Hillsdale Kollege

Hillsdale College is 'n private kollege (universiteit) wat geleë is in Hillsdale, Michigan.

Dit is in 1844 gestig deur 'n groep voorstanders van die afskaffing van slawerny wat bekendgestaan het as die "Free Will Baptists". Dit bied 'n vrye kunste kurrikulum aan wat gebaseer is op die Westerse erfenis as 'n produk van beide die Grieks-Romeinse kultuur en die Joods-Christelike tradisie. Hillsdale verwag dat elke student, afsonderlik van die betrokke student se hoofvak(ke), 'n kern-kurrikulum voltooi wat kursusse insluit oor die Groot Boeke, die Grondwet van die Verenigde State, biologie, chemie en fisika.

Hillsdale Kollege

Leuse:Virtus Tentamine Gaudet
President:Larry P. Arnn
Provoos:Christopher VanOrman
Fakulteite:124 voltyds, 48 adjunk
Ligging:Hillsdale, Michigan, Verenigde State
Kampus:Landelik, 400 akker (84 geboue)
Kleure:Blou en wit         
Hillsdale Kollege
Die kollege se ingangshek

Hillsdale is reeds sedert die einde van die 20ste eeu deel van 'n klein groepie kolleges in die VSA wat nie enige regeringshulp hoegenaamd ontvang nie, ten einde enige afdwinging van federale regstellende aksie-beleid te vermy. In pleks hiervan is die private kollege geheel en al aangewese op private befondsing.

Geskiedenis

Oprigting en grondlegging

In Augustus 1844 het lede van die plaaslike gemeenskap van "Free Will Baptiste" besluit op die organisering van die denominasie se eerste kollege.:4 Nadat hulle skenkings bekom het, het hulle op 4 Desember 1844 die Michigan Central College in Spring Arbor, Michigan, gestig.:6 Dié ligging is nou die tuiste van Spring Arbor University. Alhoewel die kollege godsdienstig verbonde is, is die kollege amptelike nie-sektaries.

Onder die eerste president, Daniel McBride Graham, wat van 1844 tot 1848 aan die hoof van die instelling gestaan het, maak Michigan Central College sy deure oop met 'n stoor bestaande uit twee kamers en vyf studente. In Maart 1845 inkorporeer die regering van Michigan die kollege. Teen die einde van die eerste jaar was daar 25 voorgraadse studente aan die kollege ingeskryf.:12:11

Edmund Burke Fairfield het in 1848 die presidentskap van die Michigan Central College oorgeneem. Op 20 Maart 1850 het die Michigan wetgewer aan die kollege die reg verleen om grade toe te ken.:12–14:116 Die kollege het die tweede skool in Amerika geword wat vrye kunste-grade met 'n duur van vier jaar aan vroumense toegeken het. :12–14

Die kollege het mettertyd in so 'n mate gegroei dat dit in 1853 na Hillsdale, Michigan verhuis het, deels om toegang te hê tot die treinspoor wat die stad bedien het. Dit het aansienlike finansiële ondersteuning van die plaaslike inwoners, wat die 20-jaar oue dorp wou ontwikkel, ontvang.:30 Die hoeksteen van die nuwe gebou, Central Hall, is op 4 Julie 1853 gelê.:24 Nadat Michigan Central College se konstruksie en die skuif na die nuwe terrein voltooi is, het die kollege op 7 November 1855 sy deure oopgemaak as Hillsdale Kollege.

Fairfield het Hillsdale van 1848 tot 1869 gelei. Gedurende sy presidentskap het hy bygedra tot die stigting van die Republikeinse Party saam met Ransom Dunn, in naburige Jackson, Michigan. Fairfield was 'n prominente leier en het die eerste konvensie van die Republikeinse Party in 1858 bygewoon. Hy is verkies as luitenant-goewerneur van Michigan. Hillsdale se vroeë reputasie as 'n anti-slawerny instelling en die rigtinggewende rol van dié kollege in die oprigting van die Republikeinse Party het daartoe gelei dat verskeie noemenswaardige sprekers na die kampus genooi is, insluitende Frederick Douglass (wat die skool tydens twee aparte geleenthede besoek het) en Edward Everett, die orator wat Abraham Lincoln voorafgegaan het by Gettysburg, Pennsilvanië.:xxv, 49 Die kollege het op 8 Augustus 1860 sy eerste grade toegeken. Op 20 Maart 1863 het die wetgewer van Michigan Hillsdale se ligging- en naamsverandering formeel gewettig.:33

Hillsdale Kollege is nie meer geaffilieer met enige denominasie nie, maar die kollege se webwerf vermeld as volg: "the moral tenets of Christianity as commonly understood in the Christian tradition have been essential to the mission of the College".

Kampus

Hillsdale Kollege 
Die Delp-saal en Liberty Walk, oorkant Central Hall

Hillsdale se kampus, wat 200 akker beslaan, bevat verskeie instruksie- en kantoorgeboue, asook 13 residensiële sale, sewe "fraternity" en "sorority" huise, 'n atletiese kompleks, musieksaal, 'n kunste-, konferensie- en voorskoolse sentrum asook 'n hotel. Hillsdale Kollege bedryf ook die Hillsdale Academy, 'n private K–12 vrye kunsteskool.

