Kampioenetrofee 1998

Die Kampioenetrofee 1998 (Engels: 1998 ICC KnockOut Trophy) is van 24 Oktober tot 1 November 1998 in Bangladesj beslis.

Dit was die eerste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Beker 1988 die tweede vername kriekettoernooi in Bangladesj. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 1998 (KnockOut Trophy 1998) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend. Die Kampioenetrofee 1998 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Internasionale Beker 1998 (Wills International Cup), genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut. Die toernooi is oorspronklik geskoei op FIFA se Sokker-Konfederasiebeker, waar die beste spanne van hul onderskeie konfederasies teen mekaar meeding, maar in hierdie geval het die beste spanne van die IKR EDI-Kampioenskap teen mekaar meegeding. Die IKR het die kort kriekettoernooi van stapel gestuur om fondse in te samel vir die ontwikkeling van die spel in nietoetsspelende lande.

Kampioenetrofee 1998
Kampioenetrofee 1998
Kenteken van die Kampioenetrofee 1998
Datums 24 Oktober – 1 November
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Uitklopfase
Gashere Vlag van Bangladesj Bangladesj
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
Deelnemers 9
Wedstryde gespeel 8
Speler van die reeks Vlag van Suid-Afrika Jacques Kallis
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Philo Wallace (221)
Meeste paaltjies Vlag van Suid-Afrika Jacques Kallis (8)
← Geen
2000

Die destydse nege toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 1998 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het moes die twee laagste spanne in die EDI-ranglys om die agtste plek speel. Vervolgens het Nieu-Seeland teen Zimbabwe in die voorwedstryd gespeel. Nieu-Seeland het Zimbabwe met vyf paaltjies verslaan en sodoende sy plek in die kwarteindrondte bespreek. Al die agt wedstryde is op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Die toekomstige toetsland en gasheer Bangladesj het egter nie aan dié toernooi deelgeneem nie.

In die eindstryd het Suid-Afrika Wes-Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj as gasheer vir die Kampioenetrofee 1998 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Bangladesj het nie aan dié toernooi deelgeneem nie aangesien hulle destyds geen toetsland was nie, hoewel hulle die IKR-trofee 1997 gewen en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer het. Een van die ergste oorstromings in die streek het die toernooi ernstig bedreig. Die toernooi het egter voortgegaan en die Bengaalse Krieketbeheerraad het belowe om 10% van die hekgeld aan die eerste minister se fonds vir vloedverligting te skenk. Ná die Asiatiese Beker 1988 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj beslis is.

Deelnemers

Die destydse nege toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 1998 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.

Span Kwalifiseringmetode Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 1998  Australië Volle lede Debuut
Kampioenetrofee 1998  Engeland Debuut
Kampioenetrofee 1998  Indië Debuut
Kampioenetrofee 1998  Nieu-Seeland Debuut
Kampioenetrofee 1998  Pakistan Debuut
Kampioenetrofee 1998  Sri Lanka Debuut
Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika Debuut
Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië Debuut
Kampioenetrofee 1998  Zimbabwe Debuut

Stadion

Die Kampioenetrofee 1998 is op die Bengaalse Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Altesaam agt wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 1998 gespeel, waaronder die voorwedstryd en die uitklopfase.

Dhaka
Bangabandhu Nasionale Stadion
23°43′40.2″N 90°24′48.4″O / 23.727833°N 90.413444°O / 23.727833; 90.413444 (Bangabandhu Nasionale Stadion)
Kapasiteit: 36 000
Kampioenetrofee 1998 
Kampioenetrofee 1998 
Kampioenetrofee 1998 
Bangabandhu Nasionale Stadion
Kampioenetrofee 1998 (Bangladesj)

Formaat

Die Kampioenetrofee 1998 is oor nege dae tussen nege verskillende spanne oor agt wedstryde beslis. Dit het op 24 Oktober 1998 op Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka met die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 1 November met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Wes-Indië, waartydens die Proteas die Kampioenetrofee ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 1998 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op die voorwedstryd, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Uitklopfase
Oktober/November
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
31
So
1
Uitklopfase 1 1 1 1 1 1 1 1
Verklaring

   Voorwedstryd

   Uitklopfase

   Eindstryd

Voorwedstryd

Die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe was die enigste wedstryd voor die uitklopfase om te bepaal watter van die twee spanne na die uitklopfase deurdring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner van die voorwedstryd het na die uitklopfase deurgedring, terwyl al die ander toetslande die toernooi in die kwarteindrondte begin het. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Spanne

Al die destydse nege toetslande het aan die toernooi deelgeneem. Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan een maand voor die begin van die toernooi tot 14 verminder is.

