Jonas Gwangwa

Jonas Mosa Gwangwa (19 Oktober 1937 - 23 Januarie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse jazz-musikant, liedjieskrywer en vervaardiger.

Hy was meer as 40 jaar 'n belangrike figuur in die Suid-Afrikaanse jazz.

Lewensloop

Gwangwa is in Orlando-Oos, Soweto, gebore. Hy het eers bekendheid verwerf deur tromboon te speel met The Jazz Epistles. Nadat die kortstondige groep uitmekaar is, bly hy belangrik vir die Suid-Afrikaanse musiektoneel en later ook in die buiteland.

In die sestigerjare het hy begin bekend raak in die Verenigde State, en in 1965 verskyn hy in 'n "Sound Of Africa" -konsert in Carnegie Hall. Die ander by die konsert was onder andere Miriam Makeba, Hugh Masekela en Letta Mbulu. Ten spyte van sy internasionale roem, is hy nie gunstig gesien deur die apartheidsregering nie, en het in die 1970's in ballingskap gegaan.

Van 1980 tot 1990 was hy die leier van Amandla, die kulturele ensemble van die African National Congress.

Later in die lewe word hy belangrik as komponis wat films doen soos Cry Freedom (1987) en tydens die 60ste Oscar-toekenningsaand in 1988 voer hy sy genomineerde liedjie Cry Freedom uit. In 1988 het hy ook in die Nelson Mandela 70ste verjaardag huldeblyk in die Wembley-stadion opgetree. In 1991 keer hy terug na Suid-Afrika en stel in 1997 die tema saam vir hul Olimpiese aansoek.

Daar word hulde gebring aan Gwangwa as onderwerp van die komposisie "Portrait of Mosa Gwangwa" van Johnny Dyani, wat op die CD-uitgawe van Dyani se Angolian Cry verskyn.

Dood

Jonas sterf op 83-jarige ouderdom in Januarie 2021.

Diskografie

  • Jazz Epistles Verse 1 (med Hugh Masekela, Kippie Moeketsi, Dollar Brand, Johnny Gertze en Makaya Ntshoko, 1959)
  • Jonas Gwangwa & The African Explosion Who ? (1969)
  • Sounds from Exile (2001)
  • Flowers of the Nation (2008)
  • Kekude: Lapho Sivela Khonoa (2009)

Filmmusiek

  • Cry Freedom (1987)
  • Screenplay (TV-reeks, The Land of Dreams, 1990)
  • Ulibambe Lingashoni (1993) TV-reeks
  • A South African Love Story – Walter and Albertina Sisulu (2004)

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Jonas Gwangwa LewensloopJonas Gwangwa DoodJonas Gwangwa DiskografieJonas Gwangwa FilmmusiekJonas Gwangwa VerwysingsJonas Gwangwa BronneJonas Gwangwa Eksterne skakelsJonas Gwangwa19 Oktober1937202123 JanuarieJazzLiedjieskrywerMusikantSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoedselkettingGqeberhaAfkortingVormVersoeningsdagEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKrapWatersuiweringMenslike skeletSpreeuAl-FatihaBlaarPlantBloedvergiftigingBruin huisslangKolonoskopieApartheidSean CombsLys van Kaapstad se voorstedeSint JorisdagLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSiekteMaanKoperOopbroninhoudTafelsoutKerngeneeskundeLys van musiekinstrumenteRymKrugerwildtuinSkoolEweknienetwerkHaasArmoedeverligtingAfleiding (taalkunde)NetbalOutismeDierSweedsHandré PollardAsemhalingAngssteuringSosiale mediaVerlede tydSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994GeweldWebwerf2001Suid-Afrikaanse InkomstediensDepressie (gemoedstoestand)Bruto binnelandse produkOlimpiese SpelePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLiewe HeksieChapmanspiek-rylaanVergelykings (taalkunde)RookgewoonteIoonLys van Joodse feeste en herdenkingsSokkerWerkersdagLys van Afrikaanse televisiereekseGalblaasVerkoueSonLys van kinderspeletjiesKriekSilwerSikloonElon MuskVlekvrye staal🡆 More