IPTV, 'n afkorting van Internet Protocol Television, verwys na die digitale verspreiding van televisieprogramme en rolprente oor 'n digitale datanet.
Hiervoor word gebruik gemaak van die Internet-protokol (IP).
Die verspreiding van digitale video-gegewens vereis 'n hoë oordragsnelheid van tussen 6 en 16 Mbis/s vir HDTV-programme, afhangende van die kodering. IPTV-dienste baseer dus op hoëspoed-breëbandverbindings soos ADSL2, kabelmodems of VDSL en nuut-ontwikkelde metodes van datakompressie soos VC1 en H.264.
Tans is daar drie verskillende soorte IPTV:
Die Internet-protokol is nie beperk op die internet self nie en verwys net na die metode wat vir die verspreiding van video-gegewens gebruik word; IPTV-dienste kan ook deur optiese vesel-, kabeltelevisie- en selfoonnetwerke versprei word. IPTV word onder meer deur sy interaktiwiteit gekenmerk: Aangesien IPTV in 'n soort aanlyn-omgewing aangebied word, is bykomende dienste beskikbaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article IPTV, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.