Merina

Die Merina, ook bekend as die Imerina, Antimerina of Hova, is die grootste etniese groep in Madagaskar.

Hulle kom op die sentrale plato van die eiland voor en is een van die land se 18 amptelike etniese groepe. Hulle is van gemengde oorsprong, hoofsaaklik van Maleis-Indonesiërs wat voor die 5de eeu n.C. op die eiland aangekom het en Arabiere, Bantoevolke en ander etniese groepe wat hulle later gevolg het. Hulle praat die taal Merina, een van die dialekte van Madagaskar se amptelike taal Malgassies.

Merina
Merina
Merina-meisies
Totale bevolking: 5 miljoen, 27% van bevolking
Belangrike bevolkings  in: Madagaskar
Taal: Malgassies
Geloofsoortuiging: Christenskap (Katoliek, Protestants) gemeng met tradisionele geloof
Verwante etniese groepe: Betsileo; ander Malgassiese groepe; Austronesiërs

Die Merina kom hoofsaaklik op die hoogland in die middel van die eiland voor (die voormalige Antananarivo-provinsie). Sedert die laat 18de eeu het Merina-monarge hul politieke mag van hul hoofstad, Antananarivo, oor feitlik die hele eiland uitgebrei. Koning Radama I het eindelik die hele eiland onder sy mag verenig. Frankryk het twee keer oorlog teen die Merina gemaak, in 1883-1885 en in 1895, voor hulle die eiland in 1895-'96 gekoloniseer en die Merina-monargie in 1897 afgeskaf het.

Die Merina het teen die 18de eeu ’n uitgebreide besproeiingsinfrastruktuur en hoogs suksesvolle rysplase tot stand gebring op die plato van Madagaskar. Hulle het verskillende kastes gehad, loopbane geërf en endogamie beoefen.

Verwysings

Bibliografie

Tags:

ArabiereBantoevolkeEtniese groepMadagaskarMalgassiesPlato

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BosvarkHage GeingobPersLandbouBoelieryStedelike hitte-eilandKalsiumLien se lankstaanskoeneKrokodilNasionale VrouedagMag (sosiale wetenskappe)HoofkarakterUnited Democratic FrontMurraysburgAntisemitismeBrandstofEkonomie van Suid-AfrikaBronsVoëlKitaarProteïenNieuwoudtvillePersoonlikheidErfenisMielieBateVaste stofChromatografieMorfologie (taalkunde)Orale seksGemeenskapEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLys van nedersettings in Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersBrongitisBeesPubliekEkostelselInternetHulpwerkwoordSwart menseFranse RewolusieAborsieVerkoueIsraelHernubare energieKoue OorlogKarooVoedingPinksterChemiese elementVeerBedryfstelsel (inligtingstegnologie)StadKnysnaLika BerningAvbobGeweldNasiebouVulvaMenstruasieRuan PienaarDiepaartromboseGreta ThunbergBeaufortskaalAfrikanersMigrasie van diereTegnologieBloemfonteinInligtingNasionaal-SosialismeSkarlakenkoorsBruin menseGrondbesoedelingBeeldspraak🡆 More