Luigi Galvani

Luigi Aloisio Galvani (/ɡɑːlˈvɑːni/; Italiaans: ; Latyn: Aloysius Galvanus; 8 September 1737 – 4 Desember 1798) was 'n Italiaanse geneesheer, fisikus, bioloog en filosoof.

Hy het die elektriese ladings in dierlike liggame ondersoek. Hy word erken as die pionier van bio-elektromagnetisme. Hy het ook vir Alessandro Volta, sy teenstander en kompetisie, beïnvloed om die eerste elektriese sel te ontwikkel en na wie die volt vernoem is.

Luigi Galvani
Luigi Galvani
Luigi Galvani; geneesheer bekend vir sy pionierswerk in bio-elektrisiteit

Gebore 8 September 1737
Bologna, Italië
Oorlede 4 Desember 1798 (op 61)
Bologna
Bekend vir Bio-elektrisiteit (diere-elektrisiteit)

Vroeë lewe

Galvani is op 8 September 1737 in Bologna, Italië gebore. Soos baie ander 18de-eeuse boorlinge wat later groot natuurwetenskaplikes geword het, het hy die teologie bestudeer. Hy het besluit om geneeskunde as loopbaan te kies, en binne hierdie uitgebreide vakgebied het hy hom gespesialiseer op die anatomie (die studie van die vorm en die bou van die menslike liggaam.).

Hy was reeds op 25 jarige ouderdom hoogleeraar in anatomie aan die Universiteit van Bologna. Hy was vol geesdrif vir sy vakgebied en 'n toegewyde navorser maar baie versigtig en krities. In 1789 het hy ontdek dat die spiere van 'n dooie padda se been beweeg wanneer daar 'n elektriese skok daardeur gaan, 'n waarneming wat hy eers in 1791 wêreldkundig gemaak het met publikasie van sy studie. Alessandro Volta, hoogleeraar in fisika aan die Universiteit van Padua het dit ontleed en betwis. Dit het aanleiding gegee tot Volta se deurbraak in 1799 om te bewys dat twee verskillende metale elektriese energie kan lewer as hulle deur middel van 'n suur met mekaar in verbinding gebring word.

Bronnelys

Eksterne skakel

Tags:

173717984 Desember8 SeptemberAlessandro VoltaBioloogFisikaGeneesheerItaliaansItaliaanseLatynVolt

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Staat PalestinaDie Stem van Suid-AfrikaEreksieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSelfvertroueSomerProvinsies van Suid-AfrikaPerdNatriumtiosulfaatEllipstekenAgtervoegselBloedsomloopstelselDemi Lee MooreSeisoenVoorsetselHondNedersettingVaginale kankerDroogteNarkoseTandbederfDiskriminasieWêreld- Ekonomiese ForumSendelingposisieHerpes simplexKrugerwildtuinSoogdierRookgewoonteRymSowjetunieKapitalismeSwangerskapHoofpynEiffeltoringConsolidated B-24 LiberatorBipolêre gemoedsteuringZack du PlessisBreinvliesontstekingLandbouDinosourusSnaarinstrumentKrokodilDonderstormKarooBuffelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkaapKoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteCorioliskragGroepsdrukKaliumSkerpioenPenisLys van elemente volgens simboolRobbeneilandGreen PornoGeografie van Suid-AfrikaSuiwelprodukWaterpokkiesSeksuele penetrasieJan van RiebeeckGeskiedenis (vakgebied)Anrich HerbstGewone breukeSuider-AfrikaBeaufortskaalDwelmmiddelMarie AntoinetteTsongaEngelsHaaieDuitslandKweekhuiseffekAardeUniondale🡆 More