Hd 40307

HD 40307 is ’n oranje K-tipe hoofreeksster sowat 42 ligjare (12,83 parsek) van die Aarde af in die sterrebeeld Skilder.

Sy massa is na raming effens minder as dié van die Son. Die ster het sover bekend ses planete wat om hom wentel. Drie planete is in 2008 ontdek en nog drie in 2012. Een van hulle, HD 40307 g, is ’n planeet soortgelyk aan die Aarde met ’n wentelperiode van sowat 200 dae en kan dalk vloeibare water op sy oppervlak hê. Nog navorsing is nodig om vas te stel of dit lewe kan huisves.

HD 40307
Die ligging van HD 40307 in die ruimte (met ’n rooi pyltjie aangedui).
Die ligging van HD 40307 in die ruimte (met ’n rooi pyltjie aangedui).
Sterrebeeld Skilder
Spektraaltipe K2,5V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 45m 04,2409s
Deklinasie −60° 01′ 24.498″
Skynmagnitude (m) 7,17
Besonderhede
Massa (M) 0,75
Radius (R) 0,716
Ligsterkte (L) 0,23
Ouderdom (jaar) 1,2 × 109
Temperatuur (K) 4 977
Afstand (ligjaar) 41,8
Eienskappe
Planete 6
Ander name
CD−60 1303, CPD−60 508, GC 7474, GJ 2046, HIP 27887, PPM 355061, SAO 249388
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

HD 40307 is ’n K-tipe ster en straal dus oranje lig uit. Sy radius en massa is sowat ’n driekwart van die Son s’n. Sy temperatuur is net onder 5 000 kelvin. Dit is relatief hoog vir ’n K-tipe ster en is naby dié van ’n G-tipe ster soos die Son. Die sterrekundiges wat die planete om 40307 ontdek het, meen hul metaalinhoud sal bepaal of hulle terrestriaal soos die Aarde of gasplanete soos Jupiter en Saturnus is.

Ondanks sy nabyheid aan die Aarde kan HD 40307 nie met die blote oog gesien word nie.

Planetêre stelsel

Vyf van HD 40307 se planete wentel baie naby aan die ster, met die verste een van hulle wat twee keer so naby is as Mercurius aan die Son. Die heel verste planeet is omtrent so ver as Venus van die Son en val binne die gebied waar water kan voorkom.

Die minimum massa van die planete wissel van drie tot tien keer dié van die Aarde.

Die HD 40307-stelsel
Planeet of skyf
(vanaf ster)
Massa Halwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
Eksentrisiteit Baanhelling
(°)
Radius
b ≥ 4,0 +0,8−0,7 M 0,0468 +0,0023−0,0024 4,3123 +0,0011−0,0012 0,20 +0,16−0,14
c ≥ 6,6 +1,1−1,0 M 0,0799 ± 0,0040 9,6184 +0,0050−0,0049 0,06 +0,06−0,11
d ≥ 9,5 +1,7−1,5 M 0,1321 +0,0066−0,0064 20,432 +0,022−0,024 0,07 +0,11−0,07
e ≥ 3,5 ± 1,4 M 0,1886 +0,083−0,0104 34,62 +0,21−0,20 0,15 +0,13−0,15
f ≥ 5,2 +1,5−1,6 M 0,247 +0,011−0,014 51,76 +0,50−0,46 0,02 +0,20−0,02
g ≥ 7,1 ± 2,6 M 0,600 +0,034−0,033 197,8 +9,0−5,7 0,29 +0,31−0,29

Verwysings

Eksterne skakels

05h 54m 04.2409s, −60° 01′ 24.498″

Tags:

Hd 40307 EienskappeHd 40307 Planetêre stelselHd 40307 VerwysingsHd 40307 Eksterne skakelsHd 40307AardeHoofreekssterLigjareParsekSkilder (sterrebeeld)SonSterrebeeldSterreklassifikasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoorsetselDigvormVolstruisBeesKarooAardverwarmingHeks van HexrivierSteve BikoKasterolieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMangelGeografie van Suid-AfrikaSoweto-opstandSally EsterhuizenAppendiksSosiale mediaMasizole MnqaselaParlement van Suid-AfrikaTolla van der MerweVulkaanAkroniemKremetartSprokieEuropese verkenning van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteLeeuKoöperasiestoriesDie VaderlandNederduitse Gereformeerde KerkBloedvergiftigingKlein-KarooGeweldKatAfrikaDurbanPaulus van TarsusIronieMaatskappyWoordeboek van die Afrikaanse TaalTweede VryheidsoorlogPoësieKoorsDriedimensioneelStokely CarmichaelSelfmoordAspoestertjieTsongaZoeloeAkuutAfrikaanse woordelys en spelreëlsAngolaPrimêre sektor van die ekonomieBrandmondsindroomGeskiedenis (vakgebied)IdioomLys van Afrikaanse skrywersJagluiperdHarvey WeinsteinVraag en aanbodHondsdolheidEtniese groepDuitsDundermEierstokVormDansGoogleKweekhuiseffekChemiese verbindingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-Afrika26 AprilTweede WêreldoorlogSekondêre sektor van die ekonomieGeelsugHond🡆 More