Wedstryde

Die Kampioenetrofee 1998 het hoofsaaklik uit die uitklopfase bestaan en al die destydse toetslande het daaraan deelgeneem. Dus kon nege spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat twee spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste van die agt spanne te bepaal. Aanvanklik is aangekondig dat die nege spanne volgens die Krieketwêreldbeker 1996 se plasings gerangskik sou word. Die trekking wat uiteindelik vrygestel is, was egter aangepas ten gunste van sommige van die spanne met ’n groter aanhangerskap, waarvolgens Nieu-Seeland teen Zimbabwe gespeel het om te bepaal watter span die uitklopfase haal.

Voorwedstryd

24 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Zimbabwe
258/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Nieu-Seeland
260/5 (50 boulbeurte)
Alistair Campbell 100 (143)
Geoff Allott 3/54 (8 boulbeurte)
Stephen Fleming 96 (130)
Andy Whittall 1/35 (8 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vyf paaltjies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Stephen Fleming (NZ)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Alex Tait, Mark Bailey en Matthew Bell (almal (NZ), asook Neil Johnson (Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Alistair Campbell (Zim) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfase

Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd
                   
25 Oktober – Dhaka        
 Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika  283/4
30 Oktober – Dhaka
 Kampioenetrofee 1998  Engeland  281/7  
 Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika  240/7
26 Oktober – Dhaka
   Kampioenetrofee 1998  Sri Lanka  132  
 Kampioenetrofee 1998  Nieu-Seeland  188
1 November – Dhaka
 Kampioenetrofee 1998  Sri Lanka  191/5  
 Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika  248/6
28 Oktober – Dhaka
   Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië  245
 Kampioenetrofee 1998  Indië  307/8
31 Oktober – Dhaka
 Kampioenetrofee 1998  Australië  263  
 Kampioenetrofee 1998  Indië  242/6
29 Oktober – Dhaka
   Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië  245/4  
 Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië  289/9
 Kampioenetrofee 1998  Pakistan  259/9  
 

Kwarteindrondte

25 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Engeland
281/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika
283/4 (46.4 boulbeurte)
Adam Hollioake 83 (91)
Jacques Kallis 3/48 (10 boulbeurte)
Daryll Cullinan 69 (70)
Graeme Hick 1/28 (7 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met ses paaltjies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind)
Speler van die wedstryd: Daryll Cullinan (RSA)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Alan Dawson en Dale Benkenstein (albei RSA) het hul EDI-debuut gemaak.
26 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Nieu-Seeland
188 (49.5 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Sri Lanka
191/5 (41.3 boulbeurte)
Adam Parore 54 (87)
Muttiah Muralitharan 3/31 (10 boulbeurte)
Arjuna Ranatunga 90* (116)
Simon Doull 2/17 (5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met vyf paaltjies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: David Shepherd en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Arjuna Ranatunga (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
28 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Indië
307/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Australië
263 (48.1 boulbeurte)
Sachin Tendulkar 141 (128)
Michael Kasprowicz 3/71 (9 boulbeurte)
Mark Waugh 74 (79)
Sachin Tendulkar 4/38 (9.1 boulbeurte)
Indië wen met 44 lopies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Sachin Tendulkar (Ind)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sachin Tendulkar (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
29 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië
289/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Pakistan
259/9 (50 boulbeurte)
Philo Wallace 79 (58)
Wasim Akram 3/55 (10 boulbeurte)
Ijaz Ahmed 51 (64)
Keith Arthurton 4/31 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 30 lopies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: David Orchard (RSA) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Keith Arthurton (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Halfeindrondte

