La Grande-Motte

La Grande-Motte is 'n moderne vakansieoord met 8 391 inwoners (2009) in die département Hérault (Languedoc-Roussillon, Suid-Frankryk), wat op 1 Oktober 1974 amptelik gestig is.

La Grande-Motte
La Grande-Motte
Die jaghawe van La Grande-Motte, met enkele van die "Piramides" in die agtergrond.
La Grande-Motte is in Frankryk
La Grande-Motte
La Grande-Motte
Koördinate: 43°33′41″N 4°05′09″O / 43.56139°N 4.08583°O / 43.56139; 4.08583 4°05′09″O / 43.56139°N 4.08583°O / 43.56139; 4.08583
LandVlag van Frankryk Frankryk
GewesLa Grande-Motte Languedoc-Roussillon
DépartementLa Grande-Motte Hérault
ArrondissementMontpellier
KantonMauguio
Stigting1 Oktober 1974
Regering
 • BurgemeesterStéphan Rossignol
Oppervlak
 • Totaal10,58 km2 (4,08 vk. myl)
Hoogte
0–3 m (0–9,8 ft)
Bevolking
 • Totaal8 391
 • Digtheid793/km2 (2 050/vk. myl)
Poskode
34280
Skakelkodes34344
Webwerflagrandemotte.fr

La Grande-Motte lê in die historiese gebied Petite Camargue, sowat 30 km van Montpellier af, en is in die 1960's as een van die tipiese destydse Franse vakansieoorde beplan. Boubedrywighede het in 1966 begin, en reeds twee jaar later is die eerste geriewe vir toeriste geopen. Die dorp word nog steeds uitgebou en huisves gedurende die somervakansies sowat 100 000 vakansiegangers.

Die bekendste bakens van die stad is die "Piramides", 'n reeks geboue wat 'n groot aantal vakansiewoonstelle huisves, en Point Zéro, die Nulmeridiaan, wat deur La Grande-Motte loop. Die dorp beskik daarnaas oor 'n moderne jaghawe, watersportgeriewe, 'n gholfbaan, 'n winkelsentrum en 'n sentrum vir thalassoterapie. Alhoewel die dorp deur groot toringblokke oorheers word, is daar ook talle villa's in die Provensaalse styl met binnehowe.

Bronne

  • Patitz, Alex: Languedoc-Roussillon, Cevennen. Ostfildern: Mairdumont 2006, bl. 36-37

Tags:

1 Oktober1974DépartementFrankrykHérault (département)Languedoc-Roussillon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KindermishandelingErfenishulpbronAardverwarmingMagnesiumWatersuiweringWhatsAppLys van Suid-Afrikaanse musikanteResensieXenofobie in Suid-AfrikaHernubare energieWillie JoubertGautengEnkelvoudige sinKersfeesNarsistiese persoonlikheidsteuringBeeldspraakTransatlantiese slawehandelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SkarlakenkoorsPenisVerkragtingLionel PetersonLenteWerkwoordSias ReineckeMorfeemHandelsmerkKarakteriseringGesondheidBeesOlimpiese Somerspele 2012VoornaamwoordSoogdierKasteel die Goeie HoopJode in Suid-AfrikaNamibwoestynGroot TrekHerfsOranjerivierOrtopedieYouTubeSuid-AfrikaTienerOntwerpSkaapRefleksieFamilie (verwantskap)Direkte en Indirekte redeBeroerteVoegwoordKookpuntTuberkuloseVolstruisWoordSirkusSuurreënSelfstandige naamwoordBek-en-klouseerAmateurradioDemokratiese Republiek die KongoErica BoyerKappie (skryfteken)RoesAfrikaanse WikipediaStaalOlimpiese SpeleEienaamMikro-ekonomieSomerRugbyBeaufortskaalSeptimius AwardsMeeueWikiquoteBelastingDieregeluideSuiwelproduk🡆 More