Kikimora

’n Kikimora (Russies: кики́мора) is ’n vroulike huisgees in die Slawiese folklore.

Wanneer sy in ’n huis woon, bly sy agter die stoof of in die kelder. Die Oxford English Dictionary verbind die woord "mora" met die Engelse woorddeel mare in nightmare.

Kikimora
Illustrasie uit 1934 deur Iwan Bilibin.

Daar is twee verskillende soorte kikimoras. Die een van die woud is getroud met die domowoi. Die ander een kom uit die moeras (кики́мора боло́тная) en is getroud met die lesji. Jy kan haar teenwoordigheid sien aan haar nat voetspore. Wanneer die bouers van ’n huis iets kwaadwilligs wil doen aan die mense wat die huis koop, sal hulle ’n kikimora inbring. As sy eers in die huis is, is dit moeilik om van haar ontslae te raak.

As die huishouding reg verloop, sal die kikimora vir die kuikens en die huiswerk sorg. Indien nie, sal sy fluit, goed breek en snags ’n lawaai maak. Sy kom ook snags uit om te weef.

Die mite is die basis vir Kikimora (op. 63), ’n simfoniese gedig deur Anatoli Ljadof. Hy het geskryf dat sy saam met ’n towenaar in die berge grootword. Van sonsopkoms tot sonsondergang vermaak die towenaar se kat haar met verhale uit die antieke tyd oor verafgeleë plekke terwyl Kikimora in ’n wieg van kristal wieg.

Die kikimora word ook deur die skrywer Wladimir Megre genoem. Hy vergelyk ’n man wat dom trou met een wat met ’n kikimora trou. ’n Voetnoot in die Engelse weergawe beskryf ’n kikimora as ’n bose vroulike gees wat die inwoners, veral die mans, steur. Dit veronderstel ook ’n lelike vrou met slordige klere wat nors is en brom en die lewe van haar man (en mans in die algemeen) ondraaglik maak.

’n Genus van die Linyphiidae-familie spinnekoppe wat in 1988 deur Kirill Eskof ontdek is, word Kikimora palustris genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsOxford English DictionaryRussiesSlawiese folklore

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaselsMetafoorKlimaatSuid-Afrikaanse randRosa ParksBruin huisslangFotosintesePesachInternet van DingeMieliestronkLuiperdOnderhandelinge om apartheid te beëindigLettergreepGedigMonopolieKarakteriseringMahatma GandhiTsongaStollingsgesteenteTuberkuloseSuikersiekteMpumalangaWêreld- Ekonomiese ForumBreyten BreytenbachEmfiseemMisdaadromanStereotipeLys van Afrikaanse rolprenteSatellietBybelBoomKlankverskynselsDiplopodaKomplementêre kleureGroepsgebiedewetVleilandDuitse maselsNag van die lang messeKunsTekstielMusieksimboleSpecial Air ServiceKorrupsieLandbou-ingenieursweseProstaatklierAvbobEreksieSeksuele opwekkingNetbalMuscat Internasionale LughaweNierversakingCristiano RonaldoOligopolieGriekwa-AfrikaansNasionale VrouedagPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMisdaadSeekoeiAspoestertjieChristendomJesus van NasaretEerste WêreldoorlogWeervoorspellingCorioliskragNedersettingAfvalbestuurAppelWet op Afsonderlike GerieweWaarheid-en-versoeningskommissieJode in Suid-AfrikaMalariaBynierBlomBloedsomloopstelsel🡆 More