Betsileo

Die Betsileo is die derde grootste etniese groep in Madagaskar, ná die Merina en Betsimisaraka.

Hulle bewoon die sentrale plato, van noord van die Maniarivier in die noorde tot aan die voet van die Andringitra-massief in die suide; wes tot by die Bongolava-reeks en oos tot by die Oostelike Woud, wat deur die Tanala-volk bewoon word. Hulle tel sowat 1,5 miljoen, omtrent 12,1% van die algehele bevolking. Hulle het hul naam, wat "Die Baie Onoorwinbares" beteken, gekies ná ’n mislukte inval in die vroeë 19de eeu deur koning Ramitraho van die Menabe-koninkryk.

Betsileo
Betsileo
Betsileo-kinders
Totale bevolking: Sowat 1,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Madagaskar
Taal: Malgassies
Geloofsoortuiging:
Verwante etniese groepe: Merina, Austronesiërs, ander Malgassiese volke

Geskiedenis

Die verskillende Betsileo-koninkryke (Fandriana, Fisakana, Manandriana, Isandra, ens.) het onafhanklik van mekaar bestaan met mondelinge tradisies wat terugdateer tot die 17de eeu. Eindelik het koning Radama I van die Merina hulle almal verower en baie van hulle slawe gemaak of as slawe aan Europese slawehandelaars verkoop. Radama het Fianarantsoa die administratiewe hoofstad van die sentrale en suidelike deel van die Betsileo gemaak en die noordelike deel by Antsirabe ingedeel. Die Betsileo as ’n groep het dus in die 19de eeu ontstaan as ’n administratiewe onderverdeling deur die Malgassiese regering.

Verwysings

Bibliografie

  • Bradt, Hilary; Austin, Daniel (2007). Madagascar (9th uitg.). Guilford, CT: The Globe Pequot Press Inc. pp. 113–115. ISBN 1-84162-197-8.
  • Diagram Group (2013). Encyclopedia of African Peoples. San Francisco, CA: Routledge. ISBN 9781135963415.
  • Ogot, Bethwell A. (1992). Africa from the Sixteenth to the Eighteenth Century. Paris: UNESCO. ISBN 9789231017117.

Tags:

BetsimisarakaEtniese groepMadagaskarMerina

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pornografiese subgenresLetterkundeProteaKartografieEkonomie van Suid-AfrikaGeelhoutSeksMaagVerkoueLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKlein-KarooGeslagDirekte en Indirekte redeSeisoenTuberkuloseRacheltjie de BeerOu Apostoliese KerkKunsmatige intelligensieMobutu Sese SekoDierVerbondsarkMielieOmgewingsbeheerMarsWaterpokkiesOopbroninhoudNaaldekokerHomofoonMalariaNierDiepaartromboseSwaelHoofpynVarkgriepSatellietfotoToekoms van die AardeGordelroosAkademiaWoudStokely CarmichaelInkomsteCounter-Strike 2WoestynGasDiamantBoomslangBek-en-klouseerAarde se atmosfeerSpoorvervoer in Suid-AfrikaVraag en aanbodEngelandSpringbokkeTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)AssonansieLeah van NiekerkCristiano RonaldoKasterolieWerkwoordInnes en Franna BenadéOlimpiese SpeleLys van politieke partye in Suid-AfrikaLidwoordDie Laaste Avondmaal (Leonardo)1913KatVrouAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWhatsAppKaaps-Hollandse stylWet op Bantoe-onderwysWoordeskatDeelwoordAntisemitismeLieweheersbesieFamilie (verwantskap)MonoloogMarie Antoinette🡆 More