Leonardo Balada Ibáñez (gebore op 22 September 1933, in Barcelona, Katalonië, Spanje) is 'n Spaans-Amerikaanse klassieke komponis wat bekend is om sy operas en orkeswerke.
Nadat hy klavier by die Conservatori Superior de Música del Liceu in Barcelona bestudeer het, het Balada in 1965 na die VSA geemigreer ten einde by die New York Kollege van Musiek te studeer by wyse van 'n beurs. Hy het egter die instansie gelos vir die Juilliard School in New York, waarvan af hy in 1960 gegradueer het. Hy het komposisie saam met Vincent Persichetti, Alexandre Tansman en Aaron Copland gestudeer, en dirigentstudies saam met Igor Markewitsj. In 1981 het hy 'n genaturaliseerde burger van die Verenigde State geword. Sedert 1970 gee hy onderrig by die Carnegie Mellon Universiteit in Pittsburgh, Pennsylvanië.
Leonardo Balada Ibáñez | |
---|---|
Gebore | 22 September 1933 |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Balada se werke van die vroeë 1960s vertoon sommige van die karakteristieke van Neo-Klassisisme, maar hy was egter op die lange duur ontevrede met die tegniek, en in 1966 het hy begin beweeg na 'n styl met meer avant-garde karakteristieke, en het hy werke soos Guernica gekomponeer. Balada het egter in 1975 weer 'n benodigdheid aangevoel vir verandering, en sy werk word van hierdie stadium af gekarakteriseer deur die kombinasie van volksdans ritmes met die avant-garde tegnieke van die vorige periode. Balada se musiek uit sy volwasse periode vertoon 'n kombinasie van die tonaliteit van volksmusiek met atonaliteit. Komposisies wat verteenwoordigend is van hierdie periode sluit Homage to Sarasate en Homage to Casals, in. Balada se musiek het nieteenstaande sy stilistiese fases uitgebreide ritmiese variasie en unieke orkestrasie vertoon, dikwels "in diens" van 'n aangrypende atmosfeer.
Sommige van Balada se werke is al opgeneem deur die Naxos Plate-etiket.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Leonardo Balada, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.