorlogGriekwa-AfrikaansConsolidated B-24 LiberatorArabies-Israeliese konflikKasterolieBrongitisDataverwerkingKoolstofdioksiedSteenkoolOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGroot vyfAkademiaVoedselkettingRenoster25 AprilHomoniemKilometerNederlandsAluminiumWinnie Madikizela-Mandelag8ftoWoordeboek van die Afrikaanse TaalMantisAs jy singSonenergieRassismeAfrikaanse taalleerWortelkanaalTelefoonMpumalangaSimmetrieSenuweestelselWikipediaCradock-4Helpmekaar-kollegeNaaldekokerBeeldspraakAfrikanernasionalismeSuikersiekteBrein🡆 More