Hillsdale Kollege 
Die Richardson Erfenis-kamer, wat gehuisves word in die Mossey-biblioteek

Hillsdale College is gekies om die persoonlike biblioteek van die ekonoom van die Oostenrykse Skool, Ludwig von Mises, na sy dood te ontvang; die versameling werke word gehuisves in die Ludwig von Mises-kamer in die Mossey-biblioteek van die kollege. Die Mossey-biblioteek bevat ook versamelings van die werke van Russell Kirk en Richard Weaver, en is die tuiste van die Richardson Erfenis-kamer van die kollege. Die Erfenis-kamer is in 1994 gebou en bevat verskeie eerste drukke van boeke en skaars bundels, sowel as beeldhouwerke, skilderye en geskiedkundige artefakte.

Die kollege se Slayton Arboretum is amptelik in 1922 geskep toe George A. Slayton en sy vrou 14 akker grond aan die kollege geskenk het. Die arboretum is in die vooruitsig gestel as 'n buitelug laboratorium en veldstasie vir studente en as 'n tuin vir die gemeenskap. Die aanvanklike aanplanting is verrig met plante wat geskenk is en met die arbeid van Hillsdale-studente en ander vrywilligers. In 1939 is Slayton Arboretum as een van Michigan se interessante plekke gelys en het tot 700 mense per dag die webwerf besoek.

Die kampus beskik oor die Liberty Walk, 'n loopbrug met bronsafbeeldings van beroemde staatsmanne. Dit sluit in George Washington, Thomas Jefferson, James Madison, Abraham Lincoln, Frederick Douglass, Winston Churchill, Margaret Thatcher , en Ronald Reagan. Reagan se standbeeld is op 7 Oktober 2011, die eeufees van sy geboorte, ingehuldig. Reagan het in 1977 die kollege besoek en gekonstateer: "Hillsdale verdien die waardering van almal wat werk vir vryheid." Op 12 Mei 2017 het die kollege die Douglass-standbeeld ingehuldig, reg oorkant Lincoln se standbeeld. Douglass was in 1863 'n gas aan die kollege (tydens die Burgeroorlog), waar hy 'n toespraak gelewer het getiteld "Popular Error and Unpopular Truth". Madison se standbeeld is op 22 September 2020 ingehuldig.

Noemenswaardige mense

Noemenswaardige alumni

Hillsdale Kollege 
Bion J. Arnold
Hillsdale Kollege 
Joseph Cella, Ambassadeur tot Fiji
Hillsdale Kollege 
Chris Chocola, voormalige lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA
Hillsdale Kollege 
Elizebeth Friedman
Hillsdale Kollege 
Washington Gardner
Hillsdale Kollege 
Moses A. Luce

Politiek en die Reg

  • E. Ross Adair (1929), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA uit Indiana
  • Chester Hardy Aldrich (1888), Goewerneur van Nebraska en regter van die Hooggeregshof van Nebraska
  • Joseph Cella (1991), Ambassadeur tot Fiji vir die VSA
  • Chris Chocola (1984), lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Indiana se 2de kiesafdeling en President van die Club for Growth
  • Cyrus Cline (1876), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA uit Indiana
  • David L. Cornwell (1964), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA uit Indiana
  • Dan Crane (1958), lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Illinois se 22ste en 19de kiesafdelings
  • Phil Crane (1952), lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Illinois se 8ste kiesafdeling
  • Robert William Davis (1952), lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Michigan se 11de kiesafdeling
  • Solomon Robert Dresser (1865), lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Pennsilvanië en stigter en president van S.R. Dresser Manufacturing Co., nou Dresser Industries
  • Spencer O. Fisher (c. 1865), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA vir Michigan se 10de kiesafdeling
  • Albert J. Hopkins (1870), VSA Senator uit Illinois
  • Henry M. Kimball (c. 1900), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA vir Michigan se 3de kiesafdeling
  • Verner Main (1907), lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA vir Michigan
  • Spencer G. Millard (1877), Luitenant-Goewerneur van Kalifornië
  • Joseph B. Moore (1879), regter verbonde aan die Hooggeregshof van Michigan
  • Tom Morrison (1997), verteenwoordiger vir die 54ste Distrik in die Illinois Algemene Vergadering
  • Aric Nesbitt (2001), lid van die Huis van Verteenwoordigers van Michigan (2011–2017), 66ste distrik en meerderheidsleier; President Pro Tempore of the Michigan State Senate (2019–huidig)
  • Walter H. North (1896), regter verbonde aan die Hooggeregshof van Michigan
  • Jasper Packard (c. 1853), koerantredakteur en verteenwoordiger in die Huis van Verteenwoordigers van die VSA uit Indiana
  • Paul J. Ray, Administrateur van die "Office of Information and Regulatory Affairs"
  • David Viviano (1994), regter verbonde aan die Hooggeregshof van Michigan
  • Beth Walker (1987), regter verbonde aan die Hoogte Hof van Appél van Wes-Virginië
  • Hans Zeiger (2007), skrywer en verteenwoordiger vir die 25ste wetgewende distrik van Washington

