Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse

Padua (Italiaans: Padova, ; Venesiaans: Pàdova) is 'n stad en comune (munisipaliteit) in Veneto, Noord-Italië.

Dit is die administratiewe setel van die gelyknamige provinsie, met 'n bevolking van sowat 211 000 in 2018. Padua is sowat 30 km wes van Venesië teen die rand van die Po-riviervlakte geleë.

Padua
Comune di Padova
Pàdova
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse

Kaart Wapen
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse
Vlag
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse
 Land Vlag van Italië Italië
 Gewes Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse Veneto
 Provinsie Padua (PD)
 Koördinate 45°24′N 11°52′O / 45.400°N 11.867°O / 45.400; 11.867 11°52′O / 45.400°N 11.867°O / 45.400; 11.867
 Stigting Oudheid
 Oppervlakte:  
 - Totaal 93,03 vk km
 Hoogte bo seevlak 12−27 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 September 2018) 211 073
 - Bevolkingsdigtheid 2268,87/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde warm
en vogtige klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 12,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2,2 / 23,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 845,8 mm
 Burgemeester Sergio Giordani
 Amptelike Webwerf padovanet.it
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse
Die fasade en hoofportaal van die Basiliek van Sint Antonius
Padua: Munisipaliteit in die Italiaanse
Canale Piovego

Twee belangrike instellings druk al eeue lank hul stempel op die stad af. Die Universiteit van Padua wat in 1222 gestig is en van oudsher 'n sentrum van liberaliteit en vrye navorsing was wat aan hierdie instelling 'n hoë internasionale reputasie besorg het. Sy dosente het Galileo Galilei ingesluit. Tans is hier sowat 70 000 studente ingeskryf wat van die universiteit een van die voorste akademiese instellings in Italië maak.

Die Basiliek en bedevaartskerk van Sint Antonius (Basilica di Sant’Antonio) getuig van die streek se diep religieusiteit. Jaarliks stroom honderdduisende gelowiges uit alle wêreldhoeke op 13 Junie, die dag van Sint Antonius, na Padua om die heilige te vereer. Die magtige basiliek, wat aan hom gewy is (en waar sy tong as relikwie bewaar word), het tussen 1232 en 1310 volgens die voorbeeld van die Venesiaanse Sint Markusdomkerk ontstaan – met Romaanse, Gotiese en Bisantynse stylelemente. Die basiliek is van sewe ronde en een spits koepel voorsien, asook van twee skraal seshoekige kloktorings met 'n hoogte van 68 meter en twee kleiner torinkies.

Padua se 14de-eeuse fresco-siklusse is in 2021 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels

Tags:

ItaliaansItaliëPovlakteVenesiaansVenesiëVeneto

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeekatSelVlekvrye staalWieg van die MensdomLeeudoringstad-spoorwegrampWortelPrivaat maatskappyMierKunsmatige intelligensieErosieSeegolfSeksuele opwekkingLuiperdHeupIronieDonkieBoontjieMane van GalileiGesonde dieetTierSuurstofCheslin KolbeHoofpynKlankHibernasieLionel PetersonKommunismeLodewyk XVI van FrankrykMonoloogNetbalMIVKalenderMikro-ekonomiePaasfeesSnaarinstrumentVryheidsdagWiskundeDokterMiddeloorontstekingDiepaartromboseMenslike skeletBTWOnderwysSportInkomsteTatoeëermerkRooibokWynand du ToitVulvaSkilpadTelkomElon MuskLys van myne in Suid-AfrikaStikstofLeestekenLys van Afrikaanse televisiereekseTafelbergCovid-19-pandemieMusiekFeminismeTydsoneMangelVoorvoegselByLys van Nederlandse skildersMark (ekonomie)DriehoekMigrasie van diereIndustriële RevolusieDistillasieDesimale breukeSleutel (musiek)EskomAfrikaanse woordelys en spelreëls🡆 More