Hifikepunye Pohamba: Namibiese politikus

Hifikepunye Lucas Pohamba (gebore op 18 Augustus 1935 in Okanghudi in die distrik Ohangwena in Noord-Namibië) is 'n Namibiese politikus wat tussen 2005 en 2015 as tweede president van Namibië gedien het.

Hy het die Namibiese presidensiële verkiesing van 2004, as kandidaat van die regerende SWAPO, oorweldigend gewen. Hy het die amp van president in Maart 2005 amptelik beklee en het gedien tot 2015. Hy was ook die president van SWAPO tussen November 2007 en April 2015.

Hifikepunye Pohamba
Hifikepunye Pohamba
Hifikepunye Pohamba in 2014

Ampstermyn
21 Maart 2005 – 21 Maart 2015
Eerste minister Nahas Angula (2005–2012)
Hage Geingob (2012–2015)
Voorafgegaan deur Sam Nujoma
Opgevolg deur Hage Geingob

President van SWAPO
Ampstermyn
29 November 2007 – 19 April 2015
Voorafgegaan deur Sam Nujoma
Opgevolg deur Hage Geingob

Persoonlike besonderhede
Gebore 18 Augustus 1935 (1935-08-18) (88 jaar oud)
Okanghudi, Suidwes-Afrika (tans Namibië)
Politieke party SWAPO
Eggenoot/-note Penehupifo Pohamba
Kind(ers) Tulongeni
Kaupu
Ndapandula
Alma mater Mense se Vriendskap Universiteit van Rusland
Religie Anglikanisme

Vroeë lewe

Hifikepunye Pohamba: Vroeë lewe, Politieke loopbaan, Verwysings 
SWAPO-verkiesingsplak met Pohamba in 2004
Hifikepunye Pohamba: Vroeë lewe, Politieke loopbaan, Verwysings 
Hifikepunye Pohamba in 2005

As kind het Pohamba in die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika groot geword. Na sy skoolloopbaan het hy, van 1956 tot 1960 in die Tsumeb myn gewerk. Op die ouderdom van 25 was Pohamba 'n stigterslid van SWAPO in 1960. In Junie 1961 is hy gearresteer op aanklagte van politieke oproerigheid. Hy is daarna skuldig bevind deur 'n stamhof in Ohangwena, in die openbaar gegesel en beveel om die area te verlaat. Hy het na Tanganjika gevlug waar hy die res van SWAPO se leierskap opgesoek het.

Politieke loopbaan

In September 1964 is Pohamba na Lusaka gestuur om 'n SWAPO kantoor in Noord-Rhodesië (nou Zambië) te open. In 1966 is Pohamba en Sam Nujoma uit die land verban en in daardie tyd het hy Nujoma se grootste vertroueling geword. In 1969 is hy verkies as 'n lid van SWAPO se Sentrale Komitee en is hy aangestel as adjunk-administratiewe sekretaris van die party. Teen 1977 is hy verkies as die party se Sekretaris van Finansies. Van 1979 tot 1981 was hy in beheer van SWAPO-aangeleenthede in Zambië, waarna hy na die party se hoofkwartier in Luanda, Angola, gestuur is, waar hy gebly het tot SWAPO beheer oor Namibië gekry het in 1989. Gedurende sy tyd in Luanda het hy vir 'n tydjie in die politiek gestudeer in die Sowjetunie. Hy was in beheer van SWAPO se verkiesingsveldtog in 1989 en was 'n SWAPO-lid van die Grondwetgewende Vergadering, wat geduur hat van November 1989 tot Maart 1990, voordat hy 'n lid van die Nasionale Vergadering geword het met Namibië se onafhanklikheid in Maart 1990. Van Maart 1990 tot 1995 was hy Minister van Binnelandse Sake, van 1995 tot 1997 Minister van Visserye en Marine Hulpbronne, en Minister sonder Portfolio van 1997 tot Maart 2000. In 1997 is hy gekies as Sekretaris-Generaal van SWAPO en in 2002 as die adjunkpresident. Op 26 Januarie 2001 is hy aangewys as Minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie, 'n posisie wat hy tot sy presidentskap beklee het.

