Kladow is die mees suidelike geleë stadsbuurt in die Berlynse administratiewe distrik Spandau.
Kladow | |
---|---|
Stadsdeel | |
Die ou dorpskerk van Kladow in die winter | |
Ligging in Berlyn | |
Koördinate: 52°27′11″N 13°8′34″O / 52.45306°N 13.14278°O 13°8′34″O / 52.45306°N 13.14278°O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Berlyn |
Distrik | Spandau |
Eerste verwysing | 1267 |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,8 km2 (5,7 vk. myl) |
Hoogte | 35 m (115 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 15 495 |
• Digtheid | 1 048/km2 (2 710/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 14089 |
Skakelkodes | 030 |
Kladow word in die noorde deur die stadsbuurt Gatow, in die ooste en suidooste van die Havel-rivier en in die weste en suidweste deur die deelstaat Brandenburg begrens. Hier lê ook Gatow se buurdorpe Sacrow en Groß-Glienicke. Met sowat 14 000 inwoners behoort Kladow tot die Berlynse stadsbuurte wat hulle dorpskarakter bewaar het.
Die eerste historiese verwysing na die dorp as Clodow dateer van 1267 en maak van Kladow een van die oudste landelike nedersettings in die distrik Spandau. 'n Groter aantal mense het hulle eers teen die begin van die 19de eeu in die voormalige boeredorp gevestig.
Met die skepping van Groot-Berlyn (Duits: Groß-Berlin) in 1920 is Kladow by die Duitse hoofstad ingelyf. In die jare 1934 en 1935 het die plaaslike vliegveld ontstaan wat na die Tweede Wêreldoorlog by die noordelike stadsbuurt Gatow ingesluit is. As Gatow-lughawe was dit naas Berlyn-Tempelhof en Berlyn-Tegel een van die drie lughawens in die hoofstad wat gedurende die Berlynse Lugbrug deur geallieerde lugmagte gebruik is.
Kladow is vandag nog steeds 'n dorp in die metropool. 'n Aantal historiese geboue soos die landgoed Neukladow (1800) en die dorpskerk (1818) dateer uit die 17de en 18de eeu. Nogtans is daar ook nuwe woonkwartiere opgerig soos die Finse buurt uit die jare 1959/1960 (Finnenhaussiedlung, 'n kwartier wat in 'n tipies Finse boustyl uitgevoer is).
Nadat die Gatow-lughawe gedeeltelik weer by Kladow ingesluit is, is die nuutste bouprojek Landstadt Gatow aangepak. 'n Nuwe winkelsentrum, die Cladow-Center, het tot 'n strawwe mededinger vir winkels in die ou dorspskern ontwikkel.
Die Berlynse openbare vervoeronderneming BVG verbind Kladow deur busdienste met die middestede van Spandau, Potsdam en Berlyn. Daar is ook 'n gereelde pontdiens tussen Kladow en die stadsbuurt Wannsee in die suidweste van Berlyn.
Wiki Commons bevat media in verband met Kladow. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kladow, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.