Koninklijke Academie Voor Nederlandse Taal En Letteren

Die Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren (afgekort tot KANTL) is 'n wetenskaplike genootskap wat sedert 1886 die Nederlandse taal en Nederlandse letterkunde bestudeer en stimuleer.

Die Akademie reik jaarliks 'n literêre- en wetenskaplike prys ten bedrae van 5000 euro elk uit.

Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren
Koninklijke Academie Voor Nederlandse Taal En Letteren

Geskiedenis

In 1886 word die Koninklijke Vlaamsche Academie voor Taal- en Letterkunde opgerig. Dit was die eerste amptelike Belgiese instelling wat Nederlands op 'n wetenskaplike wyse bestudeer het. Tydens die oprigting van die akademie is die akademie ook gelas om die letterkunde in die volkstaal te bevorder en inisiatiewe vir die ontwikkeling van die wetenskappe in Nederlands te koördineer. Hiermee beweeg die akademie effens buite die mandaat wat deur sy naam voorgestel word.

In 1924 is regspersoonlikheid aan die instelling toegeken. In 1938 word die Koninklijke Vlaamse Academie van België voor Wetenschappen en Kunsten (Vlaamse Academie voor Letteren, Wetenschappen en Schone Kunsten) en die Koninklijke Academie voor Geneeskunde van België (Vlaamse Academie voor Geneeskunde) gestig. Die Akademie bestaan sedert 1939 uit 30 gewone- en 25 buitelandse erelede.

Die Akademie speel 'n belangrike rol in Vlaamse ontvoogding en versterk die Vlaamse Beweging op kulturele en intellektuele vlak. Wat die politiek betref het die Akademie nog altyd 'n neutraale standpunt gehandhaaf. In 1972 word die instelling herdoop tot die Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL), Tydens die tweede staatshervorming in 1980 is bevoegdheid oor die Akademie oorgedra aan die Vlaamse Gemeenskap, waarmee dit 'n selfstandige en ongebonde Vlaamse owerheidsinstelling geword het. Die Cultuurraad voor de Nederlandse Cultuurgemeenschap het ook 'n dekreet aangeneem waarin onder meer voorsien word dat die Akademie die Vlaamse regering adviseer.

In 2018 word die Akademie se naam vereenvoudig tot Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren, met behoud van die akroniem KANTL. Met ingang 2018 kan daar 'n maksimum van 40 lede en 'n onbepaalde aantal erelede wees.

Verwysings

    Literatuur
  • Max Rooses, "De stichting der Koninklijke Vlaamse Academie", in: Nederlandsch Museum, 1893, vierde reeks (III)
  • Willy Rombauts, De Koninklijke Vlaamse Academie voor Taal -en Letterkunde (1886-1914). Haar geschiedenis en haar rol in het Vlaamse cultuurleven, 1979
  • Gedenkboek van de Eeuwfeestviering 1886-1986, 1986
  • Johan Decavele en Joris de Zutter, Honderd jaar Vlaamse Academie te Gent, 1986
  • Willy Rombauts en Marcel Hoebeke, De Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, 1886-1986, 1986
  • Els Witte, "De Brusselse voorgeschiedenis van de Vlaamse Academie te Gent. Compromisvorming tussen flaminganten en unionisten (1836-1946)", in: De Academie en het Nederlands in verleden, heden en toekomst (= Verkenningen in de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, nr. 2), 2013
  • Leen Huet, Een schone gevel met zijn sieraden en wat zich daarachter bevindt (= Verkenningen in de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, nr. 3), 2016
    Voetnote


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

1886Nederlands

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkkedisWarmlugballonSkildklierWiskundige terminologieQR-kodeKaliumMantisWikinewsAnale kankerAnale seks.npGeelstertKalenderLangste woordOrale seksWassily KandinskyWindkragSeksposisieBergskilpadDoodstrafBruin huisslangDierBTWRatelAfrikaanse TaalmonumentHemelvaart1991KoorsblaarPornhubKlimaatMarie PentzTweede VryheidsoorlogVoedingRugbywêreldbeker 2023SonnestelselWikipediaKlem-in-die-kaakRobin WilliamsTaalwetenskappeRenier van RooyenGriekelandWynand StrydomTrappe van vergelykingSenuweestelselNederduitse Gereformeerde KerkLys van politieke partye in Suid-AfrikaFotosinteseWetenskaplike klassifikasieErica Boyer2023MynbouAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSportLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaNamibiëSuikerbekkiesBrandstofAdamSuid-Afrikaanse GrensoorlogFord GalaxyOnderhandelinge om apartheid te beëindigAmhariesDaggaWhatsAppDoziOnderwysKonjunktivitisGalblaasAfrikaanse woordelys en spelreëlsMenslike penisgrootteApostoliese GeloofsendingGewone janfrederik🡆 More