Krieket Ierland

Krieket Ierland (Engels: Cricket Ireland, afgekort “CI”), oftewel die Ierse Krieketunie (Irish Cricket Union, “ICU”), is die bestuursliggaam wat krieket in Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) beheer.

Die beheerliggaam is in 1923 gestig en het sy setels in Clontarf en Malahide, Dublin. Sedert 2017 verteenwoordig dit Ierland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Europese Krieketraad (European Cricket Council, “ECC”).

Krieket Ierland
Kenteken van Krieket Ierland
Kenteken van Krieket Ierland
Engelse naam Cricket Ireland
Afkorting CI
Lande Flag of Ireland Ierland en Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland
Sportsoort Krieket
Stigting 1923
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 6 Julie 1993
Vastelandse beheerliggaam Europese Krieketraad
President William Wilson
Voorsitter Brian MacNeice
Hoof- uitvoerende beampte Warren Deutrom
Setels Clontarf en Malahide, Dublin, Ierland
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf cricketireland.ie

Geskiedenis

In 1890 is ’n vroeë voorloper van Krieket Ierland gestig, maar hul enigste taak was om die Ierse internasionale span saam te stel. Die Ierse Krieketunie is amptelik in 1923 deur verteenwoordigers uit Munster, Northern, Connacht en North West gestig. Tot in die vroeë 1990’s is Ierland (net soos Skotland) amptelik verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Ierland het in 1993, een jaar vroeër as Skotland, by die IKR as ’n assosiaatlid aangesluit.

In Januarie 2012 het Krieket Ierland se hoof- uitvoerende beampte, Warren Deutrom, Ierland se voorneme, om teen 2020 toetskrieket te speel, openlik verklaar. Hul begeerte om toetstatus te bereik, was deels te danke aan die struikelblok van Ierse spelers wat die verblyfreëls gebruik het om toetskrieket in Engeland te speel. Deutrom het die ambisie uiteengesit toe hy die nuwe strategiese plan vir Ierse krieket in die tydperk tot 2015 onthul het. Dié plan het ’n reeks van strekdoelwitte, insluitende die verhoging van die deelnemende spelers tot 50 000, die vordering tot die agtste plek in die wêreldranglys, die oprigting van ’n plaaslike eersterangse struktuur, en die bevordering van krieket tot die vyfde gewildste spansport in Ierland, ingesluit.

Deutrom het reeds in 2009 ’n brief vir die IKR gestuur, waarin hy die voorneme van sy raad om vir volle lidmaatskap aansoek te doen verklaar het – ’n moontlike pad na toetskrieket toe – en om duidelikheid oor dié proses te verkry. Daar was egter geen vaste kriterias nie, waarvolgens dit onduidelik was, wanneer Ierland hierdie stap sou doen. Die voormalige Australiese kolwer Jason Gillespie het gesê dat indien Ierland toetsstatus sal verkry, sal „dit groot nuus vir wêreldkrieket wees, en dit sou ’n massiewe positiewe verhaal vir die wêreldspel wees.“ Ná Ierland se oorwinning teen Wes-Indië tydens die Krieketwêreldbeker 2015 het die voormalige Wes-Indiese snelbouler Michael Holding gesê dat die IKR onmiddellik toetsstatus aan Ierland moet toeken: „hulle moet nou erken word“. Die IKR het in 2015 verduidelik dat Ierland in 2019 toetsstatus sal verkry, indien hulle die Interkontinentale beker 2015–17 wen en die tiende geplaaste toetsland tydens ’n vier-toetsreeks in 2018 verslaan. Op 22 Junie 2017, ná meer as ’n dekade se internasionale krieket van hoogste gehalte, is tydens ’n IKR-vergadering in Londen volle lidstatus aan Ierland (saam met Afghanistan) toegeken, waarvolgens hulle die elfde toetsspan geword het.

Taak

Krieket Ierland organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Ierland se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Men in Green of Green Whites), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Ierland verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Ierse span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Ierland. Net soos ander krieketlande beskik Ierland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem. Ireland Wolves is die tweede nasionale span van Ierland en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die belangrikste krieketligas in Ierland is die Interprovinsiale Kampioenskap in eersterangse krieket (drie spanne), die Interprovinsiale Beker in EDI-krieket (vier spanne) en die Interprovinsiale Trofee in T20-krieket (vier spanne). In 2019 het Krieket Ierland saam met die Koninklike Nederlandse Krieketbond en Krieket Skotland die Euro T20 Slam aangekondig. Aan dié nuwe toernooi sal twee spanne elk uit Ierland, Nederland en Skotland deelneem.

Krieket Ierland organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die Krieketwêreldbeker 1999 (saam met Engeland, Nederland en Skotland). Saam met Engeland en Skotland sal Ierland ook die T20I-wêreldbeker 2030 aanbied.

Simbole

Krieket Ierland 
Vlag van Krieket Ierland

Krieket Ierland se embleem bevat ’n klawerblaar (Shamrock) op ’n krieketbal. Tydens wedstryde word net die beheerliggaam se vlag gehys wat die tradisionele Ierse Shamrock-embleem in groen op ’n donkerblou agtergrond gebruik.

Die Ierse nasionale krieketspan is een van min nasionale spanne op die eiland, wat beide deur Ierse nasionaliste en Unioniste ondersteun word. Aangesien die span sy spelers uit twee aparte lande keur, het dit tot kwessies rondom die vlag en himne tydens hul internasionale wedstryde gelei. As ’n kompromie word sedert die 1990’s voor Ierland se wedstryde Ireland's Call gespeel, ’n spesifiek deur Phil Coulter oorspronklik vir dié eiland se nasionale rugbyspan saamgestelde himne, wat na die vier historiese Ierse provinsies se gevoel van samehorigheid verwys en nie die politieke verdeling noem nie.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Krieket Ierland GeskiedenisKrieket Ierland TaakKrieket Ierland SimboleKrieket Ierland Sien ookKrieket Ierland VerwysingsKrieket Ierland Eksterne skakelsKrieket IerlandDublinEngelsEuropese KrieketraadIerlandInternasionale KrieketraadKrieketNoord-IerlandRepubliek Ierland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BlaarKoppeltekenWaterbesparing in Suid-AfrikaAlkoholismeVarkPretoriaOmtrek, oppervlakte en volumeKerrieMantisNamibwoestynTarentaleSelfmoordOseaan633MonopolyDermpoliepSportPenisEskomPolisieMateriaalWiskundige terminologieTekstielNasiebouKopieregAnale seksMonopolieArendVaste stofYsbeerGriepMenseregteDrakensbergeAkademiaRoofdierElektrolietFiela se kindToekoms van die AardeSuurreënLSiya KolisiAardedagNommertekenDesimale breukeRookgewoonteKlankRacheltjie de BeerAntisemitismeAfrikaansBeeldspraakResensieJoodse kalenderChroniese siekteMeningsverskil oor aardverwarmingSimboolRooipandaPapierAngolese BurgeroorlogTemperatuurWeervoorspellingSkarlakenkoorsSeksueel oordraagbare infeksieKewerDuitsVioolRoesLieweheersbesieVoedselketting23 AprilHeks van HexrivierBernice WestHaasVoëlTienerAmhariesKoperLys van Suider-Afrikaanse soogdiere🡆 More