Die thoer of zoeger (Arabies: صلاة الظهر, ṣalāt aẓ-ẓuhr, middaggebed), tussen die fadjer en die asser, is die tweede van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die thoer het vier verpligte (fard) rak'ats. Vooraf kan vier aanbevole (soennah) rak'ats gedoen word en ná die tyd nog twee.
Op Vrydae word die middaggebed deur die Vrydaggebed vervang. Dan is dit verpligtend dat Moslem-mans wat puberteit bereik het saam bid, óf in ’n moskee in die stad waar hulle woon óf in ’n groep. Vroue word aanbeveel om dit te doen, maar dit is nie vir hulle verpligtend nie.
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Thoer, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.