Die magrieb (Arabies: صلاة المغرب, ṣalāt al-maġrib, sonsonderganggebed), wat net ná sonsondergang gebid word, is die vierde van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die magrieb het drie verpligte (fard) rak'ats en twee aanbevole (soennah) rak'ats. Die eerste twee rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam gebid (iemand wat die magrieb misloop en salaah alleen maak, is nie verplig om die eerste twee rak'ats hardop te bid nie), en die derde word stilweg gebid.
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Magrieb, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.