Onder Pohamba se Ministerskap van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie het Namibië 'n beleid van gedeeltelike grond-onteiening van blanke grondeienaars na nie-blankes wat sonder grond was, begin. Hierdie beleid het die vorige beleid van "gewillige koper-gewillige verkoper" vervang. In hierdie opsig is hy as 'n bondgenoot van die Zimbabwiese president Robert Mugabe beskou.

Pohamba is op 'n buitengewone SWAPO-kongres in Mei 2004 gekies as die party se presidensiële kandidaat vir die 2004-verkiesings. Hy het 213 uit 526 stemme gekry in die eerste rondte van stemming; in die tweede rondte, wat gehou is op 30 Mei, het hy met 341 stemme teen 167 vir Hidipo Hamutenya gewen, nadat hy nagenoeg al die stemme vir die derde kandidaat, Nahas Angula, gewerf het. In die presidensiële verkiesing wat gehou is op 15 en 16 November 2004, het Pohamba met 79,44% van die stemme gewen, in wat beskryf is as 'n weghol-oorwinning, maar ook deur die opposisie as gebrekkig afgemaak is. Pohamba is deur Sam Nujoma ondersteun, wat op die tydstip besig was met sy derde termyn van vyf jaar; Pohamba is beskryf as Nujoma se persoonlik uitgesoekte opvolger. Hy het die presidentskap op 21 Maart 2005 opgeneem en het homself sedertdien onderskei deur versigtig dog beslissend op te tree teen korrupsie.

Hoewel daar gespekuleer is dat Nujoma weer herverkies wou word as die president van SWAPO in 2007, en dan weer aan die presidentsverkiesing van 2009 deel sou neem, het hy hierdie gerugte vroeg in Oktober 2007 ontken toe hy gesê het dat hy beplan om af te tree as party-leier ten gunste van Pohamba. Op 29 November 2007 is Pohamba gekies as president van SWAPO by 'n party-kongres; hy was die enigste kandidaat dus was dit nie nodig om te stem nie. Nujoma het gesê dat hy die "fakkel en die mantel van leierskap aan kameraad Pohamba oorgee". Die kongres het Pohamba ook verkies as die enigste kandidaat vir die 2009 presidensiële verkiesing.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Sam Nujoma
President van Namibië
2005–2015
Opgevolg deur
Hage Geingob
Voorafgegaan deur
Sam Nujoma
President van SWAPO
2007–2015
Opgevolg deur
Hage Geingob
Presidente van Namibië
 1990–  Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba
Hifikepunye Pohamba: Vroeë lewe, Politieke loopbaan, Verwysings 

Tags:

Hifikepunye Pohamba Vroeë leweHifikepunye Pohamba Politieke loopbaanHifikepunye Pohamba VerwysingsHifikepunye Pohamba Eksterne skakelsHifikepunye Pohamba18 Augustus1935NamibiëPresident van NamibiëSWAPO

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoperWolkMangelontstekingDeon GrootJeuksiektePseudowetenskapEkonomiese sektorSosiale mediaOligopolieSjimpanseeWeer (meteorologie)Nelson MandelaMiltThys die BosveldklongMangelKaapstadse waterkrisis 2015-2018Griekwa-AfrikaansBysteekRivierWaarheid-en-versoeningskommissieLettergreepAtleetvoetHartversakingMagneetLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSeksposisieHage GeingobSpreeuKoue OorlogDundermDriedimensioneelJo BlackAkuutKoolstofDiarreeNG gemeente TheunissenLieweheersbesieKatNaaldekokerVlag van Suid-AfrikaWaterkringloopAfrikanersSamestellingGenitale vratVoornaamwoordHartMigrasie van diereMaatskaplike verantwoordelikheidRegverdige handelBosluisbytkoorsBlack SashCremonaStaalRomeinse RykKrokodilBesnydenisSwart menseVrouBateKevin RuddLionel PetersonVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameJan van TonderRenaissanceInleiding tot die genetikaPoësieAngolaAfrikaanse WikipediaAanhalingstekensSelfbeeldBetonSelfoonOsoonlaag🡆 More