Robert Mugabe: Zimbabwe's president

Robert Gabriel Mugabe (21 Februarie 1924 – 6 September 2019) was 'n Zimbabwiese politikus.

Hy was vanaf 1980 die staatshoof van Zimbabwe, eers as eerste minister en later as president. In die laaste jare van sy presidentskap is hy deur vele as 'n diktator beskou wat ter wille van magsbehoud die ekonomiese welsyn van die Zimbabwiese bevolking opgeoffer het.

Robert Mugabe
Robert Mugabe
Robert Mugabe in 2008

President van Zimbabwe
Ampstermyn
22 Desember 1987 – 21 November 2017
Vise Simon Muzenda
Joice Mujuru
Emmerson Mnangagwa
Eerste minister Morgan Tsvangirai (2009–2013)
Voorafgegaan deur Canaan Banana
Opgevolg deur Emmerson Mnangagwa

Eerste minister van Zimbabwe
Ampstermyn
18 April 1980 – 22 Desember 1987
Vise Simon Muzenda
President Canaan Banana
Voorafgegaan deur Abel Muzorewa (Zimbabwe-Rhodesië)
Opgevolg deur Morgan Tsvangirai (2009)

13de President van die Afrika-unie
Ampstermyn
30 Januarie 2015 – 30 Januarie 2016
Voorafgegaan deur Mohamed Ould Abdel Aziz
Opgevolg deur Idriss Déby

10de Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
6 September 1986 – 7 September 1989
Voorafgegaan deur Zail Singh
Opgevolg deur Janez Drnovšek

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Februarie 1924
Masvingo, Suid-Rhodesië
Sterf 6 September 2019 (op 95)
Singapoer
Politieke party ZANU–PF (1987–2017)
ZANU (1963–1987)
ZAPU (1961–1963)
NDP (1960–1961)
Eggenoot/-note Sally Hayfron (1961–1992)
Grace Mugabe (1996–sy dood)
Kind(ers) Nhamodzenyika, Bona, Robert Peter, Bellarmine Chatunga
Alma mater Universiteit van Fort Hare
Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van Londen
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening Robert Mugabe: Politieke loopbaan, Dood, Lees ook

Mugabe is naby die destydse Fort Victoria (vandag Masvingo) gebore en het aan talle universiteite studeer, waaronder die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika, asook in Accra, Ghana.

Politieke loopbaan

Robert Mugabe: Politieke loopbaan, Dood, Lees ook 
Demonstrasie teen Mugabe in Londen.
Robert Mugabe: Politieke loopbaan, Dood, Lees ook 
Robert Mugabe saam met sy vrou Grace in 2013.

In 1960 het hy na Suid-Rhodesië teruggekeer en 'n stigterslid van die ZANU-party geword. Vanaf 1964 het hy tien jaar in die tronk deurgebring. Daarna het hy Rhodesië verlaat en na Mosambiek gegaan om met die Zimbabwe African National Liberation Army (ZANLA, die militêre afdeling van die ZANU-party) teen Ian Smith se blanke regering van Rhodesië te veg. In die loop van dié konflik het die ZANLA ook wit boere se plase aangeval. Die uiteinde van die oorlog teen blank-Rhodesië was dat die land na Zimbabwe hernoem is en dat Robert Mugabe ná die eerste vrye verkiesing op 4 Maart 1980 Zimbabwe se eerste minister geword het. Daar word gesê dat hy in 1982 meer as 20 000 Ndebeles laat vermoor het, omdat hulle sy teenstander Joshua Nkomo ondersteun het.

In 1987 is die amp van die eerste minister van Zimbabwe afgeskaf en het Mugabe die president van die land geword. Hy kon die verkiesings van 1990 met verreweg die meeste stemme wen, maar het hom begin radikaliseer. Later was sy regering 'n diktatuur en is hy deur ander partylede dikwels "koning" genoem.

In reaksie op kritiek het hy by 'n staatsbegrafnis van een van sy kabinetsministers gesê:

Robert Mugabe: Politieke loopbaan, Dood, Lees ook  "Ek is steeds die Hitler van die tyd. Dié Hitler het slegs een doelwit, geregtigheid vir sy eie mense, soewereiniteit vir sy mense, erkenning van die onafhanklikheid van sy mense en hul reg tot hul hulpbronne. As dít Hitler is, laat my dan 'n Hitler tienvoudig wees. Tien keer, dit is waarvoor ons staan!"
Robert Mugabe: Politieke loopbaan, Dood, Lees ook 

Hy is verbied om na die Europese Unie te reis weens die erge skending van menseregte in sy land. Op 30 Januarie 2015 het hy president van die Afrika-unie geword en dié amp tot 30 Januarie 2016 beklee. Sy bynaam was Uncle Bob. Ná 'n de facto-staatsgreep het Mugabe op 21 November 2017 as staatshoof bedank en van die openbare toneel verdwyn.

Dood

Mugabe is weens swak gesondheid op 6 September 2019 in die ouderdom van 95 in Singapoer oorlede.

Lees ook

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Robert Mugabe Politieke loopbaanRobert Mugabe DoodRobert Mugabe Lees ookRobert Mugabe VerwysingsRobert Mugabe Eksterne skakelsRobert MugabeDiktatorEerste ministerPresidentZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kwame NkrumahLys van Afrikaanse televisiereekseDialoog in fiksieTrigeminale neuralgieBreinkaartPseudowetenskapMolekuulLarry PageNatuurbewaringBybelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Ekonomiese sektorKonjunktivitisRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SimboolLieweheersbesieKunsmatige intelligensieHindoeïsmeGewone breukePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVlinderSelfmoordCorioliskragMuskeljaatkatSuikersiekteOssewaTussenwerpselLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)InfeksieKlem-in-die-kaakKlimaatsverandering in AfrikaRooikatSeksuele opwekkingSekondêre sektor van die ekonomieDataverwerkingSirkelKlereWerkwoordVloeistofGawes van die Heilige GeesTekstielWaterHael1200KonsentrasiekampLandbou in Suid-AfrikaKoolhidraatElektroniese of digitale mediaOmgewingsbeheerWiskundige terminologieSinkDepressie (gemoedstoestand)ItaliëPoesLiefdeMagnetismeSinoniemAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidArmoedeverligtingStadMikro-ekonomiePornografieAgtervoegselLugbesoedelingDiatomiese molekuulMeettegniekGeelsugVulvaNoord-KaapSout (chemiese stof)Narsistiese persoonlikheidsteuringVleilandMenstruasieMusieksimboleMadison IvyDistillasie🡆 More