Lulu Xingwana

Lulama Lulu Marytheresa Xingwana (gebore 23 September 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Sy was van 2006 tot 2009 minister van landbou en grondsake, en van 2010 tot 2014 minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede. Sy was van 1994 tot 25 Mei 2014 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.

Lulu Xingwana
Lulu Xingwana

Minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede
Ampstermyn
1 November 2010 – 26 Mei 2014
Voorafgegaan deur Noluthando Mayende-Sibiya
Opgevolg deur Susan Shabangu

Minister van kuns en kultuur
Ampstermyn
10 Mei 2009 – 31 Oktober 2010
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Pallo Jordan
Opgevolg deur Paul Mashatile

Minister van landbou en grondsake
Ampstermyn
2006 – 2009
Voorafgegaan deur Thoko Didiza
Opgevolg deur Tina Joemat-Pettersson
Gugile Nkwinti

Lid van die Nasionale Vergadering
Ampstermyn
1994 – 25 Mei 2014

Persoonlike besonderhede
Gebore 23 September 1955 (1955-09-23) (68 jaar oud)
Politieke party African National Congress

Politieke standpunte

Homoseksualiteit

In Maart 2010 storm Lulu Xingwana uit 'n kunsuitstalling wat sy in haar hoedanigheid as minister van kuns en kultuur bygewoon het omdat die kuns volgens haar "immoreel" was. Volgens 'n anonieme bron was Xingwana gekant teen die vertoning van selfdegeslagverhoudings. Xingwana het deur haar woordvoerder gesê dat die kunswerk "immoreel, aanstootlik en teen nasiebou" was.

Afrikaners

Op 26 Februarie 2013 het Xingwana aan die Australiese TV-nuuskanaal ABC News gesê: "Jong Afrikanermans word in die Calvinistiese godsdiens grootgemaak wat hulle laat glo dat hulle vroue besit, dat hulle kinders besit, dat hulle alles besit en dat hulle dus 'n lewe kan neem omdat hulle dit besit".

Nadat sy hierdie uitlating gemaak het, is sy deur die burgerregte-organisasie AfriForum daarvan beskuldig dat sy "op die grond van ras, geloof en geslag" diskrimineer. Die Afrika Christen Demokratiese Party het die president, Jacob Zuma, gevra om haar af te dank. Die Afrikanerbond het in 'n verklaring gesê dat haar kommentaar 'n "ekstreme verbale aanval op die integriteit van Afrikaners" is en het gespekuleer dat sy die uitlating gemaak het in 'n poging om aandag af te trek van 'n verslag wat wanbestuur in haar departement beskryf.

Xinwana het die dag na die omstrede uitlating dit teruggetrek en "onvoorwaardelik" daarvoor om verskoning gevra.

Verwysings

Eksterne skakels

Politieke poste
Voorafgegaan deur
Thoko Didiza
Minister van landbou en grondsake
2006–2009
Opgevolg deur
Tina Joemat-Pettersson
as Minister van landbou, bosbou en visserye
Opgevolg deur
Gugile Nkwinti
as Minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming
Voorafgegaan deur
Pallo Jordan
Minister van kuns en kultuur
10 Mei 2009–31 Oktober 2010
Opgevolg deur
Paul Mashatile
Voorafgegaan deur
Noluthando Mayende-Sibiya
Minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede
1 November 2010–26 Mei 2014
Opgevolg deur
Susan Shabangu

Tags:

Lulu Xingwana Politieke standpunteLulu Xingwana VerwysingsLulu Xingwana Eksterne skakelsLulu XingwanaNasionale Vergadering van Suid-AfrikaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KinderregteKunselementeJakkalsGalileo GalileiC. Louis LeipoldtBorsteTamboraHoofstadGroepsdrukNamibiëMuskiet7de LaanIdioomDialoog in fiksieVoornaamwoordKarooAmateurradioMikro-ekonomieSoortnaamDonderstormConsolidated B-24 LiberatorAkademiaSelfmoordMenstruasieTaalMotorvoertuigYsbeerKlimaatsverandering in Suid-AfrikaProteaKunstenaarLys van slangeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSaartjie BaartmanKrimpvarkie3D-rolprentDistrik SesKlimaatveranderingVerlede tydNederduitse Gereformeerde KerkAfleiding (taalkunde)PaddaWapen van NamibiëDurbanSiya KolisiGeweldVincent van GoghFibonacci-reeksJodeKarretjiemenseMigrasie van voëlsPolisieRooikatVoortrekkermonumentPersGesondheidInternetAlkoholismeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalMagneetBeaufortskaalChristendomGoogleBateWerkersdagVleilandVerstedelikingDoopDirekte en Indirekte redeFrankrykMeningsverskil oor aardverwarmingKolitisStereotipeSuid-Afrikaanse InkomstediensVeer🡆 More