Merapi

Die berg Merapi (Indonesies en Javaans: Gunung Merapi, letterlik Vuurberg) is 'n aktiewe stratovulkaan aan die grens tussen Sentraal-Java en die spesiale streek Jogjakarta in Indonesië.

Dit is die aktiefste vulkaan in Indonesië en bars sedert 1548 gereeld uit. Dit lê naby die stad Jogjakarta met 'n bevolking van 2,4 miljoen, terwyl daar ook dorpies tot so hoog as 1 700 m bo die seevlak is.

Merapi
Gunung Merapi
Die berg Merapi in 2018. Die berg Merapi in 2018.
Ligging Java, Indonesië
Hoogte 2 910 meter bo seevlak
Koördinate 7°32′26.99″S 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O / -7.5408306; 110.4448167 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O / -7.5408306; 110.4448167
Bergtipe Aktiewe stratovulkaan
Laaste uitbarsting 2020
Ligging van Merapi Gunung Merapi op 'n kaart (Indonesië)
Merapi Gunung Merapi
Merapi
Gunung Merapi
Ligging in Indonesië.
Merapi
Die berg Merapi soos gesien van 'n 9de-eeuse Hindoetempel.

Dikwels kan gesien word hoe rook uit die piek van die vulkaan borrel, en verskeie uitbarsting het al tot lewensverlies gelei. 'n Piroklastiese stroom weens 'n groot uitbarsting het op 22 November 1994 altesaam 27 mense gedood, hoofsaaklik op die dorp Muntilan, wes van die vulkaan. In 2006 was daar nog 'n groot uitbarsting, net voor die Jogjakarta-aardbewing in dieselfde jaar.

Vanweë die gevare wat Merapi vir die bevolkte gebiede inhou, is dit aangewys as 'n Dekadevulkaan.

2010-uitbarsting

Merapi 
'n Verwoeste huis op die dorp Cangkringan ná uitbarstings in 2010.

Op die middag van 25 Oktober 2010 het Merapi aan sy suidelike en suidoostelike hange uitgebars. Altesaam 353 mense is in die volgende maand dood, terwyl 350 000 uit hulle huise moes vlug; die meeste skade is aangerig deur piroklastiese strome, terwyl swaar reën op 4 November modderstortings veroorsaak het wat verdere skade aangerig het.

Die meeste uitbarstings het bedaar teen 30 November, en vier dae later is die amptelike bedreigingsvlak verlaag. Merapi se kenmerkende vorm is deur die uitbarstings verander en sy hoogte het met 38 m teruggesak tot 2 930 m.

Sedert 2010 was daar verskeie kleiner uitbarstings op Merapi, veral twee ondergrondse ontploffings op 18 November 2013 en 11 Mei 2018. Tydens die eerste een, wat die grootste was en deur 'n kombinasie van reën en interne aktiwiteit veroorsaak is, het rook tot 2 000 m hoog die lug in getrek.

Sedert begin 2020 was daar verskeie klein uitbarstings. Die laaste twee was op 8 Augustus 2021 en 16 Augustus 2021.

Verwysings

Skakels

  • Merapi  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

IndonesiesIndonesiëJavaJavaansJogjakartaStratovulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArmoedeKarpaletonnelsindroomAfrikaanse TaalmonumentNatriumKaapstadse waterkrisis 2015-2018KangogrotteKatEierstokRuslandWet op NaturellengrondAfrikaanse WikipediaMantisBiodiversiteitBybelWoordeboek van die Afrikaanse TaalSpringbokkeVoegwoordSpelerposisies in rugbyJohn Samuel SchlesingerLetsiteleHoofstadMobutu Sese SekoEllipstekenOranjerivierGroepsgebiedewetKernoorlogAlkoholismeBetonWillie JoubertWhatsAppKapitaal (ekonomie)SpeelkaartLien se lankstaanskoeneLys van kinderspeletjiesKernkragMetafoorNierversakingSonnestelselGenitale vratDeelwoordKlein-KarooLys van chemiese elemente volgens atoomgetalEnsiklopedieAntjie KrogCremonaBloeddrukPeriodieke tabelLeestekenBesoedelingTrappe van vergelykingVlag van Suid-AfrikaAtleetvoetOrthopteraTrevor NasserLeeuOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMaroela MediaPussy RiotMisdaadHondSout (chemiese stof)AtoomPersoonlikheidSportHomofoonDonkieGrondwetHipoteseVeerBeesAardbewingKolonoskopieSuikersiekteKolonialismeKrokodilCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBloukraanvoël🡆 More