Ring Van Vuur

Die Ring van Vuur, ook bekend as die Pasifiese Vuurgordel, is 'n gebied aan die rand van die Stille Oseaan waar gereelde aardbewings en vulkaniese uitbarstings plaasvind.

Die hoefystervormige gebied is sowat 40 000 km lank en tot 500 km breed.

Ring Van Vuur
Die Pasifiese Vuurgordel.

Dit sluit die Pasifiese kuslyne van Suid-Amerika, Noord-Amerika en Kamtsjatka in, asook sommige eilande in die westelike Stille Oseaan. Hoewel geoloë oor feitlik al die gebiede saamstem wat deel van die Ring van Vuur is, is daar tog gebiede waaroor hulle verskil, soos die Antarktiese Skiereiland en Wes-Indonesië.

Die gordel is 'n regstreekse gevolg van plaattektoniek: veral die beweging, botsings en verwoesting van litosferiese plate onder en om die Stille Oseaan.

Ring Van Vuur
'n Subduksiesone.
Ring Van Vuur
Wêreldkaart van subduksiesones, met kleure wat die dieptes aantoon.
Ring Van Vuur
Aardbewings wêreldwyd (1900-2013)
Ring Van Vuur: Aardbewings van magnitude ≥ 7 (diepte 0-69 km)
Ring Van Vuur: Aktiewe vulkane

Die botsings het 'n feitlik aaneenlopende reeks subduksiesones gevorm, waar vulkane geskep word en aardbewings voorkom. By hierdie konvergente plaatgrense het seetrôe, vulkaanboë en vulkaangordels gevorm.

Die Ring van Vuur is nie 'n enkele geologiese struktuur nie. Vulkaanuitbarstings en aardbewings in elke deel van die gordel kom onafhanklik voor van uitbarstings en aardbewings in ander dele.

Die Ring van Vuur bevat sowat 850 - 1 000 vulkane wat in die afgelope 11 700 jaar aktief was (omtrent twee derdes van die wêreld se totaal). Die grootste vier uitbarstings op Aarde in die laaste 11 700 jaar het by vulkane in die Ring van Vuur plaasgevind en meer as 350 van die ring se vulkane was in historiese tye aktief.

Die Ring van Vuur bestaan al langer as 35 miljoen jaar, maar subduksie vind in sommige dele al langer plaas. Die meeste van die Aarde se vulkane met kruine bo die seevlak is hier geleë. Baie van hulle is stratovulkane (soos Mount Saint Helens), wat deur ontploffende uitbarstings van tefra gevorm word, afgewissel deur uitvloeiende erupsies van lawastrome. Lawa van dié vulkane is hoofsaaklik andesiet en basaltiese andesiet, maar dasiet, rioliet, basalt en skaarser soorte kom ook voor. Ander soorte vulkane sluit in skild- en ondersese vulkane.

Die wêreld se hoogste aktiewe vulkaan is Ojos del Salado (6 893 m), wat in die Andesgedeelte van die Ring van Vuur geleë is. Dit vorm deel van die grens tussen Argentinië en Chili en het laas in 750 n.C. uitgebars. Sowat 76% van die Aarde se seismiese energie word vrygestel as aardbewings in die Ring van Vuur.

Geografiese grense

Konsensus bestaan onder geoloë oor die meeste gebiede wat in die Ring van Vuur ingesluit is. Daar is egter enkele gebiede waaroor verskille bestaan. Indonesië lê by die kruising van die Ring van Vuur en die Alpe-Himalaja-berggordel (die Aarde se ander baie lang subduksieverwante vulkaansone, ook bekend as die Mediterreens-Indonesiese Vulkaangordel, wat oos-wes deur Suid-Asië en Suid-Europa loop). Sommige geoloë sluit die hele Indonesië in die Ring van Vuur in; terwyl baie die westelike eilande uitsluit en as deel van die berggordel reken.

Sommige geoloë sluit die Antarktiese Skiereiland en die Suidelike Shetlandeilande by die Ring van Vuur in, terwyl ander dit uitsluit. Die res van Antarktika en die suidelike punt van Suid-Amerika word uitgesluit omdat die vulkanisme daar nie met subduksie verband hou nie.

Gebiede ingesluit

Verwysings

Tags:

Stille Oseaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Water (molekuul)JuraErfenisdag (Suid-Afrika)Duitse maselsUKhahlamba-DrakensbergparkAluminiumTuisbladGenadedoodRassismeLeah van NiekerkSoweto-opstandHidroëlektrisiteitSpinnekopMateriaalAfkortingAsemhalingAppel (sanger)Die Laaste Avondmaal (Leonardo)MisdaadromanSonnestelselKindersiektesFiela se kind (rolprent)InsekDemokratiese AlliansieAkroniemKatoenSuiwelprodukNasionale PartySwart nasionalismeMantisChristendomVraag en aanbodMetaalBeurtkragBestuiwingTatoeëermerkNatuurrampCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMusiekCarles PuigdemontRekeningkundeMenseregtedagDirekte en Indirekte redeSeevlakstygingNelson MandelaHeupvervangingSiya KolisiKatMuishondRina HugoGevolge van aardverwarming op oseaneGawes van die Heilige GeesAfrikanerweerstandsbewegingEkologieKlavierDriedimensioneelKartografieSeevlakNicole StraussMieliestronkEkonomie van Suid-AfrikaVarkSeekatTienie HollowayWikipediaFotosinteseWaterpokkiesNatuurSpoorvervoer in Suid-AfrikaHannes van WykBiodiversiteitLys van Afrikaanse rolprenteGoudFamilie (verwantskap)SinoniemVerkragtingNatuurlike hulpbronGreen Porno🡆 More