Kūlgrinda is 'n Litause musiekgroep wat hulle op rituele polifoniese religieuse musiek toespits.
Die groep is in 1990 deur Inija en Jonas Trinkūnas (1939−2014), leiers en hoëpriesters van Litaue se Baltiese geloofsgemeenskap Romuva, in die lewe geroep. Die ander groeplede is jongmense tussen die ouderdom van 17 en 25 jaar.
Kūlgrinda | |
---|---|
Kūlgrinda tydens 'n Middeleeuse fees in die vesting Apuolė, Litaue | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Litaue |
Genres | Tradisionele religieuse musiek, liedere en danse, Neo-folk, Pagan Folk |
Jare aktief | 1990 – hede |
Etikette | Kūlgrinda / Dangus |
Assosiasies | Žalvarinis, Donis |
Webwerf | romuva.lt |
Die groep tree gereeld in tradisionele 10de tot 12de eeuse Litause kleredrag op wat volgens argeologiese vondse gerekonstrueer is. Die naam Kūlgrinda is afgelei van tradisionele Litause klippaaie wat dikwels ook onder water deur moerasgebiede en mere geloop het en in die voor-Christelike tydperk as heilige inisiasiepaaie beskou is.
Kūlgrinda se musikale repertoire sluit tradisionele liedere, himnes, sutartinės (ou polifoniese volksliedere), gebede en danse in wat met Middeleeuse instrumente soos tromme en doedelsakke begelei word. Kūlgrinda het in die afgelope jare 'n aantal albums opgeneem en vrygestel, waaronder
Kūlgrinda word gereeld uitgenooi om by funksies en feestelikhede in Litaue op te tree.
Media (MP3-snitte en video's)
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kūlgrinda, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.