Kanadese Dollar

Die Kanadese Dollar (ISO 4217-kode: CAD) is die amptelike geldeenheid van Kanada.

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal 200%

Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.

Terwyl die International Organization for Standardization (ISO) se kode CAD (drie letters sonder monetêre simbole) algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$ (wat deur die Kanadese regering volgens The Canadian Style Guide aanbeveel en ook deur die Internasionale Monetêre Fonds gebruik word), Can$ en CDN$ (volgens Editing Canadian English) vir die Kanadese geldeenheid.

Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk.

Geskiedenis

Die geskiedenis van Kanada se geldeenheid weerspieël die verswakkende ekonomiese bande met die Verenigde Koninkryk en die belang van sy toenemende handel met die Verenigde State. Die relatief sterk handelsbande met die VSA was ook 'n beslissende faktor by Kanada se besluit in die 1850's om ten spyte van Britse opposisie eerder die dollar as amptelike geldeenheid te kies as die pond. Nogtans het sowel Amerikaanse as Britse muntstukke tot by die 1930's naas die nasionale Kanadese banknote en muntstukke 'n wettige betaalmiddel in Kanada gebly.

Die ekonomiese invloed van die VSA het ook Kanada se wisselkoersbeleid oorheers: Gedurende die 19de en vroeë 20ste eeu het albei lande die goudstandaard gehandhaaf en hul geldeenhede gevolglik teen pariteit verhandel. Vanweë die afwykende struktuur van Kanadese uitvoere – die land is in teenstelling met die VSA nogal 'n beduidende uitvoerder van verwerkte goedere – en die noodsaaklikheid om sy eie ekonomiese doelwitte met 'n onafhanklike makro-ekonomiese beleid te bereik, het Kanada in 1950 en 1970 voorkeur aan 'n fluktuerende wisselkoers gegee. In September 2007 het die Kanadese dollar - net soos in 1976 - weer teen pariteit met die Amerikaanse dollar verhandel.

Notas

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Kanadese Dollar GeskiedenisKanadese Dollar NotasKanadese Dollar VerwysingsKanadese Dollar BronneKanadese Dollar Eksterne skakelsKanadese DollarKanada

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonopolyLys van Nederlandse skildersHartseerByLys van Suid-Afrikaanse musikanteSimmetrieMigrasie van voëlsTydSlawernySout (chemiese stof)RoemeensSeksueel oordraagbare infeksieSuid-Afrikaanse WeermagKhoikhoiFinale OplossingTamatieMangelontstekingProksemikaGrondWoestynBreinvliesontstekingKinderregteSirkelSwartrenosterHemelvaartAarverkalkingRudi ClaaseGalblaasOmtrek, oppervlakte en volumeSwangerskapNoord-KaapLys van hoofstedeFibonacci-reeksSuid-Afrikaanse InkomstediensSonLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAdolf HitlerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWayde van NiekerkSonnestelselRookgewoonteKlavierGrondwet van Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)SkynprivaatnetwerkRina HugoPad na jou hartBeesvleisAvbobInligtingBewussynSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieSenuweestelselHart22 NovemberMenslike skeletJaco JacobsSendelingposisieSwartbewussynsbewegingJansenvilleKoue OorlogWortelAfro-AmerikanersMantisDawidBosluisbytkoorsSportLongProteïenOranjerivierMorfologie (taalkunde)Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog🡆 More