Naxos Plaatetiket

Naxos is 'n plaatetiket wat spesialiseer in klassieke musiek.

Naxos stel deur 'n aantal handelsmerke ook Chinese musiek, jazz, wêreldmusiek en vroeë rock & roll vry. Die maatskappy is in 1987 deur Klaus Heymann, 'n Duitsgebore inwoner van Hongkong gestig.

Naxos Records
Plaatetiket
Tipe
Gestig 1987
Hoofkantoor Hongkong
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMusikale vermaak
MoedermaatskappyHNH International
Webwerfnaxos.com

Sedert 2009 versprei Naxos ook Blu-ray-skywe, en het die maatskappy ook 'n webradio en potgooie. Naxos laat die lede van ingeskrewe openbare biblioteke en musiekskole, soos die Hongkongse Openbare Biblioteke, Aucklandse Biblioteke, Wellington Stadsbiblioteke en Toronto Openbare Biblioteek toe om gratis klassieke musiek uit Naxos se katalogus van die web af te laai, asook jazz-versamelings.

Geskiedenis

Die maatskappy is bekend vir sy pryse wat die verbruiker se sak pas, met eenvoudiger kunswerk en -ontwerpe as die meeste ander plaatetikette. In the 1980s het Naxos meestal opnames van Sentraal- en Oos-Europese simfonieorkeste gemaak; dikwels saam met minder bekende dirigente, sowel as ontluikende en onbekende musikante, ten einde die koste van opnames laag te hou en so sy sakpaspryse te handhaaf.

In meer onlangse jare het Naxos begin voordeel trek uit die vervalde kopiereg van ander maatskappye se ateljee-opnames, deur plate te verkoop wat verwerkings is van grammofoonopnames. Voorbeelde sluit die volledige opnames in van operasangers soos Enrico Caruso, Amelita Galli-Curci, en Titta Ruffo in, en die 1934 wêreldpremièreopvoering van Howard Hanson se opera Merry Mount (opera). Regsbeperkings het verhoed dat sommige van hierdie opnames verkoop kon word in die VSA. Naxos het ook die werke van kontemporêre komponiste soos Leonardo Balada, Bechara El Khoury, Laurent Petitgirard, en Alla Pavlova begin verkoop. Die etiket het mettertyd uitgebrei na jazz, wêreldmusiek, en boeke oor musikale onderwerpe. Die Naxos Gesproke Woord Biblioteek bevat ook nie-musikale produkte, soos luisterboeke en radiodramas.

Sedert die 1990s het Naxos opnames gemaak met Britse en Amerikaanse orkeste soos die Bournemouth Simfonieorkes, Seattle Simfonieorkes, Buffalo Filharmoniese orkes en die Milwaukee Simfonieorkes.

Die maatskappy produseer Super Audio CD's, DVD-Audio, en Blu-ray-skywe. In 2003 het dit 'n betaalde inskrywingsdiens begin vir die luister van musiek op die internet. Dit bied Naxos se volledige katalogus aan asook toegang tot die Naxos Musiekbiblioteek. In 2015 het dit 'n hoë-definisie aflaai en klassieke-opnamediens begin, te wete ClassicsOnline HD•LL, met 'n katalogus wat ook opnames van 'n aantal ander klassieke plaatetikette bevat.

Besigheidsmodel

Naxos vermy oor die algemeen duplikasie van repertoire. Daarom het die maatskappy sy repertoire uitgebrei om onkonvensionele werke in te sluit soos die simfonieë van Nikolai Myaskovski, kontemporêre klassieke musiek, en die werke van minder bekende komponiste soos Aleksander Glazounov en Louis Spohr. Dit het 'n reeks van minder bekende werke produseer, soos die Amerikaanse klassieke reeks, Kanadese klassieke reeks, Japannese klassieke musiek, Joods-Amerikaanse musiek, blaasinstrumentgroepe, rolprentmusiek, en vroeë musiek, baie waarvan première-opnames is.

Verspreiding

Naxos Global Logistics, geleë in Poing, Beiere naby München, is in 2008 gestig ten einde die dienste wat aan sy etikette gebied word uit te brei, insluitende vervaardiging, bemarking en lisensiëring.

Pryse

In 2005 het Naxos die "plaatetiket van die Jaar"-toekenning by die Classic FM/Gramophone-toekennings ontvang.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Naxos Plaatetiket GeskiedenisNaxos Plaatetiket BesigheidsmodelNaxos Plaatetiket VerspreidingNaxos Plaatetiket PryseNaxos Plaatetiket Eksterne skakelsNaxos Plaatetiket VerwysingsNaxos PlaatetiketHongkongJazzKlassieke musiekPlaatetiket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Leonore VeenemansBasterhartbeesGeskiedenis van Suid-AfrikaAfrikanersSeevlakstygingSteve HofmeyrGrieksNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaInnes en Franna BenadéAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidNarsismeFrederik Willem de KlerkKanadaHentaiAardverwarmingSublimasieBloublasieNederduitse Gereformeerde KerkNagadderToestand van materieSkaakBreingewasPseudowetenskapKaapse DokterAfrikaanse WikipediaMeervoudDiensAkkedisSpelerposisies in rugbyHindoeïsmeHammeriaAdolf HitlerAlgemene Databeskermingsregulasie (GDPR)Hamilton WesselsGianna MichaelsPoësieSlag van BloedrivierSanskritAnrich HerbstBeesvleisBriana BanksAsmaAfkortingKnopiespinnekopEkonomieLeah van NiekerkOrale seksMikroörganismeLionel MessiDinosourusTarentaleBynierLidwoordPizzaGeboorteYouTubeWikiKasteel die Goeie HoopVK (sosiale netwerk)Intensiewe vormBloedgroepRosa ParksKrokodilKlimaatveranderingDulcie van den BerghGeestesteuringJapanByeboerderyPornografiese subgenresAdam Tas (sanger)KatLiefdeFrankrykDataverwerkingBeroerte🡆 More