Wi-Fi

Wi-Fi is ’n groep radiotegnologieë wat algemeen gebruik word vir die koordlose koppeling van ’n netwerk toestelle en is op die IEEE 802.11-groep standaarde gebaseer.

"Wi-Fi" is ’n handelsmerk van die Wi-Fi Alliance, wat die gebruik van die term "Wi-Fi-gesertifiseerd" beperk tot produkte wat toetse vir bedryfbaarheidsertifisering suksesvol voltooi het. Wi-Fi gebruik verskeie dele van die IEEE 802-protokolgroep en is ontwerp om glad te werk saam met die koordprotokol Ethernet.

Wi-Fi
Internet- en netwerkprotokolle
Toepassingvlak: DNS  FTP  Gopher  HTTP  HTTPS  IMAP  IRC  NNTP  POP3  RTP  SIP  SMTP  SNMP  SSH  SSL  Telnet  UUCP  XMPP
Versendvlak: DCCP  SCTP  TCP  UDP
Netwerkvlak: ARP  ICMP  IGMP  IP(IPv4, IPv6)  RARP
Dataskakelvlak: ATM  Ethernet  FDDI  PPP  Token ring  Wi-Fi
volgens die TCP/IP-model
Wi-Fi
Voorstelling van ’n toestel wat inligting koordloos na ’n ander toestel stuur om ’n dokument te druk.

Toestelle wat Wi-Fi-tegnologie kan gebruik, sluit in skootrekenaars, slimfone, tabletrekenaars, slim-TV-stelle, drukkers, digitale oudiospelers, digitale kameras, motors en hommeltuie. Versoenbare toestelle kan oor Wi-Fi met mekaar verbind word deur ’n koordlose toegangspunt sowel as gekoppelde Ethernet-toestelle, en kan gebruik word om toegang tot die internet te kry. So ’n toegangspunt (’n kuberkol of hotspot genoem) het ’n omvang van sowat 20 m binnenshuis en ’n groter omvang buitenshuis. ’n Wi-Fi-gebied kan so klein soos ’n enkele kamer wees wat radiogolwe blokkeer, of so groot soos verskeie vierkante kilometers deur die gebruik van talle oorvleuelende toegangspunte.

Die verskillende weergawes van Wi-Fi word deur verskeie IEEE 802.11-protokolstandaarde gespesifiseer, met die verskillende radiotegnologieë wat die omvang, golfbande en snelhede wat bereik kan word, bepaal. Wi-Fi gebruik meestal die 2,4 GHz- ultrahoë frekwensie (UHF) en 5 GHz superhoë frekwensie (SHF)-ISM-bande. Hulle is in verskillende kanale verdeel en elke kanaal kan tegelykertyd deur verskeie netwerke gedeel word. Baie algemene materiale absorbeer hierdie golflengtes, wat die omvang verder beperk, maar neig om versteurings tussen verskillende netwerke in digbewoonde gebiede te verminder. Sommige weergawes van Wi-Fi wat geskikte hardeware gebruik, kan ’n spoed van meer as 1 gigabis per sekonde bereik.

Wi-Fi is potensieel kwesbaarder vir aanvalle as koordnetwerke, want enigiemand binne die omvang van ’n netwerk met ’n koordlose beheerder kan toegang probeer kry. Wi-Fi Protected Access (WPA) is ’n groep tegnologieë wat geskep is om inligting oor Wi-Fi-verbindings te beskerm.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

802.11EthernetIEEE

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Natuurlike hulpbronBlack SashNederlandHeks van HexrivierSeksuele opwekkingNiersteenSpinnekopKommunismeTropiese sikloonMikro-ekonomieNagmaalHibernasieOranjerivierRymWater (molekuul)LetterkundeHerfsAppelKnopiespinnekopLionel PetersonDemografie van Suid-AfrikaPesachVoedingDistrik SesBloedsomloopstelselInligtingOnderhandelinge om apartheid te beëindigKookpuntJanie du PlessisVerkoueKaapstadse waterkrisis 2015-2018OopbroninhoudGregoriaanse kalenderLemoenWolfTuisbladPlastiekBreinkaartAfrikaanse WikipediaSeptimius AwardsKrieketSwartbewussynsbewegingKolonialismeKrugerwildtuinMobutu Sese SekoSamestellingLeonardo da VinciStedelike hitte-eilandWinterSpelerposisies in rugbyKinderregteChris HaniAborsieAfrikaanse taalleerBestaansboerderySlag van BloedrivierOssewaDansBeaufortskaalWatersuiweringAkroniemGesondheidTelevisieOorkruipersMeettegniek2001PikkewynYstertydperkViëtnamBrongitisNiemetaalPapegaaieLandbou in Suid-AfrikaSirkus🡆 More