Kampioenetrofee 2025

Die Kampioenetrofee 2025 (Engels: 2025 ICC Champions Trophy) sal in Februarie en Maart 2025 in Pakistan beslis word.

Kampioenetrofee 2025 Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Dit sal die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Pakistan. Die gasheer is ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 sal agt jaar ná die vorige toernooi plaasvind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie nog.

Kampioenetrofee 2025
Datums Februarie – Maart
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Pakistan Pakistan
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2017
2029

Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 sal aan die Kampioenetrofee 2025 deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Toewysing

In 2016 het die IKR aangekondig dat hulle met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg sal doen. Die IKR se doelwit was om vir elk van die drie formate slegs een toernooi te hê. In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word. In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2025 deur die Internasionale Krieketraad aan Pakistan toegewys. Dit sal die eerste belangrike toernooi in Pakistan wees sedert die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan, aangesien dit ná dié aanval van sy gasheerregte vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem is. Die laaste vername toernooi in Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1996, wat hulle saam met Indië en Sri Lanka aangebied het. Ramiz Raja, die Pakistanse Krieketraad se huidige voorsitter, het dié beheerraad se belangstelling aangekondig om ’n stuk grond in Islamabad te koop vir ’n beplande krieketstadion wat betyds vir die toernooi sal klaar wees.

Deelnemers

Agt spanne sal aan die Kampioenetrofee 2025 kan deelneem.

Kwalifiserende spanne

Die beste sewe spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 het saam met die gasheer Pakistan regstreeks gekwalifiseer. Hulle is Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 2025  Pakistan Gasheer Negende 2017 Kampioen (2017)
Kampioenetrofee 2025  Afghanistan Regstreeks Eerste Debuut
Kampioenetrofee 2025  Australië Negende 2017 Kampioen (2006, 2009)
Kampioenetrofee 2025  Bangladesj Sesde 2017 9de plek (2000, 2006)
Kampioenetrofee 2025  Engeland Negende 2017 Naaswenner (2004, 2013)
Kampioenetrofee 2025  Indië Negende 2017 Kampioen (2002, 2013)
Kampioenetrofee 2025  Nieu-Seeland Negende 2017 Kampioen (2000)
Kampioenetrofee 2025  Suid-Afrika Negende 2017 Kampioen (1998)

Formaat

Die Kampioenetrofee 2025 sal tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis word. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017 gebruik.

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2025 sal deur agt nasionale krieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van albei groepe dring na die uitklopfase deur.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis word.

Wedstryde

Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die beste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groepfase

Groep A

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t

Groep B

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t
2025
t

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
 Wenner Groep A  
 Naaswenner Groep B  
     Wenner Halfeindstryd 1
   Wenner Halfeindstryd 2
 Wenner Groep B
 Naaswenner Groep A  

Halfeindrondte

2025
Wenner Groep A
t
Naaswenner Groep B
2025
Wenner Groep B
t
Naaswenner Groep A

Eindstryd

2025
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Kampioenetrofeewenner 2025
Eindstrydwenner

Sien ook

Verwysings


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 2025 

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 2025 ToewysingKampioenetrofee 2025 DeelnemersKampioenetrofee 2025 FormaatKampioenetrofee 2025 WedstrydeKampioenetrofee 2025 Sien ookKampioenetrofee 2025 VerwysingsKampioenetrofee 2025EngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKampioenetrofee 2017KrieketPakistan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AntoniemGrondwetBruce FordyceBeurtkragSlangNazi-DuitslandJapanWoordOrgasmeFabelSowjetunieAfleiding (taalkunde)WaterbesoedelingWet op Afsonderlike GerieweSonkragGroot vyfOranjerivierGholfPad na jou hartPlastiekVeelvuldige skleroseGrondLien se lankstaanskoeneBesoedelingLyfstraf in skoleChemiese verbindingNylsvley-natuurreservaatErektiele disfunksieOlimpiese Somerspele 2024AluminiumKangogrotteHage GeingobNasionale VrouedagHolocaustDoelwitProteïenVoorsetselAuschwitz-konsentrasiekampLetterlike en figuurlike taalgebruikNetbalGeskiedenis van Suid-AfrikaC++KindermishandelingMalariaSteenkoolReënspinnekopOrtopedieStedelike gebiedMierleeuOligopolieGesonde dieetBynierNelson MandelaPeperbus, FraserburgMenstruasieLiewe HeksieOorstromingKweekhuiseffekAfrikanernasionalismeAprilEiffeltoringVolksmoordYsterVulkaanKalahariKunsmatige intelligensieLeeuVerenigde NasiesAfrikaansKoperHomofoonGevolge van aardverwarming op oseanePretoriaHeupOngeprosesseerde kosVersamelnaamChristene🡆 More