Konrad Von Würzburg: Middelhoogduitse digter

Konrad von Würzburg (gebore op c.

1225, Würzburg; sterf op 31 Augustus 1287, Basel, Switserland was ‘n Middelhoogduitse digter wat gedurende die verval van die era van ridderlikheid gepoog het om die ideale van die Hoflike bestaan te onderhou. Hy was van nederige afkoms, en het ‘n opeenvolging van beskermhere as professionele digter gedien. Hy het hom uiteindelik in Basel gevestig. Sy werke strek van liefdeslirieke en kort didaktiese gedigte (Sprüche) tot volskaalse epiese werke soos Partonopier und Meliur (Oor die Feetjie liefdestema) en Der Trojanerkrieg (Die Trojaanse Oorlog), welke ‘n relaas van die Trojaanse oorlog is.

Konrad Von Würzburg: Middelhoogduitse digter
Portret van Konrad von Würzburg van die Kodeks Manesse (folio 383r).

Hy is op sy beste in sy korter gedigte, die sekulêre romanse Engelhart, Dasz Herzmaere (Die Hart se Getye), en Kaiser Otte mit dem Barte (Keiser Otto met die Baard), en die godsdienstige legendes Silvester, Alexius, en Pantaleon. Konrad se oorspronklikheid is een van vorm eerder as van inhoud. Hy het Gottfried von Strassburg, een van die meesters van die epiese Hoflike styl, as sy model geneem, en Gottfried se gestileerde tegnieke dikwels byna tot op die punt van oordrywing ontwikkel. In een van sy gedigte rym elke enkele lettergreep byvoorbeeld. Die ingewikkeldheid en eksplisiet-didaktiese karakter van sy poësie het aan hom die agting van sy tydgenote verleen.

‘n Eeu later het die opkomende generasie van artieste-digters wat as die Meistersingers bekend gestaan het vir Konrad as een van die “twaalf ou meesters” van middeleeuse poësie geëer en hulle daarop beroep dat hulle die geestelike opvolgers daarvan was.

Werke

  • Die goldene Schmiede
  • Der Welt Lohn
  • Silvester
  • Alexius
  • Partonopier und Meliur (beruhend auf dem altfranzösischen Roman Partonopeus de Haus Blois; Afrikaans: gebaseer op die ou Franse roman Partonopeus van Huis Blois)
  • Engelhard (Roman) (nur in einem Druck von 1573 überliefert, davon vier Exemplare erhalten, Afrikaans: slegs in 'n druk van 1573 uitgegee, waarvan vier eksemplare bewaar is)
  • Pantaleon
  • Klage der Kunst
  • Konrad Axspitz
  • Herzmäre
  • Trojanerkrieg (einmalige Kombination der Argonautensage mit der homerischen Sage vom Trojanischen Krieg, unvollendet; Afrikaans: eenmalige en unieke kombinasie van die Argonauts-sage met die Homeriese sage van die Trojaanse Oorlog, onvolledig )
  • Turnier von Nantes (früher als Turnier von Nantheiz, galt lange Zeit als erstes Beispiel für umfangreiche Wappendichtung, wird heute eher als politischer Lobpreis angesehen; Afrikaans: Vroeër as Nantheiz se Toernooi voltooi, wat lank reeds as die eerste voorbeeld van omvangryke Wappendichtung beskou word. Die werk word vandag as blote politieke lofprysing beskou.)
  • Heinrich von Kempten (früher als Otte mit dem Barte; Afrikaans: vroeër as Otte mit dem Barte)
  • Der Schwanritter
  • Die Halbe Birne (Autorenschaft Konrads umstritten; Afrikaans: Konrad se outeurskap hiervan is omstrede)

Verwysings

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wiki vertaal.

Tags:

1225128731 AugustusBaselDigterSwitserlandWürzburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wikimedia-stigtingNasionale Etruskiese MuseumP. RamleeOeigoereDominikaKleinkolmuskeljaatkatAartappelKongo-krisisCharles II van EngelandMiddeleeueKijifEstlandWoordeboek van die Afrikaanse TaalMielieStellenboschLianie MayBelastingWaarheid-en-versoeningskommissieSpinnekopWerkloosheidWikipediaRing van VuurThe GuardianDermpoliepLeah van NiekerkPokkeRomeinse RykSt. LuciaMuskeljaatkatMacauKarretjiemenseRenier van RooyenKunsmisRooms-Katolieke KerkFredi NestLi KeqiangFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006Giovanni di BicciYouTube2023 Gaboenese staatsgreepFrankrykJacques LootsWitbloedselTallinnVerenigde NasiesTien GebooieGuineeHartversakingBruin menseIsambard Kingdom BrunelVSA dollarDulcie van den BerghSonsteekAfrikaanse naguilMiltGeskiedenis (vakgebied)Telstar 1Samuel CronwrightPatriotLeeuChristo WieseOopbroninhoudDonkieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinIsaac AlbenizKalenderAardverwarmingSpysverteringstelselJapanDocumentaLouis Trichardt, LimpopoFrans🡆 More