Militêre en openbare diens

  • Clinton B. Fisk (c. 1844), soldaat tydens die Amerikaanse Burgeroorlog en staatsman, naamgenoot van Fisk University en die presidensiële kandidaat vir die Prohibition Party in 1888
  • Mary Hannah Fulton (1874), mediese sendeling in China
  • Washington Gardner (1870), soldaat tydens die Amerikaanse Burgeroorlog en staatsman
  • Moses A. Luce (1866), prokureur
  • Erik Prince (1992), Navy SEAL en stigter van die Blackwater maatskappy

Wetenskap en ingenieurswese

  • Bion J. Arnold, pionier in elektriese ingenieurswese en massa vervoer

Akademiese aangeleenthede

  • Manuel Ayau (1973), politikus en stigter van die Universidad Francisco Marroquín
  • Elizebeth Friedman (1910), pionier in kriptologie
  • Peter Leeson (2001), ekonoom
  • Robert P. Murphy (1998), ekonoom en skrywer
  • Gennady Stolyarov II (2008)
  • Robert Page Sims (1897), kollege president

Noemenswaardige fakulteitslede

Huidige fakulteitslede

  • Michael Anton, voormalige senior nasionale veiligheidsbeampte in die administrasie van President Trump
  • Larry P. Arnn, opvoeder en politieke wetenskaplike
  • Michael Bauman, teoloog
  • Bradley J. Birzer, professor in geskiedenis en die houer van die Russell Amos Kirk Stoel in Amerikaanse Studies.
  • Ronald J. Pestritto, Professor van Politiek.
  • Paul A. Rahe, geskiedkundige
  • Gary L. Wolfram, ekonoom
  • D. G. Hart, geskiedkundige
  • Mollie Hemingway, joernalis
  • David Azerrad, voormalige direkteur en genoot aan die Heritage Stigting

Besoekende fakulteitslede en genote

  • Victor Davis Hanson, klassikus en geskiedkundige
  • D.G. Hart, geskiedkundige
  • Mark Helprin, romansier
  • Carl F.H. Henry, teoloog
  • David McCullough, geskiedkundige
  • Madsen Pirie, Britse navorser, skrywer en opvoeder
  • Mark Steyn, joernalis
  • Clarence Thomas, Mede-regter van die Federale Hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika

Voormalige fakulteitslede

  • John Jay Butler, Free Will Baptiste teoloog
  • Allan C. Carlson, geskiedkundige
  • Ransom Dunn, dekaan en professor emeritus
  • Clark Durant, opvoedkundige, kandidaat vir die Senaat, medestigter van Cornerstone Schools en Imprimis
  • Richard Ebeling, ekonoom van die Oostenrykse Skool
  • Burton Folsom, ekonomiese geskiedkundige
  • Martin Gilbert, amptelike biograaf van Winston Churchill en geskiedkundige
  • Daniel McBride Graham
  • Russell Kirk, konserwatiewe skrywer
  • Madsen Pirie, Britse navorser en vooormalige besoeker in filosofie en logika
  • Muddy Waters

Noemenswaardige administrateurs en Promotors

  • Pat Sajak, Wheel of Fortune gasheer, President van die Hillsdale Kollege Raad van Trustees
  • Rush Limbaugh, bekende politieke kommentator en radio omroeper
  • Hugh Hewitt, politieke kommentator
  • Mark Levin, bekende politieke kommentator en radio omroeper

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hillsdale Kollege GeskiedenisHillsdale Kollege KampusHillsdale Kollege Noemenswaardige menseHillsdale Kollege VerwysingsHillsdale Kollege Eksterne skakelsHillsdale KollegeGrondwet van die Verenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AngssteuringKwosiëntKunsmatige algemene intelligensieDeurgangsritePersoonlike voornaamwoordJeuksiekteLys van Suid-Afrikaanse musikanteTweede VryheidsoorlogGesondheidYslandOlimpiese Somerspele 2024Lys van landeBergLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMenstruasieVoedingOogproblemePlaasjapieBorsteTrigeminale neuralgieBreyten BreytenbachProteaArmoedeBevolkingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKlimaatveranderingGregoriaanse kalenderMarco PoloSewe doodsondesAspoestertjieUitwerking van klimaatsveranderingBurgerregteWynUpingtonKomplementêre kleureSimmetrieMIVBek-en-klouseer3D-rolprentHerpes simplexKoedoeChromatografieMoskouPiesangLiefdeSonja HerholdtPerdAarverkalkingYouTubeDirekte en Indirekte redeWet op Bantoe-onderwysVratChristeneKlimaatsverandering in AfrikaVideoMenseregteKaapstadse waterkrisis 2015-2018Racheltjie de BeerWeer (meteorologie)VisSpelerposisies in rugbyLetterkundeGemeenskapSkaakBernice WestSlag van BloedrivierIdioomDie GelofteGroot Muur van ChinaBruce FordyceSuikerbekkiesMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaBrongitisDeelwoordBlourokkeFrederik Willem de KlerkSwart nasionalisme🡆 More