Die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen (KNAW) is 'n vereniging van uitmuntende skolastici.
Die organisasie bestaan uit nasionale wetenskaplike institute en 'n adviesliggaam vir die Nederlandse regering op die gebied van die wetenskappe. Die Akademie is geleë in die Trippenhuis in Amsterdam.
Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen | |
---|---|
Die doel van die Akademie is om die beoefening van die wetenskappe in Nederland te bevorder. Die meeste ander lande het 'n soortgelyke wetenskapsakademie, soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Suid-Afrika, die Royal Society in Engeland, die National Academy of Sciences in die Verenigde State en die Koninklijke Vlaamse Academie van België voor Wetenschappen en Kunsten in Vlaandere.
Die KNAW is 'n genootskap van uitstekende wetenskaplikes en ook 'n instituutorganisasie. Die KNAW vervul drie take:
Die KNAW het ongeveer 500 lede. Hulle maak deel uit van die Afdeling vir Letterkunde of die Afdeling vir Fisika. Die KNAW was van oudsher af 'n genootskap van uitnemende Nederlandse wetenskaplikes. Lede word gekies op grond van wetenskaplike prestasies van hoë gehalte. Lidmaatskap is lewenslank. Vanaf Mei 2011 sal die Akademie jaarliks 'n maksimum van 16 nuwe lede kies op grond van benoemings van binne en buite die Akademie. Die besluite van eksterne referente sal voortaan by die keuse ingesluit word.
In Nederland is lidmaatskap van die KNAW 'n groot eerbetoon. Die Akademie het gewone- en buitelandse lede.
Die KNAW het vanaf 1855 tot 2017 uit twee afdelings bestaan:
Sedert 1 Januarie 2017 is die genootskap in vier domeine verdeel:
Die algemene vergadering van die Akademie benoem 'n raad uit sy lede en stel die reglemente vas.
Die Raad van die Akademie stel die beleid en begroting vas. Die daaglikse bestuur is in die hande van die hoofdirekteur.
Die Raad van die Akademie bestaan uit die president, twee vise-presidente (waarvan een ook algemene sekretaris is) en die vier voorsitters van die domeinbesture. Die president is voorsitter van die direksie. Hy of sy word vir 'n tydperk van drie jaar aangestel, met die opsie om weer aangestel te word vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar, op voorwaarde dat hy of sy op die datum van heraanstelling nog nie die ouderdom van 67 bereik het nie. Hierdie posisie word sedert 1 Junie 2020 deur die klassikus Ineke Sluiter ingeneem.
De Jonge Akademie is in 2005 gestig. Die Jonge Akademie bestaan uit jong navorsers wat minder as tien jaar gelede hul doktorsgraad behaal het en wat hulle reeds op wetenskaplike gebied onderskei het en 'n wye belangstelling in wetenskap het. Daar word jaarliks tien nuwe lede vir De Jonge Akademie verkies. Lede tree na vyf-jaar lidmaatskap uit.
Die Akademie van Kunste het op 23 April 2014 onder minister Jet Bussemaker van die Ministerie van Onderwijs, Cultuur en Wetenschap (OCW) begin. Die Akademie beskik tans oor 50 lede uit alle gebiede van die kunste. Die Akademie het ten doel om die stem van die kunste in die Nederlandse samelewing (ingesluit politiek) uit te druk en om die wisselwerking tussen die kunste onderling, die kunste en die maatskappy en tussen wetenskap en kuns te bevorder.
Die volgende ondersoeksinstitute maak deel uit van die oorkoepelende KNAW-organisasie:
'n Belangrike deel van die openbare werking en belang van die Akademie kan teruggespoor word na sy publikasies. Enkele belangrike reekse was:
Die KNAW gee verder verskeie publikasies uit, van ondersoekverslae en advies tot bundels van lesings (simposia en kongresse), gedragskodes en protokolle.
'n Aantal prestigeryke wetenskaplike pryse word onder beheer van Akademiekommissies toegeken:
In die 18de eeu is verskeie verenigings gestig met die doel om die wetenskappe te bevorder. Voorbeelde van verenigings wat vandag nog bestaan is die Bataafs Genootschap voor Proefondervindelijke wijsbegeerte wat in 1761 gestig is en die Koninklijke Hollandsche Maatschappij der Wetenschappen, wat in 1752 gestig is. Die verenigings is plaaslik georganiseer, dikwels deur provinsies. Die verenigings het kompetisies gereël en die beste verhandelings is gepubliseer. Een eenheid, die Oeconomische Tak, wat in 1777 gestig is, het ondernemers probeer aanmoedig om werk vir armes te vind en kinders opleiding te gee in die hantering van spin- en weeftoestelle deur kompetisies te organiseer. Die Oeconomische Tak was die voorganger van die huidige Nederlandsche Maatschappij voor Nijverheid en Handel (NMNH).
