Die eiland Mainau is met 'n oppervlakte van 45 hektaar die derde grootste eiland in die Bodenmeer.
Die eiland, wat uit molassekalkrotse gevorm is, is in die noordwestelike gedeelte van die Bodenmeer, die Überlinger See, geleë. 'n Brug verbind die suidoewer van die Überlinger See met die eiland, wat daarnaas ook oor 'n pier beskik. Die grootste stede in die omgewing is Konstanz, Meersburg en Überlingen.
Mainau Bynaam: Blumeninsel im Bodensee | |
---|---|
Die blommeprag van Mainau is aan die milde Bodenmeer-klimaat te danke | |
Geografie
| |
Ligging | Bodenmeer, Baden-Württemberg
|
Oppervlakte | 45 hektaar |
Hoogste punt | Schlosshügel 425 m |
Administrasie | |
Duitsland | |
Deelstaat | Baden-Württemberg
|
Hoofstad | Konstanz-Mainau |
Grootste stad | Konstanz
|
Demografie | |
Bevolking | 185
|
Die eiland maak in administratiewe opsig deel uit van Konstanz se stadsdeel Litzelstetten-Mainau, maar is in besit van die Bernadottes, 'n adellike familie van Sweedse afkoms. Lennart Bernadotte, graaf van Wisborg (1909-2004) het Mainau tot 'n botaniese tuin en gewilde toeristetrekpleister omgeskep. Die eiland is daarnaas langs die sogenaamde Opper-Swabiese Barokroete (Duits: Oberschwäbische Barockstraße) geleë.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mainau, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.