President Van Namibië

Die President van Namibië (Engels: President of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet die staatshoof van die Republiek van Namibië.

President Van Namibië
Namibiese politiek
Parlement van Namibië
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad
President
Adjunkpresident
Eerste minister
Adjunkpremier
Politici
Politieke partye
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die president word direk deur die volk vir 'n termyn van vyf jaar verkies en vereis 50 persent plus een van die stemme. Volgens die grondwet van Namibië (Artikel 28 2b) word soveel stemmings gehou totdat 'n kandidaat die nodige meerderheid verwerf het. 'n Herverkiesing word slegs een keer toegelaat, maar vir die stigtingspresident Sam Nujoma is as gevolg van 'n grondwetlike wysiging 'n unieke uitsondering gemaak.

President Van Namibië
Die Staatshuis in Windhoek, nuwe setel van die Namibiese President
President Van Namibië
Vlag van die Namibiese President
President Van Namibië
Seël van die Namibiese President

Die President stel en verwerp die eerste minister as hoof van die regering en ander ministers en regters. Daarbenewens bepaal die President die riglyne van die beleid en is hoofbevelvoerder van die leër. Die op 28 November 2014 nuutverkose president het vir die eerste keer die voorstelreg vir die verkiesing tot die nuutgeskepte posisie van adjunkpresident.

Vervolging is slegs moontlik op die basis van 'n grondwetlike oortreding of 'n ernstige oortreding van die wette.

Presidente van Namibië sedert 1990

    Partye

   South West Africa People's Organization (SWAPO)


    Simbole
  • † in amp oorlede
# Portret Naam
(Geboorte-dood)
Verkies Ampstermyn Party
1 President Van Namibië  Sam Nujoma
(* 1929)
1989
1994
1999
21 Maart 1990 21 Maart 2005 SWAPO
2 President Van Namibië  Hifikepunye Pohamba
(* 1935)
2004
2009
21 Maart 2005 21 Maart 2015 SWAPO
3 President Van Namibië  Hage Geingob
(1941–2024)
2014
2019
21 Maart 2015 4 Februarie 2024† SWAPO
4 President Van Namibië  Nangolo Mbumba
(* 1941)
4 Februarie 2024 Ampsbekleër SWAPO

Sam Nujoma het aan homself die eretitel stamvader van die Namibiese nasie (Engels: Founding Father of the Namibian Nation) verleen.

Verkiesingsuitslae

Jaar Kandidaat, Party Stemme Stemaandeel
1994 Sam Nujoma, SWAPO 370 452 76,34%
1999 Sam Nujoma, SWAPO 414 096 76,82%
2004 Hifikepunye Pohamba, SWAPO 625 605 76,45%
2009 Hifikepunye Pohamba, SWAPO 611 241 75,25%
2014 Hage Geingob, SWAPO 772 528 86,73%
2019 Hage Geingob, SWAPO 464 703 56,3%

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Presidente van Namibië
 1990–  Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba
President Van Namibië 

Tags:

President Van Namibië Presidente van Namibië sedert 1990President Van Namibië Sien ookPresident Van Namibië VerwysingsPresident Van Namibië Eksterne skakelsPresident Van NamibiëEngelsGrondwetNamibiëSam NujomaStaatshoof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ErosietipesKoue OorlogApokriewe boekePizzaOrthopteraVlekvrye staalKaapstadse waterkrisis 2015-2018HeupMorfologie (taalkunde)FacebookBreinvliesontstekingBeeldspraakBybelParasitiese siektesEuropaRooikatSwartGrondsoorteSuurstofOu Apostoliese KerkDirekte en Indirekte redeLandbouAfleiding (taalkunde)Letterlike en figuurlike taalgebruikAbstraksie (rekenaarwetenskap)BoontjieAtmosfeerPlantluisAluminiumSelfkonsepTatoeëermerkGeweldGrondwetRepubliek die KongoProteïenKaapse florarykCounter-Strike 2GedigKlimaatsverandering in AfrikaKlereToekoms van die AardeJan van TonderChemiese verbindingSnaarinstrumentGeslagsgelykheidPaddaLeierSeksismeRugbyFranse RewolusieWerkloosheidAardeSkuinsstreepHigiënePlastiekStilleweTafelbergNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOranjerivierJohannes MeintjesAlkoholismeSoogdierKlankverskynselsEkonomie van Suid-AfrikaBeleggingMorfeemWetenskapAkroniemLys van Afrikaanse skrywersSteenkoolOos-KaapMieliestronkWaterstofVingerseksToringSiya Kolisi🡆 More