Nadat die provinsies verenig is onder die vasalstaat, die Koninkryk van Holland, was daar 'n begeerte om 'n sambreelinstituut vir wetenskappe te vorm in navolging van die Institut de France in Parys. Ingevolge 'n dekreet van 4 Mei 1808 het Koning Louis Napoleon die Koninklijk Instituut van Wetenschappen, Letterkunde en Schoone Kunsten gestig. Hierdie instituut was die voorganger van die Koninklijk Instituut van Wetenschappen, Letterkunde en Schoone Kunsten. Die Koninklijke Instituut was 'n adviesliggaam vir kulturele beleid en moes hulself “bezig houden met het volmaken der Wetenschappen en Kunsten, om derzelver vorderingen in het Rijk bij Buitenlanders bekend te doen worden, en uitvindingen of vorderingen elders gemaakt hier te lande in te voeren”. Die wiskundige en fisikus Jean Henri van Swinden het die eerste algemene voorsitter geword.
Die Koninklijke Instituut het uit vier klasse bestaan:
Na die abdikasie van Louis Napoleon, die ontbinding van die Koninkryk van Holland en inlywing in die Franse Ryk in 1810, is die instituut toegelaat om as Hollandsch Instituut voort te gaan. Aan die einde van April 1812 het die instituut ingetrek in die Trippenhuis. Ingevolge 'n keiserlike dekreet van 21 Oktober 1812 is bepaal dat die instituut as Institut d'Amsterdam onderhou sou word. Na die terugkeer van die Huis van Oranje-Nassau in 1813 het die soewereine prins op 2 Februarie 1814 besluit dat die instituut met sy aktiwiteite moes voortgaan. Aanvanklik het dit bekendgestaan as die Nederlandsch Instituut van Wetenschappen, Letterkunde en Schoone Kunsten, maar op 6 April 1816 is die instituut volgens 'n koninklike dekreet herdoop tot Koninklijk-Nederlandsche Instituut van Wetenschappen, Letteren en Schoone Kunsten
Die Minister van Binnelandse Sake, Johan Rudolph Thorbecke, self lid van die Koninklijke Instituut, het die instituut volgens 'n koninklike besluit van 26 Oktober 1851 ontbind. In die plek daarvan is 'n "Koninklijke Akademie van Wetenschappen" in 1851 opgerig. Die Akademie moes fokus op die "bevordering der Wis- en Natuurkunde in haren gehelen omvang". Die regering het meer ag geslaan op die advies van die Eerste Klasse (wiskunde en fisika) as die skone kunste. Vanweë die doelwitverandering van die Akademie kon 'n aantal voormalige lede van die Instituut nie as lede van die Akademie aangestel word nie. Onder andere is Da Costa nie aangestel nie, tot groot verontwaardiging van Guillaume Groen van Prinsterer, wat daarna ook sy aanstelling geweier het. Ook Thorbecke, wat betrokke was by die ontbinding van die Instituut, is nie as lid aangestel nie.
Na die val van eerste minister Johan Rudolph Thorbecke het die nuwe regering die doel van die Akademie in 1855 uitgebrei met die “bevordering der taal- letter- geschiedkundige en wijsgerige wetenschappen”. Vanaf daardie oomblik tot 2017 sou die Akademie uit twee departemente bestaan, gerieflikheidshalwe die departemente Letterkunde en Fisika. Die kunstenaars sou eers in 2014 terugkeer, naamlik in die Akademie van Kunsten.
Die Akademie het in 1938 sy huidige naam gekry. Die woord "Nederlandse" is by die naam van die Akademie gevoeg. Van nou af sou dit die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen heet. In weerwil van die spelreëls is die "k" nie na 'n "c" verander nie; sodoende hou die Akademie by sy Griekse wortels.
Die nuwe Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen kon egter net 'n kort tydjie sy nuwe naam geniet. In opdrag van die Duitse besetter moes die voorsetsel "Koninklijke" onmiddellik van die naam verwyder word. Na die oorlog is die nuwe naam dadelik in ere herstel.
Met die inwerkingtreding van die Wet op het hoger onderwijs en wetenschappelijk onderzoek het die Akademie in 1993 sy huidige regsvorm aangeneem as "regspersoon met wetlike taak".
Sedert 1973 het die Akademie 'n president as voorsitter. Die presidente was :
Vanaf 1960 beskik die KNAW-organisasie naas 'n voorsitter ook oor 'n algemene direkteur:
Die argief van die KNAW, en die van sy voorgangers vanaf 1808 tot 1993, word beheer deur die Noord-Hollands Archief in Haarlem.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.