30 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika
240/7 (39 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Sri Lanka
132 (23.4 boulbeurte)
Jacques Kallis 113* (100)
Nuwan Zoysa 2/34 (6 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 22 (17)
Steve Elworthy 3/21 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 92 lopies (D/L-metode)
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind)
Speler van die wedstryd: Jacques Kallis (RSA)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 39 boulbeurte per span.
  • Verdere reën lei tot ’n hersiene D/L-teiken van 224 lopies in 34 boulbeurte.
  • Jacques Kallis (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
31 Oktober 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Indië
242/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië
245/4 (47 boulbeurte)
Sourav Ganguly 83 (116)
Mervyn Dillon 3/38 (8 boulbeurte)
Shivnarine Chanderpaul 74 (74)
Sachin Tendulkar 2/29 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met ses paaltjies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: David Orchard (RSA) en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Mervyn Dillon (WI)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Reon King (WI) het sy EDI-debuut gemaak.

Eindstryd

1 November 1998

Telkaart
Kampioenetrofee 1998  Wes-Indië
245 (49.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika
248/6 (47 boulbeurte)
Philo Wallace 103 (102)
Jacques Kallis 5/30 (7.3 boulbeurte)
Hansie Cronjé 61* (77)
Phil Simmons 2/45 (8 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met vier paaltjies
Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka
Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Jacques Kallis (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Philo Wallace (WI) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Jacques Kallis (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.


Kampioenetrofeewenner 1998
Kampioenetrofee 1998  Suid-Afrika

Statistiek

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 Kampioenetrofee 1998  Philo Wallace 221
2 Kampioenetrofee 1998  Jacques Kallis 164
3 Kampioenetrofee 1998  Shivnarine Chanderpaul 150
4 Kampioenetrofee 1998  Sachin Tendulkar 149
5 Kampioenetrofee 1998  Hansie Cronjé 148
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 Kampioenetrofee 1998  Jacques Kallis 8
2 Kampioenetrofee 1998  Sachin Tendulkar 6
Kampioenetrofee 1998  Mervyn Dillon
4 Kampioenetrofee 1998  Keith Arthurton 4
Kampioenetrofee 1998  Steve Elworthy
Kampioenetrofee 1998  Muthiah Muralidaran
Kampioenetrofee 1998  Hansie Cronjé
Kampioenetrofee 1998  Geoff Allott
Kampioenetrofee 1998  Pat Symcox

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 1998 

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 1998 ToewysingKampioenetrofee 1998 DeelnemersKampioenetrofee 1998 StadionKampioenetrofee 1998 FormaatKampioenetrofee 1998 SpanneKampioenetrofee 1998 WedstrydeKampioenetrofee 1998 StatistiekKampioenetrofee 1998 Sien ookKampioenetrofee 1998 VerwysingsKampioenetrofee 1998 Eksterne skakelsKampioenetrofee 1998BangladesjEngelsFIFAIndiëInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKampioenetrofee 2002KrieketSigaretSokker-Konfederasiebeker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Byung-Chul HanDeon GrootAfrikaansGalileo GalileiMarsRooms-Katolieke KerkAfleiding (taalkunde)KommunismeLeeuJeugdagSeekoeiDysselsdorpHematurieSeksualiteitAluminiumKrieketSpreeuProvinsies van Suid-AfrikaKindermishandelingMoedersdagBeroerteFabelKweekhuiseffekDramaMadison IvySirkelInfeksieJapanVoorsetselEkonomieAarverkalkingSinsbouMuskietSebraVratGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaTegnologieKorrupsieMikro-ekonomieCremonaSterSeksuele opwekkingMigrasie van diereSmaakGordelroosViëtnamJuraVars waterKoorsblaarLettergreepNasionale lied van Suid-AfrikaPolitieke partySendelingposisieKlereDigitale en analogiese tydAppelElana AfrikaLys van kinderspeletjiesToerismeLenteAbstraksie (rekenaarwetenskap)Verlede tydJode in Suid-AfrikaYouTubeSias ReineckePaasfeesGoogle TranslateBeesvleisNelson MandelaWaterbesoedelingMaselsLys van Afrikaanse rolprenteErfenisdag (Suid-Afrika)InsekJagluiperdIndustriële RevolusieSelfvertroueEnkelvoudige sin🡆 More