HTTP (hiperteksoordragprotokol) is ’n protokol wat gebruik word tydens die kommunikasie tussen ’n webkliënt (meestal ’n webblaaier) en ’n webbediener.
Internet- en netwerkprotokolle | |
---|---|
Toepassingvlak: | DNS FTP Gopher HTTP HTTPS IMAP IRC NNTP POP3 RTP SIP SMTP SNMP SSH SSL Telnet UUCP XMPP |
Versendvlak: | DCCP SCTP TCP UDP |
Netwerkvlak: | ARP ICMP IGMP IP(IPv4, IPv6) RARP |
Dataskakelvlak: | ATM Ethernet FDDI PPP Token ring Wi-Fi |
volgens die TCP/IP-model |
Die protokol word nie net op die Internet gebruik nie, maar ook op lokale netwerke (ons praat dan van ’n intranet).
Die HTTP-protokol spesifiseer die versoeke (Engels: requests) wat 'n kliënt, byvoorbeeld ’n webblaaier, aan die bediener kan stel asook die antwoorde (Engels: responses) wat ’n webbediener kan terugstuur. Elke versoek bevat ’n URL wat verwys na die webkomponent of ’n statiese objek soos ’n webbladsy wat versoek word.
’n HTTP-versoek bestaan uit ’n metode, die URL, opskrifvelde (header fields) en uiteindelik die inhoud. ’n Oorsig van die HTTP-versoek metodes:
’n Volledige versoek, met opskrifvelde, lyk tipies as volg:
GET /wiki/Tuisblad HTTP/1.1 Host: af.wikipedia.org Connection: close User-Agent: Mozilla/5.0 (Windows; U; Windows NT 5.1; nl; rv:1.8.0.3) Gecko/20060426 Firefox/1.5.0.3 Accept: text/xml,text/html,text/plain,image/png,image/jpeg,image/gif Accept-Charset: ISO-8859-1,utf-8 Keep-Alive: 300
’n HTTP-antwoord bestaan uit ’n resultaatkode, opskrifvelde (header fields) en ’n boodskap. Die resultaatkode bestaan uit drie syfers, waarvan die eerste syfer die belangrikste is:
Die resultaat-kodes wat die meeste gebruik word is:
’n Antwoord op die bostaande navraag kan moontlik as volg uitsien:
HTTP/1.0 200 OK Date: Thu, 08 Apr 2004 18:24:33 GMT Server: Apache/1.3.29 (Unix) PHP/4.3.4 X-Powered-By: PHP/4.3.4 Content-Language: af Content-Type: text/html; charset=iso-8859-1 X-Cache: MISS from wikipedia.org Connection: close Content Type: TEXT/HTML Content Length: 3'127 bytes (received) --- Die HTML-kode ---
Die oorspronklike HTTP weergawe, weergawe HTTP 1.0 vaar aanvanklik baie goed, maar met die ontploffing in populariteit van die Internet kom ’n aantal tekortkominge aan die lig. Hierdie tekortkominge word in die volgende weergawe, weergawe HTTP 1.1 aangespreek. Vanaf ongeveer 1997 is die standaard op die Wêreldwye Web dan ook besig om te verskuif vanaf HTTP 1.0 na HTTP 1.1.
Een van die belangrikste beperkinge van HTTP 1.0 was dat elke IP-adres slegs 1 domein kon huisves. Vanweë die enorme groei in die aantal WWW-domeine, sou dit baie gou tot ’n tekort aan IP-adresse gelei het. HTTP 1.1 ondersteun die huisvesting van meer as 1 domein op dieselfde IP-adres. Andere belangrike toevoegings in HTTP 1.1 wat poog om spoed en werkverrigting te verhoog:
Die tegniese details van die HTTP-protokol is opgeteken in verskillende RFC’s. HTTP weergawe 1.0 is gedokumenteer in RFC 1945, terwyl weergawe 1.1 van die protokol in RFC 2616 beskryf word. Hierdie spesifikasies kan vanaf http://www.rfc-editor.org/rfc.html afgelaai word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article HTTP, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.