Luanda

Luanda (vroeër Loanda) is die hoofstad en grootste stad van Angola en die gelyknamige Angolese provinsie met 'n bevolking van sowat 2,5 miljoen (2018).

Die stad, wat aan die Atlantiese Oseaan lê, is ook die land se belangrikste hawe. Die metropolitaanse gebied van Luanda het 'n bevolking van meer as 7,8 miljoen. Dit is die derde grootste Portugeessprekende stad in die wêreld (ná São Paulo en Rio de Janeiro, albei in Brasilië, en nog voor Lissabon en Maputo).

Luanda
Luanda
Wapen van Luanda
Wapen
Luanda is in Angola
Luanda
Luanda
Koördinate: 8°50′18″S 13°14′4″O / 8.83833°S 13.23444°O / -8.83833; 13.23444 13°14′4″O / 8.83833°S 13.23444°O / -8.83833; 13.23444
LandVlag van Angola Angola
Gestig op25 Januarie 1576
Regering
 • BurgemeesterJosé Maria dos Santos
Oppervlak
 • Stedelik
113 km2 (44 vk. myl)
 • Metro
2 417 km2 (933 vk. myl)
Hoogte
6 m (20 ft)
Bevolking
 • Stedelik
2 487 484
 • Stedelike digtheid22 000/km2 (57 000/vk. myl)
 • Metro
7 805 000
 • Metrodigtheid3 200/km2 (8 400/vk. myl)
TydsoneUTC+01:00

Demografie

Luanda 
Nasa-Satellietbeeld van Luanda

Die bevolking van Luanda is oorwegend van Swart-Afrikaanse afkoms, met die Ambundu (taal Kimbundu), Ovimbundu (taal Umbundu) en Bakongo (taal Kikongo) as die belangrikste stamme. Daar is 'n baie klein minderheid Europeërs, kleurlinge, en vandag ook Chinese. Die amptelike en mees gesproke taal is Portugees.

Geskiedenis

Luanda 
'n Uitsig op Luanda in 1883

Die stad is op 25 Januarie 1576 onder die naam São Paulo da Assunção de Loanda (letterlik: "Sint Paulus van die Hemelvaart tot Loanda") deur Portugese gestig en dien (met die uitsondering van die tydperk tussen 1640 en 1648) sedert 1627 as die administratiewe sentrum van die kolonie Angola. Daarbenewens is Luanda vanaf die jaar 1550 tot by omtrent 1850 'n belangrike sentrum vir die slawehandel, met Brasilië as die hoofbestemming.

Die groot meerderheid van die Portugese bevolking vlug na die onafhanklikheidswording van die land in 1975 uit die stad. Hulle is deur groot getalle Kubane vervang, wat meestal as soldate na Angola gekom het.

Luanda 
Skeepswrakke aan die kus naby Luanda

Eksterne skakels

Tags:

AngolaAtlantiese OseaanBrasiliëHoofstadLissabonMaputoPortugeesRio de JaneiroSão Paulo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoEkologieOos-KaapAfrikaanse TaalmonumentRefentse MorakeSwart menseGreen PornoKameelperdSwartbewussynsbewegingAfrikaansTrigeminale neuralgieInfeksieGianna MichaelsLys van bekende Suid-AfrikanersDokterDuitslandApostoliese GeloofsbelydenisEienaamIronieLionel MessiWoordsoortSarel Jacob PretoriusWikimedia-stigtingDierVerkragtingWebwerfLys van Afrikaanse televisiereekseMassaEtniese groepDiatomiese molekuulInentingRudi ClaaseKlem-in-die-kaakBreingewasHarry PotterWitbloedselAtlantis, Wes-KaapSeksuele opwekkingDemi Lee MooreSpringbokkePaarl GimnasiumTradisionele Afrika-medisyneBreinvliesontstekingHibernasieResensieLetterkundeDieregeluideLys van myne in Suid-AfrikaGlasBloeddrukWinterNasionale VrouedagHeuningbyMagsverheffingJuan Antonio VillacañasBrandmondsindroomGedigCorioliskragTrekarbeidIngrid JonkerSpysverteringstelselNeonTatoeëermerkSamespanningAborsieOopbroninhoudAnrich HerbstRob HersovVoornaamwoordWayde van NiekerkWiki CommonsGetalBruin menseHoofstadTienerAfrikaVersamelnaam🡆 More