Hagar Brown: Individu vervolg deur Nazi-Duitsland

Hagar Martin Brown (14 Oktober 1889 tot 3 Junie 1940) ontvoeringsslagoffer, taxi-eienaar en slagoffer van die Duitse Nazi-bewind se mediese eksperimente.

Brown is een van slegs vier swart Duitsers waarvoor daar herdenkingsstene, bekend as Stolperstein (Engels: stumbling stone, Afrikaans struikelsteen) aangebring is voor Marburgerstraße 9, Frankfurt am Main waar hy gewoon het tydens sy arrestasie. Daar is reeds meer as 75 000 Stolpersteine ter herdenking van Nazi-slagoffers in Duitsland aangebring. Hy is sover bekend die enigste voormalige Suid-Afrikaner waarvoor een aangebring is.

Hagar Brown: Individu vervolg deur Nazi-Duitsland
Die Stolperstein wat vir Hagar Brown aangebring in voor Marburgerstraße 9, Frankfurt am Main

Lewensloop

Volgens beskikbare Duitse rekords word Brown as gebore in Kaapstad, Kaapkolonie aangedui. Daar is ook verwysings na hom as komende van Liberië. Hy is nietemin in 1901 deur ‘n ryk bankier van Berlyn na Duitsland geneem teen sy wil. "Destyds is dit deur die aristokrate as elegant beskou om 'n Moor in diens te hê," het die toekomstige vrou Paula gesê. Twee jaar later het die bankier moeg geword vir sy “gelukbringer” en hom op straat gesit. Brown reis daarna na Hesse, waar hy later as chauffeur vir welgestelde gesinne werk. Paula, wat in Bisses in die noorde van Hesse gebore is, ontmoet Hagar Brown in 1923 in 'n restaurant in Frankfurt. Hulle trou in 1926 en het twee dogters, Hortense, gebore op 3 September 1926 en Lotte / Bijou, gebore op 5 Desember 1928. Die twee het die Sophia-skool in Bockenheim bygewoon. Hy het 'n taxi besigheid begin.

In 1936 word Brown en sy twee dogters gelys in die “Gekleurdes kaartstelsel” van die NSDAP se Rassepolitieke Kantoor vir 'Negers en Mulatto's' met die nommers 24 tot 26. Gedurende 1939 word Brown na 'n polisiestasie geneem en ernstig aangerand. Nazi-dokters het daarna hom gebruik om 'n chemikalie te toets. Dit het hom verlam. “Hulle het hom vier uur by hulle gehad, maar dit was genoeg om hom die res van sy lewe in die hospitaal te hou - dit was 'n jaar,” het Paula Brown gesê. Hy is in Junie 1940 dood. Na die oorlog is sy graf na die "eredeel" van die Frankfurtse begraafplaas (Gewann I, M 2 42) verskuif ter erkenning van sy vervolging deur die Nazi's.

Verwysings

Tags:

14 Oktober188919403 JunieAfrikaansDuitsersDuitslandEngelsFrankfurt am MainNazi-DuitslandSwart Mense

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Desmond TutuRoesAfrikaSkildklierViëtnamSlawernyHondSuid-Afrikaanse randRob HersovOligopolieMandalaVigsLuiperdSeksSterWikimedia-stigtingEreksieVlieënde HollanderKrimpvarkieKlinkerDigtheidVoorsetselArmoedeverligtingRekenaarPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLeeuSekondêre sektor van die ekonomieKultuurHartversakingElektroniese of digitale mediaMensArabiesDialoog in fiksieTropiese sikloonWoordsoortBeaufortskaalTienie HollowayChatGPTRooibloedselKlitorisShanzhaiCleopatra VIISanskritNierLys van Afrikaanse rolprenteLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MonopolieBynierDolfynNatuurrampRivierKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMantisHaaieVulkanismeBotswanaAB de VilliersDigvormLys van Kaapstad se voorstedeDataverwerkingKamoefleringOutismeLangste woordSwemAsemhalingMiddeloorontstekingAtleetvoetGesonde dieetChemiese elementBeëdigde verklaringTuberkuloseElektrisiteitJohnny RapidBosluisbytkoorsMenslike seksuele gedrag🡆 More