Tina Joemat-Pettersson

Tina Joemat-Pettersson (16 Desember 1963, Kimberley – 5 Junie 2023, Rondebosch, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat twee keer kabinetportefeuljes in die Zuma-administrasie beklee het.

Sy was van 2009 tot 2014 die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye en van 2014 tot 2017 die Minister van Energie.

Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson in 2012

Minister van Energie
Ampstermyn
25 Mei 2014 – 31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Ben Martins
Opgevolg deur Mmamoloko Kubayi

Minister van Landbou, Bosbou en Visserye
Ampstermyn
11 Mei 2009 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Lulama Xingwana
Opgevolg deur Senzeni Zokwana

LUK vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming – Noord-Kaap
Ampstermyn
Mei 1999 – Mei 2009
Premier Dipuo Peters
Voorafgegaan deur Dawid Rooi
Opgevolg deur Norman Shushu

LUK vir Onderwys – Noord-Kaap
Ampstermyn
Junie 1994 – Mei 1999
Premier Manne Dipico
Voorafgegaan deur Nuwe portefeulje
Opgevolg deur Grizelda Cjiekella

LUK vir Onderwys, Kuns en Kultuur – Noord-Kaap
Ampstermyn
Mei 1994 – Junie 1999
Premier Manne Dipico
Opgevolg deur Brian Hermanus as LUK vir Sport, Kuns en Kultuur

Persoonlike besonderhede
Gebore (1963-12-16)16 Desember 1963
Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Sterf 5 Junie 2023 (op 59)
Rondebosch, Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
African National Congress
Alma mater Universiteit van Wes-Kaapland
Universiteit van Kaapstad

Joemat-Pettersson het by die Hoërskool William Pescord gematrikuleer en 'n BA-graad in Engels en Geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. In 2002 het sy 'n uitvoerende bestuursprogram aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Kaapstad voltooi. Terwyl sy studeer het, het Tina Joemat-Pettersson sedert 1987 reeds as 'n onderwyser by Pescodia Sekondêre Skool, Kimberley, gewerk. Sy raak in 1998 betrokke by die onderwysersvakbond, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU).

In gesprek met Sjahril Sabaruddin, die Indonesiese ambassadeur in Suid-Afrika, het Joemat-Pettersson beweer dat sy 'n afstammeling van Kendal in Sentraal-Java is.

Sy is op 5 Junie 2023 by haar woning te Rondebosch in Kaapstad oorlede, te midde van bespiegelings oor haar moontlike selfdood.

Eksterne skakels

Tags:

KaapstadKabinet van Jacob Zuma, Mei 2009KimberleyRondeboschSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HemelvaartDricus du PlessisGeografie van Suid-AfrikaBoer Soek 'n VrouLenteDiskriminasieEskomKarlien van JaarsveldMonopolieMassaBorsOorkruipersLys van Afrikaanse digtersEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKeramiekNatuurrampLidwoordInligtingErfenisPersLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MuskietE-posHoofpynGordelroosKolonisasieEeuTermietMierRudi ClaaseGriekwa-AfrikaansKaapstad23 AprilStellenboschVaginale kankerBloeddrukSlag van Cuito CuanavaleKinkhoesHeupMeningsverskil oor aardverwarmingHaasVarkMynbouThabo MbekiRassisme in AfrikaMusiekWikipediaRymJeuksiekteBelgiëKatItaliëBiologiePaulus van TarsusEienaamMuishondKatoenDundermDonkieAborsie in Suid-AfrikaEkologieAngssteuringAfleiding (taalkunde)SpierWaterbesoedelingAnale kankerWikiquoteElandréVerenigde KoninkrykIntensiewe vormIngrid JonkerMahatma GandhiLys van visseFossielbrandstofMateriaalFiela se kind🡆 More